ANC-veteraan Ben Turok sterf

Prof. Ben Turok (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die voormalige ANC-LP en struggle-veteraan prof. Ben Turok is Maandag in die vroeë oggendure dood. Hy was 92 jaar oud.

“Die Turok-familie is baie hartseer om die dood van Ben Turok, hul geliefde eggenoot, pa, oom, oupa en oupagrootjie aan te kondig,” lui ʼn verklaring Maandag deur die familie.

“Hy was altyd uitgesproke en het sy hele lewe daaraan toegewy om te veg vir vryheid, gelykheid en sosiale geregtigheid in Suid-Afrika. Hy was ’n lojale lewenslange lid van die ANC, maar het deurgaans ’n onafhanklike perspektief behou.”

Turok was uitgesproke in sy kritiek jeens oudpres. Jacob Zuma, sowel as van die ANC se beleide. Hy was nie ʼn voorstander van die Zuma-administrasie nie en het in 2014, nadat hy uit die parlement getree het, Zuma versoek om die belastinggeld wat hy bestee het aan verbeterings aan sy private woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, terug te betaal.

Turok is as senior LP gedissiplineer toe hy die omstrede wetgewing met betrekking tot die beskerming van staatsinligting (oftewel die muilbandwet) teengestaan het. Die ANC het hom vermaan oor sy ‘swak dissipline’. Hy het wel later sy standpunt oor die wet verander, nadat wetgewers verdere wysigings aan die wetsontwerp aangebring het.

Die amptelike opposisieparty het vanoggend sy medelye teenoor Turok se familie uitgespreek. “Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie, geliefdes en ons mede-Suid-Afrikaners, terwyl ons treur oor die heengaan van hierdie wonderlike man,” sê John Steenhuisen, die DA se parlementêre leier, in ʼn verklaring.

“Turok het sy lewe toegewy aan gelykheid sowel as die vryheid van die Suid-Afrikaanse bevolking in ’n tyd toe dit vir hom makliker sou gewees het om te swyg. Hy het sy land met nederigheid en beginselvastheid gedien, hetsy gedurende die onderdrukkende apartheidsera of ons nuwe demokratiese bedeling – hy was vreesloos in sy strewe om te verseker dat Suid-Afrika ’n beter plek is vir almal wat daarin woon,” lui die verklaring.

“As aktivis, professor en parlementslid moet Turok se toewyding tot ’n regverdige en gelyke Suid-Afrika ’n voorbeeld vir ons almal wees. ’n Reus het inderdaad geval en ons sal nooit sy opofferings, standvastigheid en vreeslose onafhanklikheid vergeet nie,” sê Steenhuisen.

“Rus in ewige vrede, Ben Turok.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andre C ·

Daar moet n rede wees hoekom Mnr Turok die ANC tot sy dood ondersteun het .Dit moet die rede wees hoekom die leier van die DA so baie respek vir hom het. Ekself is in die duister oor wat hierdie 2 menere vir SA beteken en beteken het.

Rivonia ·

Hy was deel van dieselfde clan wat destyds tydens die bekende Rivonia Trial aangekla was.

Shapiro ·

Hy was maar net deel van die lang lys ‘chosen ones’ wat o.a. die ANC en DA gestig het.

Nee Dankie ·

Respek vir iemand wat gestaan het vir alles wat teen Christelike waardes indruis?

Geen geheim ·

Ons weet wie hulle is. Die ‘tribe’ waaraan hy behoort beheer en regeer die wêreld agter die skerms en hulle is nie deel van die oplossing nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.