ANC verwelkom ‘regse’ De Ruyter se vertrek

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het uitgevaar teen André de Ruyter, voormalige hoof van Eskom, en hom “uitgedaag” om bewyse van ANC-lede se beweerde betrokkenheid by korrupsie voor te lê.

Die ANC dreig ook om De Ruyter hof toe te sleep oor sommige van sy uitlatings.

“As die ANC verwelkom ons die onmiddellike vertrek van De Ruyter.

“De Ruyter se opmerkings is uiters onaanvaarbaar. Sy opportunistiese waagstuk op die politieke terrein het sy regressiewe politieke en ideologiese agenda ontmasker,” sê Mbalula.

De Ruyter het in Desember bedank en sou nog tot volgende maand in die pos aanbly. Die Eskom-raad het Woensdag egter aangekondig dat hy ná ʼn spesiale sitting besluit het om De Ruyter se kennistydperk met ʼn maand te verkort en dat hy ook nie dié tyd hoef uit te dien nie.

Die stap het gekom skaars ʼn dag ná ʼn opspraakwekkende TV-onderhoud waarin De Ruyter onder meer aangevoer het dat die ANC Eskom beskou as ʼn trog om by te eet. Hy het ook aangevoer dat ʼn senior politikus by beweerde korrupsie betrokke is én dat hy sy kommer daaroor onder die aandag van ʼn minister gebring het.

Mbalula sê De Ruyter is aangestel om Eskom reg te ruk – ʼn taak waarin hy klaaglik misluk het – en dat hy hom moet weerhou van politieke uitsprake. “Hy het heeltemal misluk om sy kontraktuele verpligting na te kom. Pleks daarvan het hy die doelwit aangepas deur sy regse ideologiese siening oor ʼn kwessie wat buite sy dienskontrak val, te adverteer.”

Die ANC sê De Ruyter probeer die skuld vir sy eie mislukking om die land se ligte aan te hou nou op iemand anders pak – en die ANC en Luthuli-huis is “maklike sondebokke”. Die vraag moet ook gevra word waarom De Ruyter die bewerings nou maak, kort voor die einde van sy termyn.

Mbalula sê as De Ruyter enige bewyse van korrupsie het, het hy ʼn plig om dit voor te lê.

“Hy is immers die hoof [van Eskom]. Moenie flou bewerings oor mense se betrokkenheid by korrupsie maak terwyl jy aan die stuur was nie. Jy was die hoof; lê korrupsie bloot. Ons daag jou uit, sodat wetstoepassingsowerhede dit kan hanteer.”

Mense is verstaanbaar woedend omdat De Ruyter in beheer was tydens die ergste beurtkrag nog in Suid-Afrika se geskiedenis, sê Mbalula. Desnieteenstaande het die ANC vir De Ruyter deurlopend ondersteun en hom as ʼn patriot beskou.

“Die ANC ondersteun nie korrupsie nie,” sê Mbalula en benadruk dat die party niemand wat by korrupsie betrokke is, sal beskerm nie.

Hy het ook ʼn beroep op die Eskom-raad gedoen om so gou moontlik ʼn plaasvervanger aan te wys en alle planne om ʼn einde aan beurtkrag te maak, te versnel.

De Ruyter het in die onderhoud ook gesê daar is ʼn narratief dat die staat alles moet beheer. “Ongelukkig spook die spoke van Marx en Lenin steeds in die sale van Luthuli-huis. Mense is steeds stewig verbind tot ʼn 1980-styl-ideologie.”

Hieroor het Mbalula ook uitgevaar.

“Wat hy gedoen het, is afstootlik. As hy nie in Lenin en Marx glo nie, staan hy daarteenoor. Die teenoorgestelde daarvan is regs.”

Mbalula sê hy stel nie in De Ruyter se ideologiese standpunt belang nie, net of hy sy werk doen en verseker dat beurtkrag nie ingestel word nie.

De Ruyter moet ook nie nou weens sy eie mislukkings die skuld daarvoor op die ANC probeer pak nie, sê Mbalula.

“Wanneer jy met vele mislukkings sit, is die ANC en Luthuli-huis ʼn maklike sondebok,” sê Mbalula.

“As hy nie binne ʼn sekere tydperk die bewerings oor die ANC bewys nie, sal ons regstappe teen hom doen. Ons prokureurs is tans besig om na die saak te kyk. Hy moet bewys wat hy gesê het. Hy moet bewys die ANC waarvan hy praat, is korrup.”

Mbalula sê al wat De Ruyter nou moet doen, is om aan die verkiesing deel te neem, “miskien in die kleure van ʼn ander politieke party. En ons sal nie geskok wees daardeur nie”.

Die ANC is bewus van bewerings dat De Ruyter nie sekere sekerheidsklaring by Eskom geslaag het nie, glo omdat hy nie daartoe ingestem het nie, sê Mbalula.

Die ANC het ʼn beroep op Eskom se raad gedoen om so gou moontlik ʼn plaasvervanger vir De Ruyter aan te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Rooi rissie ·

Ek stem hoe gouer hoe beter vir almal van ons in hierdie land

Andrè ·

Ja mbalula,nes die mense van jou verwag om jou werk in verskeie portefeuljes te moes gedoen het

Tipper ·

Ons moet ons maar regmaak vir donker dae en donker nagte, binnekort kort gaan hulle n nuwe Kader aanstel, n Verbond met dié dood.

JohanR ·

Ja nee Tipper ek kry die gevoel die ANC are “battening down the hatches”!

Alta ·

Ja!!want hul is n klop diewe en die waarheid het uitgekom!!!!Die Here slaap Nie,dit moet hul maar weet!!!!!

Truman Burbank ·

Enige iemand met mediese kennis sal nie die storie glo nie

Janice ·

Wat doen jy as jy in ‘n hoek gedruk word met die waarheid? Kry ‘n groot mond, beledig en dreig met hofsake. Blah blah blah.

Johanna ·

Voor 1994 was daar nooit probleme NIE by Eskom. Hulle sal mos stry want hul eet saam op soustrein. Die ergste korupsie is nou aan die gang. Maar Gaan maar aan die God wat ons aanbid slaap nie daar Gaan verrassing Kom. Almal kla oor ANC maar as T hemp en kospakkies Kom stem hul maar weer ANC.

piet ·

Jy kan nie voor 1994 se Eskom met nou vergelyk nie. Voor 1994 het minder as 50% SA’ners elektrisiteit gehad.

Truman Burbank ·

Ja Pietie. Voor 1994 het net die wat betaal elektrisiteit gehad. Daar is n verskil

Flip ·

Dis jammer ek kan nie sê wat ek dink van fikile en die anc nie….

Papsak ·

Ja mbalula jy het niks goeds te se oor iemand nie maar jy het jou werk ook nie gedoen nie nou dat dinge uit gekom het nou wil jy jou bek rek dankie Andre bravo

Ronel ·

Ag asb ons is nie onder n klip uitgebroei nie – dit het absoluut niks met “regs” of “links” te doen nie en alles met n korrupte onbevoegde regering. Ons is nie onnosel nie!!!!!!

CHRISTINE ·

Natuurlik want hy wou nie regtig dat die ANC aanhou met hulle kriminele bedrywighede en gestelery nie. Natuurlik sal hul hom nou slegse en name noem want hy was oppad om die soustrein te stop. Ek sal vir De Ruyter stem vir president van Suid Afrika en nie hierdie mafia kinderagtige ANC kriminele wat regtig nie ‘n regering se funksie begryp nie en toe De Ruyter dit liggies begin uitwys, nou is hy REGS met apartheid wat holrug gery en afgesaag geraak het. Hy is ‘n hero.

Mariana ·

En nou dreig hy met regstappe. Hy laat mens se bloeddruk styg. Wie de hel is hy? Wat het hy al ooit vir die land gedoen behalwe om saam om die ANC soustrein te ry. De Ruyter het miskien nie geslaag in sy poging nie, maar hy het veel meer gedoen as wat verwag kon word in die posisie waarin hy was, omring deur ANC kaders.

My siening ·

Die skelm kader het vergeet van sy verniet vakasies met hele familie op tax geld, so hy is n baie linkse skelm wat gered is deur Zuma en nou is hy skielik n cyrel kader met n groot bek!

annie ·

Mbalula met sy tjoekepaf-sportleier-ervaring, die ANC se fenominale nuwe woordvoerder, het soveel al vir die land gedoen. Al ons sportspanne, treine/spore, busse, paaie en soveel meer is weens sy geniale bydraes van eerste-wêreldgehalte. Dit is so jammer dat hy nog die president van die land is nie, want dan kon hy ook in daardie edele opsig ander lande loefafgesteek het met sy hiper-insiggewende en immer-briljante planne en leiding.

Johann ·

Se die een wat ‘n leunaars vergrypers verwoestingspad gelos het waar ook al hy sy kek bek kon uitspeol. En as ek reg is werk hy as Minister terwyl hy die ANC se Sekretaris is? Dis mos blatante bedrog!

Renier ·

Benoude katte maak benoude spronge ou Mbalulatjie. As de Ruyter moet bewys die ANC is nie korrup nie.sou dit n helse moeilike ding gewees het. Gaan buite toe, kyk om jou rond …. Die korrupsie lê die paaie vol, ons noem dit slaggate. Dit lê langs die paaie, ons noem dit riool….net om te begin….

H.A. ·

Anc is NOOIT SKULDIG AAN ENIGE IETS NIE. KYK HOE LYK DIE LAND ONDER DIE ANC.

Gerhard ·

Ennnnnnn……..die beste wat Mbalula kan doen is om “regs” te blammeer. Stuur Mbalula en die res van die spul skool vir blindes toe, want as hulle nie die korrupsie en bedrog kan sien nie, is daar baie groot fout. Ons gewone mense wat net op die kantlyn sit sien dan selfs die korrupsie en bedrog. Die regerende party het biljoene laat verdwyn, beter as wat David Copperfield dit seker ooit sou kon doen, dan maak hy bewerings soos die ANC is gekant teen korrupsie. Dalk moet ons vir hulle ‘n kursus aanbied oor wat korrupsie en bedrog is, want duidelik weet hulle nie, of slaan hy net vure dood, of probeer die aandag aftrek van hulle (hy ingesluit) af. Ag, eks so moeg vir hierdie klomp onbevoegde mense in ons parlement.

pieter ·

Mmmmm….sulke kommentaar te verwag, want kaders kan nie die waarheid verslaan nie.
De Ruyter is eerlik genoeg om eerder aan die REGTE kant te sit, as die linkse verkeerde kant.

Termiet ·

Aan wie moes hy dit rapporteer? Hulle is dan almal kop in een mus!

Nettie ·

En die Zondo kommissie se verslag is so gou vergete?

Boonop, waar het die ANC mnr de Ruyter ooit ondersteun? Die polisie het nie eers sy vergiftiging behoorlik ondersoek nie!!!! Is die skuldiges vasgetrek? Hoe het julle hom dan ondersteun, mnr Mbalula?!?!?!

M ·

Funnykalulê …. ás jý dit kan regkry… gaan blaas ballonne op … dan mors jy jou asem op iets nuttigs …..

Schalk ·

Wie is hierdie nar? de Ruyter moet bewys dat die anc korrup is!?!? Hy het nie nodig om enige iets te bewys nie, die toestand van hierdie land is genoeg bewyse.

Murg en been ·

Almal kla oor die regering, ek sê lankal al wat die onbevoegde narsiste in die bek sal ruk is belasting opstand. Maar nou jou ja die private sektor in die land is te slap gat, en sal maar aanhou om korupsie te finansier, al stem 75% van die belasting betalers nie vir die cancer nie. Nou vra ek wie is nou einlik dom?

Nelia ·

Die ANC hou nie daarvan dat hul misdade so aan die klok gehang word nie.

Kattebol ·

Die ineenstorting van SA is n bewys van die korrupsie van die anc. Andre de Ruyter het langer uitgehou as wat hulle verwag het, dus moes hulle hom uitwerk deur Eskom te saboteer. Dit het ook nie gewerk nie toe vergiftig hulle hom en hy oorleef. Andre het net een fout gemaak; hy moes die sinkende skip vroeër verlaat het. Níks sal eskom red as die comrades nie beurtkrag aan hulle eie gatte voel nie!

David ·

In sy hele loopbaan kon hy nog niks bereik het nie. Van een pos na ‘n ander, van en flater na ‘n ander. Hy is net ‘n groot bek!

Andrew ·

Wag tot die privaat sektor ophou Eskom gebruik ou frikkie, soos SAL , die dag is hier.

Leon ·

Kom ons hoop De Ruyter kan sy bewerings staaf. Indien nie gaan sy aansien n groot knak kry.

Wakkerslaper ·

PPPPFFFT! Regtig? Watter deel van terroriste, kommunistiese regime = korrupsie, sabotasie, en algehele ineenstorting verstaan jy nie? Lieg die slaggate, en die verwoeste spoorlyne, en rou riool wat in die state afloop ook?

Andrew ·

Kry vir julle n donkie vir warm water, gaan swem by jou buurman(braai ook sommer daar). Bring n kagel terug in jou huis, en kry son krag v ligte en wasmasjien ,kry n nuwe gas stoof of braai of altwee. Kap jou hout verniet uit (self of teen R250/pd) so 20km buite die stede, jy sal sien waar die ander van nabye gebiede ook kap, kry n goeie mashien jy wil nie sukkel nie. Of bloekoms langs die ou paaie soos die R101, hier moet jy net vinnig werk daar sal regulasies oor iets wees so jy wil nie blou ligte sien nie. Boem, van die grid af vir R 25000.

Republikein in die Wes Kaap ·

In Rusland is die volgelinge van Marx en Lenin ver- regs. Maar Fikole sal dit nie verstaan nie.

Sobymykoolkop ·

De Ruyter het geweet as hy julle
” kanale” gevolg het sou dit onder die mat in gevee word. Nou WEET hy julle is geheel en al in die kollig. Almal weet wie is die hoof kader betrokke . Uitkom gaan dit, glo my dan gaan ” die people ” omtrent kwaad wees. De Ruyter nou skielik ” regs ” ( lees hahahha ). Net ander woord vir hy is ń rassis.

Andries ·

Di ANC het hom deurlopend ondersteun en as n patriot beskou…
Sjoe nou verstaan ek gladnie maar n ANC Minster het beweer hy wil di regering tot n val bring

Richard ·

Net soos De Ruyter in beheer was van Eskom tydens die ergste beurtkrag krisis, net so was Ramaphosa terselfdertyd in beheer van die ANC en die regering

Blomkind ·

When Money speaks, the truth is silent…Dis hoe dit in EsDOM gaan…

57 Chevy ·

I yes ..yes boss fiki … there is no blood in the alcohol , no pot in the holes , no field on the ball and no power in the coal . VOETSEK !!!!!!

Johan ·

As die ANC dreig met hofsake, is dit gewoonlik ‘n rookskerm om juis te probeer keer dat die waarheid uitkom.

Petrie ·

Dit sal n heugelike dag wees as hierdie twee, Mabula en Mantashe, van die toneel verdwyn.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Julle is korrup man…die waarheid maak seer ne? Julle probleem is, julle kan nie die waarheid hanteer nie! En jy is ook ñ mislukkig Mbalula, jy kon ook nie as minister van vervoer, hond-haar af maak nie. Die hele ANC is ñ mislukking en ons vernietigende land lê vol van die bewyse daarvan. Kyk net na elke staatsinstelling, dan weet jy, die feite spreek vanself! Julle dag kom elke dag nader en nader!

Hannes ·

Dit is hoe die ANC rol, as hulle in ‘n hoek is, blameer “regsheid”, rassisme, apartheid… en dan is hulle kaarte op.

Althes ·

ANC se clown! Nie een van jou portefeuljes was suksesvol nie. Tskk.

Manda ·

Nee o aarde, ek dink hy protester bietjies te veel… wens Jacques Paaw wil hierdie biek ook skryf.

TO ·

Se die did klaaglije mislkkings wst julle self n regering noem. NIKS IN HIERDIE LAND BESTAAN MEER NIE. obese polisie, obese verkeer, kyk hoe lyk die weermag, bars uit hulle nate, te lui om te dink en om iets te doen, en yie daar iemand is wat kan dink, word hy beskuldug en verneder, o en never mind ons sekuriteitvte te verseker. Ba, WA wa, julle is uit gevang klomp useless salaris trekkers. Julle verdien nie eens n minimum loon nie. Maar dankie tog nou sal die werekd begin kennis neem

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Mnr Mbalula, jy is verkeerd, mense is nie woedend vir De Ruyter nie, hulle is woedend vir die ANC! Julle beheer Eskom, julle het beurtkrag veroorsaak, julle moet Pa staan daarvoor. Een ou kannie verantwoordelik vir julle mislukkings gehou word nie, jammer!

Jr ·

Se die grootste mislukking in die anc. Die snaakste en my nou laat lag is waar hy sê ” Die anc ondersteun nie korrupsie”. Ooh eeh eeh

Hoekom ·

Korrupsie is so deel van die ANC se DNA, dat hulle dit verwar as deel van politiek. Dit is ‘n misdaad en het niks te doen met politiek nie…

Magda ·

Nou ja toe, niemand is so blind Soos Di een wat NI Wil sien nie, of self after Di deur staan. Julle klomp KORRUPTE ANC GEMORS. Wanneer vertrek julle GROOT ASB

Danie ·

Ag asb. Mbalula! Julle sit met staats gesubsieerde generators en leef soos konings. Julle is so skuldig soos die houdjie van die galg! Ons prys de Ruyter vir sy bydrae wat hy gelewer het by Eskom! Vat hom hof toe laat die waarheid uitkom.
Pay back the stolen loot! People are dying and you just care about ‘eating from Eskom’.
Maak mens skoon siek voel!
Sies!!!

Dorkie ·

Die ANC moet hulle onskuld bewys. André de Ruyter het net die waarheid vertel.

Vexed ·

Hulle reaksie spreek boekdele. Jy weet onmiddelik wie die skuldiges is…

Hedda ·

“Die ANC ondersteun nie korrupsie nie”. Hierdie is die lagwekkendste ooit. Dink hy almal het dieselfde IK-vlak as die ANC…?? Blykbaar wel…..

Anna84 ·

Natuurlik verwelkom hulle sy vertrek, nou kan hulle weer lekker kuier op die belastingbetaler se geld sonder dat iemand iets sê.

Chris ·

Ek het een keer iets gelees wat nogal in my binneste vasgesteek het. Dit is makliker om ‘n argument met ‘n genie te wen as met ‘n dwaas. In Spreuke staan dit ook. wanneer jy met ‘n dwaas redeneer en daar gaan ‘n man verby sien hy twee dwase. Die besluit kom my nogal handig te pas. My bloeddruk is normaal. My hertklop is reg. My spysvertering is goed. My maagswere is weg.

Spook ·

Ek sien Meneer het ‘n Rolex. Ons belastingbetalers betaal ons werknemers goeie salarisse.

Eugene ·

Genade tog. Die laaste mens op hierdie aarde wat iemand ‘n mislukking kan noem is meneer mislukking homself. Polisie, sport, vervoer en nou hopelik die ANC.

Boer ·

Ek dink Mbalula se naam gaan by die korupte ANC mense wees wat De Ruyter van praat.

Herman L ·

Na Andre de Ruyter se onthullings is dit baie duidelik dat sy opvolger net een kwalifikasie nodig het. Hy sal ‘n getroue kader moet wees. Niemand anders sal bereid wees nie.

Eugene ·

In ‘n normale bestel sou De Ruyter se bewerings dringend ondersoek word, maar omdat cANCer weet dat hy die waarheis praat, probeer hulle hom swartsmeer. So tipies van hierdie cANCer heyenas in Scar se koninkryk.

christo ·

Die ANC as die regerende party het SA in ‘n volslae mislukte staat omskep. As jy mis met roomys meng, verbeter dit nie die smaak van die roomys nie.

Theuns ·

Ons almal sien uit na die LINKSE anc se vertrek! Vlieg Frikkkie Cereal en elke amder jellievissie…

Brombeer80 ·

Die ANC hou daarvan om ander uit te byt met die witleuns wat hulle kwyt raak, net om alles onder die mat in te vee. Hoekom sal De Ruyter sê wat hy gesê het, as hy nie dit konkreet kan bewys nie? Ek dink nie dat die pers feitelose inligting vir die publiek sou uitlaat, sonder dat hulle geroskam sou word, en vir De Ruyter vergesel voor die hele wêreld as hy n leuenaar was nie.

Yolandie ·

Ek salueer jou Andre de Ruyter…….jy het beslis yster wat in jou are vlooi. Gedink jy is heeltemal mal om die pos van Eskom baas te vat, want hulle het jou opgestel om te misluk. Jou onderhoud het nou nie juis vir ons iets gesê wat ons nie reeds weet nie. Maar sjoe jy het hulle nou in ‘n hoek Mnr de Ruyter. Ek glo jy het baie meer dinge wat jy nie net kan sê nie maar waarvoor jy ook bewyse het. En nou spring die ANC kaders rond soos katte op ‘n warm sink plaat. Kompleet soos ‘n padda in kookwater neh ou Cyril. Sjoe die hare gaan waai want binnekort gaan die een kader op die ander kader begin draai.

Erika ·

As jy staan vir Beginsels ongeag ras en nie gaan waar die Norm is nie (same mentality) You becoming a thorn in their side.dan wil hulle jou elimineer

Blikkies ·

Fiekielie, jy is ‘n Groter mislukking. En ek stem nogal saam. julle ideologie is te oud en werk nerens in die wereld nie.

kommentaar ·

Julle sal dit verwelkom ja. Want julle breinkapasiteit is nie opgewasse om te sien wat julle aangevang het nie. Dit moet vreeslik wees om soos n passer al om jou eie gat te
redeneer….

john ·

Nou word hulle skelm streek blootgele nou wil hulle die skuld op de Ruiter steek .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.