ANC verwelkom hofuitspraak oor Ace

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die ANC het die hooggeregshof se besluit om nié die beleërde Ace Magashule se tydelike skorsing om te keer nie, verwelkom.

“Die ANC neem kennis van en verwelkom die uitspraak, veral omdat die hof bevind het dat die ANC se grondwet in ooreenstemming is met die land se Grondwet. Die hof het bevestig dat die ANC reg was in sy besluit om teen korrupsie op te tree en só die integriteit van die party te beskerm,” lui ʼn verklaring deur die party.

Maroela Media het berig regters Jody Kollapen, Edwin Molahleli en Sharise Weiner het eenparig beslis dat Magashule se argumente ongeldig is en dat sy skorsing as sekretaris-generaal van die ANC nie ter syde gestel kan word nie.

Magashule het die hof verlede maand gevra om sy skorsing ter syde te stel, asook dat die opsystaan-reël as ongeldig, onreëlmatig en ongrondwetlik verklaar word.

Carl Niehaus, geskorste woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe se militêre veterane (MKMVA), het intussen gesê hy het persoonlik van Magashule verneem dat hy teen die uitspraak gaan appelleer.

Niehaus het aan EWN gesê Magashule wil hê dat die ANC-beleid, naamlik dat lede wat deur strafregtelike klagte in die gesig gestaar word, opsy moet staan, vir álle ANC-lede geld. “Dit sluit pres. Cyril Ramaphosa in. Die bewerings dat hy stemme gekoop het [tydens die ANC- presidensiële verkiesings in 2017], gaan nie weg nie.”

Niehaus is óók tydelik uit die ANC geskors nadat hy die afgelope naweek gesê het Suid-Afrika sal deur ernstige geweld in die gesig gestaar word indien oudpres. Jacob Zuma tronk toe gaan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Baardman ·

Niehaus kry darem baie lugtyd deesdae. Shame, hy wil ook seker vir oulaas sy stemmetjie laat hoor. Sy sogenaamde vriende het hom reeds begin verwerp.

annie ·

‘n Gedeeltelike noodtoestand kan dalk vannaand afgekondig word om die opstandiges, saboteurs en covid-oortredings vas te vat. Maandag is weer Z-day en Ace en Careltjie sal shine probeer vang sonder polish met die gedienstige SABC as Bogywood-beeldsender.

Gerrie ·

Stupit,hy dink die lewe gaan net oor hom,dit wil voorkom of hy niks in daai dop van hom het nie

KB ·

Ai, die ontkenning deurentyd, nè…almal is verkeerd behalwe ek.
Genade wie dink hulle IS hulle? Dis soos bedorwe kinders wat nooit geleer het wát dissipline is nie.

Samuel ·

Integriteit?? Ek het nie geweet die ANC het integriteit nie. Dit is nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.