ANC verwerp gerugte oor ‘geheime verkiesingsveldtog’

Verkiesing 2016. Foto: Reint Dykema

Verkiesing 2016. Foto: Reint Dykema

Die ANC het Dinsdag mediaberigte verwerp dat hy ʼn geheime veldtog van R50 miljoen van stapel gestuur het om die 2016 plaaslikeregeringsverkiesing te beïnvloed.

Volgens mediaberigte was die ANC van voornemens om opposisiepartye te teiken.

News24 het berig Sihle Bolani, ‘n spesialis-skakelbeampte, het die ANC gedagvaar omdat hulle haar glo steeds R2,2 miljoen skuld vir werk wat sy tydens dié veldtog gedoen het.

“Ons verwerp enige bewering dat die organisasie boonop geld skuld aan enige maatskappye wat na bewering aan dié geheime veldtog deelgeneem het,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Ons verwelkom die feit dat die Johannesburgse hooggeregshof vandag die aansoek met kostes van die hand gewys het.”

Aldus News24 het regter Leoni Windell die aansoek verwerp omdat daar nie gronde was vir dringendheid in die aansoek nie.

“Die ANC wil dit benadruk dat Sihle Bolani, Joseph Nkadimeng en Shaka Sisulu et al nie deur die ANC of enige van sy strukture, wat betref die kommunikasiewerk van die organisasie vir die 2016-verkiesing, gekontrakteer is of ʼn mandaat aan hulle verskaf is nie. Hul bedrywighede is nie deur die ANC goedgekeur nie en gevolglik distansieer ons onsself van enige bewering oor só veldtog, of dat die ANC daarvan bewus was of dit goedgekeur het.”

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het in ʼn verklaring gesê die DA neem met kommer kennis van die berigte. “Die DA het die saak na ons regspan verwys wat die saak sal oorweeg vir siviele en strafregtelike stappe,” het hy gesê. “Veral die bewerings wat betref vervalste plakkate vir die opposisie partye en die oprig van vals nuusagentskappe en televisieprogramme, is ʼn uiterste misbruik van die demokratiese proses.”

Selfe het gesê indien die gerugte waar is, beteken dit die ANC is bereid om etiese demokratiese gedrag en optrede en manipuleer en te ondermyn. “Dié bewerings moet in ʼn baie ernstige lig beskou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Heinrich ·

Waar ‘n rookie trek is ‘n Makro/Kuga/vuurtjie; ek sal niks verby daardie terroriste organisasie plaas nie, nou nie juis dat hulle so skoon rekord het van rekeninge betaal nie daarby…

PMB ·

Deesdae, al hoe die DA die nuus kan haal is om iemand hof toe sleep. Wanneer gaan hulle, hul posisie opneem en n waardige opposisie party wees? Dit wil voorkom of stemme gemors was want al wat hulle doen is om mense hof toe te sleep. Die kiesers soek doelgerigte aksie en optrede!!!

Alida ·

PMB, hoe anders stel jy voor moet die DA optree behalwe die hof. Jy weet mos die ANC onderhandel nie en vee als onder die mat in. Voorstelle sal welkom wees.

Arie ·

PMB,
Jy is swak inge lig. Die DA het klompe misdadigers in die munisipaliteite van JHB en PTA afgemaak en van die stalls aangekla. Daar bene wens lewer hulle uitstekende dienslewering, ten spyte daarvan dat die vorige bewind die koffers so be steel het dat daar byna niks oor gelykwaardigheid het nie.
Jou huis werk skier bietjie kort, ou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.