ANC verwelkom Tuks se besluit oor Engels

Die Skip (Universiteit van Pretoria) Foto: AfriForum Jeug

Die ANC het die besluit deur die Universiteit van Pretoria, om Engels as primêre onderrigtaal te gebruik, verwelkom.

“Hierdie besluit gee gewig aan die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof op 15 Desember 2016 toe ʼn onafhanklike resolusie deur die UP se raad oor ʼn nuwe taalbeleid gestaaf is,” het Zizi Kodwa, waarnemende nasionale woordvoerder van die ANC, gesê. “Die ANC ondersteun dié beleid kragtens die transformasie-agenda van ons onderwysstelsel.”

Die ANC glo die universiteit het ʼn stap in die regte rigting geneem en moet nou sy pogings vir transformasie in die belang van alle studente, die gemeenskap en ander lede van die universiteit, voortsit.

Kodwa het bygevoeg dié besluit volg ná ʼn geskiedenis waar Afrikaans dominansie by die universiteit geniet het sedert September 1932. “Afrikaans was die enigste onderrigtaal by die universiteit tot 1993 toe Engels ingestel is. Die meerderheid studente by die universiteit verkies Engels as onderrigmedium, en slegs ʼn minderheid verkies Afrikaans as ʼn addisionele akademiese taal. Die ANC glo ons gedeelde waardes, soos vervat in ons Grondwet, kan nie behaal word as taal ʼn struikelblok vir onderwys is nie.”

Kodwa sê die party bly verbind tot die ontwikkeling van al die amptelike tale om gelyke status te behaal, “tot op die punt waar dit onderrigmediums word by opvoedingsinstansies”. “Afrikaans, net soos al die ander amptelike tale, bly ʼn kosbare erfenis wat beskerm en bevorder moet word in alle aspekte van ons lewe en ons moet uitdrukking vind oor ras- en kulturele grense heen.”

Maroela Media het vroeër berig Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag in sy persoonlike kapasiteit op Twitter gesê hy is gekant teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as onderrigtaal by dié instansie uit te faseer. Hy het behoorlik sy kop in ʼn byenes gedruk deur te twiet: “Ek stem openlik, en in my persoonlike hoedanigheid, nie saam met die uitfasering van Afrikaans as een van die tale van onderrig by die Universiteit van Pretoria nie. As ʼn land, skiet julle julself in die voet. Julle sal oor 30 jaar hieroor spyt wees,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Paul ·

Ek het ‘n idee die Sprinkbok-sewes kommunikeer in Afrikaans. Maar kom ek sê vir jou ou Zizi, as jy hier by my huis aankom, moet jy maar inval by wat die Afrikaners doen. Dalk gooi ons hier en daar so ‘n Engelse woordjie in as ons gesels, nou en dan ‘n sterk woord, maar andersins, suiwer Afrikaans.

Andrea van Vuren ·

Hoe siek kan hierdie taalbesluit nie wees nie. TUKS kom dekades ver beginnende by Transvaalse Universiteitskollege. Moet ek as ouma van ‘n 7 onderskeidingskandidaat vir haar vertel haar moedertaal by Tuks is geweldadig deur ‘Fees must fall’ en Zuma se kekkellaggie van haar toekoms in haar moedertaal ontneem? Andrea van Vuren

Rikus ·

Andrea…..uhhmmm…dis nie die “fees must fall” veldtog se skuld nie, maar wel diegene wat in 1992 die weg gebaan het vir die huidige anargie. Ons dam se naïewe eende dus.

Deon ·

Die ANC moet besef die kritiek gaan nie net oor Engels nie, dit gaan oor verengelsing. Daar is ‘ n verskil.

Gerda ·

Dieselfde jeugleier van die DA wat die rassevoorval “gaan soek” het in Schweizer Reneke sal seker vandag nog n verklaring uitreik ten gunste van die ANC en Tuks Bestuur

Chris ·

Pragtig, dis hoe mens erkenning aan minderheidsgroepe gee, en hoe mens almal in die land laat tuis voel, party mense noem dit nasiebou.

IK ·

Sal ‘Die Skip’ van Tuks pas as hy gedruk word waar dit hoort? Nog beter aanmoediging vir ONS EIE!!

Jaap ·

Mooi Tuks.
Lekker val julle ook.
ANC of niks jul nuwe slagspreek?

Manie ·

Die afrikane is mal oor die taal van die grootse onderdrukker van Afrika oor die eeue. Intussen is hulle kamtig vreeslik gekant oor enige onderdrukking in die geskiedenis. Julle is een groot grap

IK ·

Ek mag nie ‘n verwysing plaas maar gaan kyk self wat het Alfred Milner te sê op die internet.

Johanna Botha ·

Gaaaap tog SO voorspelbaar die anc …net soos hulle veraltyd bee sal verwelkom en onwettige immegrante met ope arems sal verwelkom …die wat die land op sy knee het deur korrupsie en self verryking …pateties ! ! ESKOM , SAA, PRASA , DENEL ….noem maar op !

Johannes ·

Natuurlik, die terroriste anc het nog altyd die Boere-Afrikaner se vernietiging as doel voor oë.

Vonnie ·

Dus hoekom ons almal VF sal stem. # afriforum julle is TOPS!!!

David ·

Engels gaan dit nie makliker maak om ‘n graad te verwerf nie en, as die standaarde verlaag word, gaan die kwalifikasies niks beteken in die werkplek nie – nie plaaslik nie en beslis nie in die internasionale speelveld nie.

Johan ·

Ons sal nuwes,groter,beter,mooier bou.Die kwalifiseering on daar te studeer sal nie wees om 35% in gr 12 Vir vakke te behaal Nie.Dit sal privaat wees.As julle klaar bestaandes tot Rommel geruineer het en dit wil kom vat….sal gebeur wat onaanwendbaar is gebeur….

IK ·

Die standaard (gehalte) van werk sal net verlaag word om by die vermoëns vd werkers aan te pas. Onthou dat ook met die uitdeel van grond kan enigiemand boer, dis ‘n kwessie van ploeg, plant, oes. Né boere . . . ?

Ekke ·

Ploeter maar aan ANC. Julle gaan julleself vernietig. Dankie Vader eks 70. Gaan nie hier wees om die selfvernietiging te aanskou nie.

Andrew ·

Dis nogal maklik om studente te maak van diegene wat jou ondersteun, en dan te verkondig die meerderheid stem daarvoor.
Die besighede wat my skakel moet maar Afrikaans praat, of my besigheid verloor.

Snowball ·

Afrikaans is ‘n struikelblok in onderwys, daarom kan ons nie by gedeelde waardes, soos in die Grondwet vervat, uitkom nie? Wie het dié pot …. uitgedink? Ons kan nie by gedeelde waardes uitkom, wanneer julle met naakte haat en weersin na Afrikaanse mense kyk nie; die ANC se grootste struikelblok is die onvermoë om die ander amptelike tale wat nie ontwikkel het soos Afrikaans, wel te laat groei tot die statuur van Afrikaans, sodat dit met sukses op universiteite as akademiese taal kan dien en studente in hul moedertaal onderrig kan word nie. Weereens moet julle afbreek en tot niet maak om beter te voel oor julleself. Sterkte met die Engels, want daarmee stoei julle ook erg as ek so luister.

Jan pierewiet ·

Misdirected anger towards Afrikaans | LitNet

Dit is hoe die grondwet ontwikkel is vir veel tale en soos dit vandag staan.
Lees die link hieronder. Jou mond sal oopval.

https://t.co/yEHcDy9QMu

Snowball ·

Dankie Jan pierewiet. Baie insiggewend. Vanaf 2001 is niks gedoen aan die opheffing van inheemse tale nie, danksy die ANC se ‘lack of political will and leadership’. Soos met reg gesê, niks en niemand baat by die afskaffing van Afrikaans by akademiese instellings nie.

Adam ·

Die ANC verwys na “gedeelde waardes”. Ek is van oordeel hulle ken net “verdelings waardes” aangesien hulle sedert 1994 nog net welvaart verdeel het en weinig nuwe welvaart geskep het.

Ja, né - Pretoria ·

Ag, toggie, nou word die taal van die Kolonialiste aanvaar, net soos die Kommuniste heerlik rondrits in die motors van die Kolonialiste!

Siener van Melbourne ·

So, stelselmatig, kom n kultuur tot sy einde. Die ANC se beleid was nog altyd destruktief uit natuur. Hulle glo die enigste manier vir gelykheid, op sosiale vlak natuurlik, is om almal af te trek na die laagste vlak want, jy sien, hulle denke kannie uit die spreekwoordelike geut uitstyg nie. Ek dink vir gelykheids halwe moet Tukkies alle tale verbied en klasse in vingertaal aanbied. Op daai wyse kan mede studente hul misnoë tekenne gee met die middelvinger.

EC ·

Kinders praat Afrikaans by die huis en gaan skool in engels. Gemaklik met albei tale. Die dag as hulle die land wil verlaat sal hulle ten minste ook die engelse taal ordentlik kan praat

Fanie ·

Ek het by die huis Afrikaans gepraat en in Afrikaans skool gegaan en my graad behaal. Ook baie gemaklik met beide Afrikaans en Engels. So hoe verduidelik jy dit? Dalk is ek meer intelligent as jou kinders?

Iemand ·

Ek as Afrikaanse Afrikaaner, het by ‘n Afrikaanse kleuterskool, Afrikaanse laerskool, Afrikaanse hoërskool, in Afrikaans by Universiteit studeer. Ek is as Afrikaanse Afrikaaner oorsee na Washington DC, en het as Afrikaanse Afrikaaner, beter Engels gepraat as van die meisies wat van ‘beskaafde Europese lande’ af kom. As onderwys student het ek geleer, om in jou moeder taal te leer, ongeag waar, is voordelig vir ontwikkeling en die leer van ander tale. Ek het SASL en Setswana ook op universiteit geleer, nie so vlot nie,maar nou ja.

Johann ·

Druk op ander Universiteite wat nog Afrikaans aanbied gaan net verhoog. Ergste is ek as Afrikaanse belastingbetaler gaan steeds betaal vir onderrig by Tuks.

Deon ·

Johann, Afrikaans word by Stellenbosch uitgefaseer, dan is dit nog net die ou Puk wat oorbly.

Koos Kotze ·

Dit alles is die gevolge van ons “wonderlike” grondwet. Die dele wat die praktiese toepassings moet verwoord is uitgelos, sodat dit deur “nasionale wetgewing” bepaal kan word, soos taalbeleid, regstellende aksie, BEE ,ens. Wie is in beheer van “nasionale wetgewing”? Dit beteken basies dat die dag-tot-dag toepassing van die grondwet, word deur die ANC beheer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis fantasties!! Laat die wat nie wil hoor nie, dan maar voel. My drie uiters suksevolle jong idividue het in AFRIKAANS grootgeword, skool gegaan, en graad kurusse voltooi………en praat en verstaan vandag beter Engels as die meeste Engelse!!! As jy nie verstaan wat die voordele van moedertaal onderrig is nie, baklei vir Engels……….Wat meeste mense nie verstaan nie, is dat die mense wat so druk vir Engels se moedertale NIE woorde het om Ingenieurswese te swot nie…….Yesterdai Aai koern’t spel Ingenear…totday Aai aar one!! Voorspoed met die Engels, Afrika!!!

madels ·

Hoekom bou ons nie ons eie AFRIKAANSE Universiteite nie? Laat hulle maar aangaan soos hul aangaan. Hoekom baklei om Afrikaans op Universiteit te he? Man, ons Afrikaners moet nou ons eie kleiner Universiteite begin bou en daar sal groot prestasies hieruit kom!

Deon ·

Madels, van die private Engelstalige instellings soos Varsity College, Open Window, Belgium Campus, Pearston en vele ander bied top graad kursusse aan wat die hoofstroom univesiteite se kwaliteit studente begin afrokkel. Akademia maak ook sterk vordering, met top akademici wat die universiteite verlaat en nou by hulle gaansluit. So, dit is moontlik, maar die Ruperts en Wieses sal moet bydra. Afrikaner organisasies soos die Afrikanerbond moet meer aktief en selfs militant word en weer ‘n Reddingsdaadbond skep om dinge aan die gang te kry. Afrikaners kan’n JSE genoteerde opvoedkundige groep stig waar ek en jy aandele kan koop. Ek glo Saffas in die buiteland sal ook inkoop. Baie dekades gelede is Sanlam, Volkskas, Naspers en Federale Volksbeleggings so begin. Vandag is alles verengels, en jong Afrikaners sukkel om daar werk te kry. Afrikanerleiers is egter te lui en verkies om eerder agter die skerms met die ANC te gesels. Nou onlangs het Ramaphosa die Afrikanerbond toegespreek in die Paarl. Hy het toe ‘n groot applous ontvang en daar eindig dit. Dit is nou tyd vir jong Afrikaners om oor te neem. Indien nie, is ons gedoem. Wat my bekommer is dat ouers hul kinders eerder aanmoedig om die land te verlaat, dus is die verengelsing vir hulle aanvaarbaar.

John ·

Integrasie = dominansie/oorname. En die prez word behoorlik deur Indie gelek om tog nie teen die Guptas op te tree nie en die lekkerlewe van die immigrante vanuit Indie om hul gloria voort te laat bestaan. In die 1950’s is die spul uit Kenia gejaag nadat misdrywe oopgevlek is, maar CR sal nooit as te nimmer sy verering as ‘n ?? in Indiè vergeet nie. Eers Zuma en nou weer. Wat ‘n vreemde spul. Omkoop werk vir Afrika… en so kan Sjina se handjie ook sommer verswak word. Made in India word nou weer die wagwoord. Ons moet bid vir ingryping van Bo. Die ANC gebruik die stemmery om die wereld te flous dat die ‘n demokrasie is.

Charles ·

Dit was hulle plan gewees vd begin af, ongelukkig veg ons terug en boemerang hul bose planne dus!!
#maak Afrikaans weer groot!!

Petra ·

Almal sê altyd dit en dat en stig die kommissie en daai, maar as jou geld jou taal praat en jy by die moed van oortuiging kan bly ten spyte van, wie gaan dan wen?

Irene ·

Afrikaanse mense is baie slim. Kan afr eng en nog a swart taal praat. Xxxcc

nico ·

En die DA swyg soos die graf hieroor – maar by Sweizer Reinecke was die DA die voorbok om rassisme aan te blaas. Kom ons straf die armsalige DA in Mei by die verkiesing. Hulle is nie ons stemme werd nie.

Hennie ·

Dis maar so, in hierdie land sien ons nie dat die son oor iemand anders skyn nie. Inteendeel, ons sal enigiets probeer verhoed eerder as om iemand te ondersteun as hy nie van dieselfde groep as jy is nie, al moet daar getoy toy word en motorbande gebrand word. Die norm is “so selfsugtig as moontlik”.

Liamari ·

Van niks af het die Afrikaner universiteite van die grond af opgebou. As ek net dink aan my geliefde Pukke dan spruit die universiteit se ontstaan uit die teologiese skool. Dis hartseer dat diegene wat geen hand aan die ontwikkeling en geskiedenis van instansies gehad het, nou totale oorheersing en onderdrukking toepas op diegene wat dit dit in die eerste plek begin het.

JohanL ·

Zizi Kodwa – jy praat mos nou sommer snert snert snert as jy reken die ANC glo aan die ontwikkeling van alle tale. Hou op om leuens te vertel.

Peter ·

Ek’s Afrikaans, maar ek het en sal altyd swot in Engels, verkies Engels as n onderrig taal. Self my 2 kleintjies word nou as Engels 1ste taal groot gemaak, en kry so bietjie afrikaans by die huis, of as ons in SA sou kom.

Frans C ·

Ek weet nie hoekom almal so verbaas is nie.Die skrif was aan die muur by Kodesa toe die onderhandellaars twee dinge eenkant toe gestoot het, nl die Bybel en hul taal.Alle onderhandelinge was in Engels en die Bybel is eenkant gebêre.
Geen vergadering is sover ek kan onthou ooit geopen met skriflesing en gebed nie.

Die onderhandellaars was nie dom mense nie.Inteendeel hullwe was hoogs geleerd en intelligent maar nie wys nie.Hulle kon nie die ANC se eindspel lees nie en het nie besef
dat hul die pad na hul volk en ander minderheidsgroepe netjies geplavei het waar op die ANC ongehinderd kon voort marsjeer,om taal ,kultuur en geskiedenis van minderheidsgroepe te vernietig en ‘n nuwe gemengde globaal aanvaarbare mens kon
skep.
Dit is waarom ons vandag sukkel en rondobber in die mensesee,want die ankers van die Afrikaner se voortbestaan word een na die ander afgekap en vernietig.En die mees
smartlike van alles is dat die sg liberale denkers soos Nero van ouds fees vier terwyl die vernietigingsrook al stinkend uit die een na die ander Afrikanererfenis opstyg.

Wonder ·

Maw as mens nou mnr Kodwa reg verstaan, as daar ‘n minderheid swart leerlinge in ‘n skool is en die wit leerlinge praat Afrikaans, dan verkies die meerderheid Afrikaans en dan moet die onderrigtaal Afrikaans wees. Of, mnr Kodwa, hand dit af hoe jy en die ANC voel die oggend as julle opstaan? Minderheid swart leerlinge/studente = Engels anders word hulle uitgesluit en hulle regte geskend; Meerderheid swart leerlinge/studente = Engels want die meerderheid verkies dit (demokrasie). Dus soo ‘n jakkals om sy eie gat, al in die rondte. Intussen dwing die ANC alle skole en universiteite om meer swartes toe te laat sodat die ‘demokrasie’ beginsel toegepas word, soos in Gauteng se skole.

Formule vir wit leerlinge/studente: Minderheid = hou jou mond; Meerderheid = hou jou mond jy diskrimineer en sluit swartes uit.

Slotsom: gewettigde diskriminasie ongeag hoe jy daarna kyk, en heeltemal wettig volgens hulle grondwet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.