ANC verwelkom erfenisstatus vir Bo-Kaap

Inwoners van die Bo-Kaap betoog in Oktober teen die ontwikkelings wat hul buurt geleidelik laat verdwyn. Foto: ANA

Die ANC in die Wes-Kaap verwelkom die plan van die minister van kuns en kultuur om Kaapstad se skilderagtige Bo-Kaap tot ʼn nasionale erfenisterrein te laat verklaar.

Die SAUK het berig min. Nathi Mthethwa het die aankondiging op besoek aan die buurt langs die Kaapse middestad gedoen terwyl hy versoeningsdag saam met inwoners gevier het. Hy het ook op sy amptelike Twitter-rekening gesê hy hoop die Bo-Kaap sal eindelik tot ʼn nasionale erfenisgebied verklaar word.

Dit kom ná ʼn aansoek verlede maand deur die ANC se Jeugliga om die tradisionele Maleiergebied tot ʼn provinsiale erfenisgebied te laat verklaar.

Inwoners is in ʼn stryd gewikkel met eiendomsontwikkelaars, terwyl die uitvaardiging van erfenisbeskerming vir die woonbuurt met sy kleurryke huise ʼn politieke strydpunt in die Kaapse stadsraad geword het.

Die hooggeregshof in Kaapstad het onlangs tydelik bouwerk aan ʼn eiendomsontwikkeling gestaak toe die hof beslis het die ontwikkelingsmaatskappy Blok mag nie ʼn hyskraan op die bouperseel bring nie tot die volgende hofdatum.

Inwoners het hulle voorgeneem om aan te hou baklei tot die ontwikkeling permanent gestaak word.

Faiez Jacobs, die ANC se Wes-Kaapse sekretaris, sê hy is verheug oor Mthethwa se aankondiging. “Ons is bly oor dié aankondiging, want dit gee inwoners van die Bo-Kaap die versekering dat die ANC-regering by hulle staan. Hul erfenis is nie te koop nie.

“Dis ʼn reuse-oorwinning vir hulle; ons gee hul menswaardigheid terug. Inwoners van die Bo-Kaap kan daarvan verseker wees dat ons regering hul reg beskerm om te leef sonder die gedurige vrees dat gierige ontwikkelaars hul unieke gebied sal binnedring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

En ·

Wie is die ontwikkelaar? Dalk ‘n Jood, of Afrikaner? Of, die hemele verhoed, ‘n wit mens? Ooooo, sidderend….

Johan ·

Nog n hou in die Maag van die DA.Nou voor die verkiesing kamstig in rekordtyd aan eise voldoen.Maar well done aan inwoners en ANC,speel die kaarte tot die beste wat aan jou gedeel word.DA moet nog baie leer in die verband…..

jaco ·

as die ANC regtig by die meestal Kleurling mense van die Bo-Kaap staan, waarom moet kleurlinge wat werk soek dan dikwels hoor “sorry no job because you are not black enough”?
ek het wel bewyse dat dié goed wel gebeur

sus ·

En wat van die Afrikaners se erfenis wat so vernietig word? Duidelik het ons blanke bevolking geen sê nie.

Die anc regering speel hul kaarte mooi vir volgende jaar se verkiesing en so stemme te werf en die kaap weer te wen van die regerende party.

Walter ·

Hu waar praat hulle oor, die meeste huise in die boe Kaap word klaar deur buitelanders besit om dat hulle eie mense vir die grote geld gesoek het.
Daar kom nog by dat die meeste huise alklaar beskerm is want hulle is ouwer dan 100 jaar.

marco polo ·

Waarom word die ANC se lof nou weer besing? Kan daar nie net neutraal berig word oor die erfenisstatus nie. Wie gee nou eintlik om wat die ANC dink?

Johanna Botha ·

Enige iets word nou verwelkom wat in stemme kan verander…die ancis tog SO voorspelbaar !

nico k ·

Ek is ook nie so seker dat die meeste van die inwoners werklik ten gunste van die erfenis status is nie. In elkgeval nie die mense wat hul huise vir miljoene aan ontwikkelaars verkoop het nie.

Kaarte ·

Die ANC weet darem hoe om sy kaarte reg te speel, so voor die verkiesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.