ANC verwag afname in ondersteuning, sê Cronin

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, het gesê die ANC verwag om ʼn afname in ondersteuning te sien tydens Woensdag se verkiesing, maar bygevoeg dit sal die party die geleentheid bied om selfondersoek te doen.

Cronin het buite die Pinelands-stadsaal, waar hy sy stem uitgebring het, gesê hierdie munisipale verkiesing is belangriker as vorige jare, “en ek dink almal besef dit”.

“Ek dink dit is duidelik dat die ANC ʼn reeks uitdagings beleef wat te doen het met sy 22 jaar as regerende party, en die DA het dit hier in Kaapstad ontdek,” het hy gesê. Hy het bygevoeg die groot stryd gaan wees om die metro’s, “veral die metro’s in Gauteng en Nelson Mandelabaai”.

Cronin het gesê die party verwag ʼn afname in ondersteuning, maar hy is vol vertroue dat die ANC “bietjie beter sal vaar as wat voorspel word”.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het ook by dié stempunt gestem. Ongeveer 2 500 persone is by die stempunt geregistreer.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesingsfokus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Die man is n kommunis maar hy bly in die ryk buurt Pinelands. Dis maar n swak manier van veg vir die regte van die onderdrukte en uitgebuite arm werkersklas

Pieta@Bethlehem ·

‘Selfondersoek’ seg julle? Julle het seker al die ondersoeke klaar gedoen, om wat oorbly in die staatskas finaal te plunder VOOR die massas julle gaan bykom. Dan gaan julle sien hoe demokrasie werk- die Afrika soort.

Hannes. ·

Dit bied die geleentheid tot selfondersoek se jy! Die geleentheid was nog altyd daar , maar die gewilligheid het ontbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.