ANC-veterane eis aksie teen Ace

Ace Magashule. Foto: ANC

ANC-veterane het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om dringende stappe te doen teen Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, weens “rassistiese” uitlatings.

Dit kom nadat Magashule die naweek in Philippi in die Wes-Kaap ʼn beroep op inwoners gedoen het om nie in die komende verkiesing vir ʼn “umlungu”, ʼn wit persoon, te stem nie.

ʼn Groep van 14 ANC-veterane het gesê Magashule se aanhitsing van ANC-ondersteuners om hul stem op ʼn rassistiese wyse uit te oefen is onaanvaarbaar.

“Sover dit ons aangaan is dit die uitlating van ʼn individu en is dit nie die posisie van die ANC nie.”

Volgens die veterane is dit afskuwelik om figuurlik of metafories met ras om te gaan tydens ʼn ANC-verkiesingsbyeenkoms en moet diegene wat dit doen geen plek in die party hê nie.

“Magashule se gedrag en uitlatings is heeltemal strydig met die Vryheidsmanifes en die grondwet van die ANC. Dit is vir ons hartseer dat hierdie optrede hom ononderskeibaar maak van die rasse-populiste wat tydens die jare van staatskaping ontstaan het, diegene wat die swaarkry van ons mense deur ras misbruik om aandag af te trek van hul eie misdade en kriminele optrede.”

Die veterane het ʼn beroep gedoen op Ramaphosa, as president van die ANC, en die party se integriteitskommissie om dringend teen Magashule op te tree.

Magashule het tydens sy tweedaagse besoek aan Kaapstad gesê hy is vol vertroue dat die ANC die komende verkiesing sal wen.

Magashule wou nie reageer op die bewerings van korrupsie teen hom nie en het gesê hy fokus op die verkiesing. Volgens hom sal die bewerings teen hom en ander ANC-leiers nie ʼn impak op die party hê nie.

Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh maak verskeie aantygings in sy jongste boek oor staatskaping en veral oor die die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule.

Die soeklig het opnuut op Magashule geval ná die onlangse bekendstelling van Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture.

In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.

Myburgh skryf Magashule is die man aan die voorpunt van pogings om dit te keer. Hy beskryf Magashule as Suid-Afrika se “gevaarlikste politikus”. Myburgh skryf in die boek daar is in Vrystaatse politieke kringe dikwels na Magashule as “Mr Ten Percent” verwys, glo omdat hy 10% van elke regeringskontrak in die provinsie geëis het. Hy het glo ʼn oog gehou op alle groot en mediumgrootte betalings wat munisipaliteite en provinsiale departemente gedoen het.

Die boek delf dieper in Magashule se beweerde duistere transaksies: van sy tyd as struggle-aktivis in die 1980’s, sy magtige bewind as premier van die Vrystaat vir amper ʼn dekade, tot sy opgang as een van die ANC se invloedrykste politici.

Myburgh onthul hoe Magashule glo op die punt was om in hegtenis geneem te word kort voor die Skerpioene in die laat 2000’s ontbind is, asook die maniere wat ingespan is om hom in die Vrystaat aan bewind te hou en die pos van sekretaris-generaal van die ANC te verseker.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan ·

Dit is verblydend om te sien dat daar ‘n faksie in die ANC is wat ook sekere negatiewe dinge raaksien en al die leiers blindelings navolg nie.

Mariska ·

Hulle gebruik sy uitlatings as ‘n verskoning om ontskae te raak van hom…Ace se tyd is verby.

Gert van Wierdapark ·

Die veterane roep Ace se “bluff” want hy het lankal sy hand oorspeel! Hy is nou die “Joker” in die pak!

Arie ·

Eintlik is dit presies soos die anc voel maar hulle sê dit net nie, daarom glo ek ook nie daar gaan enige optrede teen hom wees nie.

? leser ·

ace se uitlatings:, dis nie wat ek bedoel het nie, julle verstaan dit verkeerd

ChrisE ·

Daar slaan dit nou uiteindelik deur. Jakkals verander van hare maar nie van snare. Ek hoop die agterryers/aanhangers/simpatiseerders van die bende se oë gaan nou vir eens en vir altyd oop. Die wittes in die organisasie verstaan dit ook nie. Dit is die African National Congress. Die eerste woord African verduidelik dit. Daar is geen anderskleurige (witte) in die top bestuur nie. I rest my case.

Jr ·

” Ace of spades ” is ‘n swart kaart en rassistiese kaart en word gespeel om die aandag van die werklikheid af te vat

Genieve ·

Hy is n grap en n verleentheid vir sy eie party maak lyk die ANC het geen skaamte nie soos Ace

Vonny ·

Ramaposa leef in vreeslik vir diets top 6 van die ANC. Maar God sal geregtigheid laat geskied!

Wielspore ·

Daar is tans ‘n ballans van pro Zuma and pro CR binne die ANC. Die pro Zuma groep is die state capture groep en sal alles probeer om van sy mense in die ANC te behou. Die pro CR groep is vir hervorming en om korrupsie uit te roei en wil van die state capture skuldiges ontslae te raak deur wetgewing. Ace gaan val, nog voor die verkiesing, wat dan vir CR meerderheid ondersteuning binne die ANC gee.

Dries du Toit ·

Wielspore. Jy het baie naiwe vertroue in n man wat nie n skryntjie van jou vertroue werd is nie. Jy leef in n ander wereld as jy dink Ramaphosa gaan enigsins ontslae raak van enigiemand in daai NUK sonder dat hulle van hom gaan ontslae raak nie. Sy dae is getel na die verkiesing. Salueer solank vir Mabuza as jou volgende President. Dan is die Zuma faksie terug ou maat. Jy moet maar op jou wielspoor bly

Dries Moolman ·

Maar daar word dan voortdurend gese dat net WIT mense kan rassisties wees op hierdie aarde, so wat is Ace se sonde dan….?

Maljan ·

Bwa ha ha ha ha ha!!!!! Hoeveel word die “veterane” betaal om die eis te maak? Hulle het verseker ook nie klagte by die sapd if mrk teen hom gaan lê nie. Hulle bekgebaar is op versoek. Teen betaling.

Irene ·

Los die mense wat hul wil se wat hul wil daar us mense met goeie breine om self te dink

J van Rustenburg ·

Daar ia net 1 veteran wat sal kla en dis Carl Niehaus

Dries du Toit ·

Ace is nie die enigste een wat korrup is nie. Die Zumas, Mokoyane, top 6 ens ens ens

ChrisE ·

Nee J van Rensburg. Ek wil jou net reghelp. Karel die Grote is nie net ‘n veteraan nie, hy is ook ‘n oorlogsveteraan wat PW & Seuns eiehandig uit Angola en Suidwes geboender het. Nie eers Chuck Norris sou dit kon doen nie. Rocco de Wet die Grensvegter en die Wit Tier het padgegee en kom aftree op Hermanus.

Nel ·

As Ramaphosa genoeg ruggraat gehad het moes hy sy makker in die bek geruk het in die openbaar, maar nou word die sogenaamde ‘veterane’ voorgesê om dit te doen terwyl ramaparrapot die pot rustig roer.

LB ·

Ek wonder wat is die eintlike rede vir hierdie sogenaamde ras bewustheid, jy kan niks vertrou wat uit enige ANC of politieke geledere bekook word nie. dit is dieselfde spul wat glo ‘n nie-blanke persoon kan nie rassisties wees nie. Hoekom rep hulle nie ‘n word oor die algemene verval en misdaad en moorddadigheid in hierdie land nie? As hulle het, kon hulle dalk effens geloofwaardig geklink het.

Judge Dredd ·

Die ANC veterane is soos die ANC se morele waardes – niks werd.

Se maar net ·

Net weer n stem werwery foefie moet niks daarin lees nie asb.

George in Bloem ·

Ace se maar net wat al die ander in die ANC sirkus voel maar te papbroekig is om ye se. Hy’s onaantasbaar so hy’s nie bang om te se en te doen en te vat net wat hy wil waar en wanneer hy wil nie.Die ou was nog nie naby ‘n hof of ‘n paar handboeie nie en ALMAL weet hy is so kortup as wat kan kom “but uet he remains as free as a bird”.Hoekom sal hierdie geval dan nou anders uitspeel?

Eddie ·

Een ding is seker…. sy Zumpie opleiding was volmaak en onverbeterlik !!!

Gerhardt O ·

Toema Ace, hierdie “umlungu” stem VF+ geen aanstoot geneem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.