ANC-veterane eis ook Zuma se kop

Pres. Jacob Zuma tydens die inhuldiging van die nuwe ministers en adjunkministers (31 Maart 2017). Foto: GCIS

Veterane van die ANC het Dinsdag die regerende party gemaan om pres. Jacob Zuma af te dank. Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy “ʼn nuwe lyn oorgesteek het” ná sy omstrede kabinetskommeling.

“In die lig van die huidige krisis wat deur die organisasie in die gesig gestaar word, is ons van mening dat die behoefte vir die ANC om die president te herroep, al lankal moes gebeur het,” het Murphy Morobe aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die voormalige Robbeneiland-gevangene het gesê die ANC is nou “in die verknorsing en in ʼn groot krisis”.

Meer as 100 veterane, insluitend Sheryl Carolus, Gertrude Shope, Frank Chikane, Siphiwe Nyanda, Ben Turok en Andrew Mlangeni het gesê hulle was beangs oor verlede week se kabinetskommeling en dit wat by Ahmed Kathrada se begrafnis gebeur het.

Carolus het gesê die krisis binne die regerende party het aan die lig gekom toe Zuma nie Kathrade se begrafnis kon bywoon nie. Die familie het hom verhoed om dit by te woon.

Sy het gesê Zuma is die eerste president in die demokratiese bedeling wat ʼn skommeling gedoen het sonder om met die ANC se hoogste ampsdraers te konsulteer. “Geen leier maak sulke besluite alleen nie, hy moet iewers konsulteer. Geen president in die ANC het dit al gedoen nie.”

Sy het gesê Zuma het “nie eers die moeite gedoen om die telefoon op te tel om Kathrada se weduwee, Barbara Hogan, te bel nie”.

Mary Metcalfe het gesê die ANC moet nie wag vir die mosie van wantroue in die parlement nie, “en nou optree en die regte ding doen”.

“Die ANC se integriteitskommissie het die president versoek om te bedank, ons twee alliansies, die SAKP en Cosatu het ook versoek dat hy bedank… ons is van mening dat die ANC nou die regte ding moet doen. Die saak moet nie eers ʼn stemproses in die parlement bereik nie,” het sy gesê.

Die veterane het ʼn dokument voorgehou, “For the Sake of the Future”, waarin hulle die stand van die ANC en die land betreur. Die veterane het daarop gewys dat die ANC nie die vermoë het om op te tree teen “korrupsie, nepotisme, faksionalisme of arrogansie” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

apie ·

Nou pra’ jý!!! goeie nuus al het nog niks waarlik gebeur nie

brt ·

Sodra hy bedank verloor hy sy greep op die vervolgingsgesag en skop 783 strafklagtes waarskynlik in. Hy kan dus nie bedank nie – word hy skuldig bevind wag daar sekerlik tronkstraf – op sy ouderdom, nooit as te nimmer nie.

Sw ·

Ons weet dat jul al lankal van hierdie klomp hooligans ontslae wou raak. Die ANC moet nou wys dat hul ruggraat het om hom en sy maters uit te skop.

Danie ·

Hoekom neem dit so lank vir hierdie kamerade om tot hierdie besef te kom. Dit is `n kombinasie van domheid , naiwiteit, en dikvelligheid( vra maar vir Max, kopdoek en hul travante) wat maak dat die situasie so ver vorder voordat kritiek uit die “regte oorde” begin opduik.

Oom Piet ·

Natuurlik het Zuma gekonsulteer , nie met sy mense nie maar met die Guptas toe hy die veranderinge gemaak het.

Johann ·

Bla bla bla….Jacob Zuma die gewetenlose bedriër doen wat hy wil, wanneer hy wil. SONDER GEVOLGE! En die wat skielik so besorg is oor sy verwoestende nalatenskap? Ag asseblief!

Rupert Ashford ·

Dankie dat julle julle monde oopmaak maar julle en julle beweging is net so erg deel van die probleem. Sal net ander naampies wees wat by die krip staan. Maar dankie in elk geval.

CHRISTA ·

Die ANC kon so gou saamstaan om Mbeki uit die stoel te lig – wat keer hulle om dieselfde met Zuma te doen? Of kan hulle nie meer onthou HOE nie? Hulle moet ook hulle les leer: BETTER THE DEVIL YOU KNOW!!!

Arno Visagie ·

Carolus se :” Zuma is die eerste president in die demokratiese bedeling wat ‘n skommeling gedoen het sonder om met die ANC se hoogste ampsdraers te konsulteer.”

Wat het dan met Brian van Rooyen gebeur? Het die top ses van hom as Fin Min geweet, ‘n naweek later van plan verander en toe vir Zuma geblameer? Of jok Carolus maar net weer?

jaco ·

Carolus, Turok, Hogan, Metcalfe, Kathrada: almal volgens ras “not black enough” of wit. So wie in die huidige swart rassistiese ANC gaan na hulle luister?

chris.l ·

verban ook somer die GUPTAS ok en Zuma se seun wat saam werk

Daan ·

Ek het dit in n vorige artikel gese ,sorry, maar ek gaan dit weer doen. As Zuma uit is gaan die blankes weer werk kry ? Gaan die moorde minder word ? Gaan misdaad minder word ? Sal boere nie meer vermoor word nie ? Gaan daar minder stakings wees ? Gaan die bejaardes van die railways meer geld kry wat gesteel is ? Gaan …rasa die bedrog geld terug betaal ? Gaan die gate in die strate reg gemaak word ? Hierdie lys is baie langer maar ek dink jy kry die idee.

Gaan enige iets verander as Zumz uit is ?

As die Here nie dinge verander nie gaan dit nie verander nie.

christine ·

Seblief man hulle is bang vir hom en hulle sien nie kans om lee sakke sonder geld te he nie, moet nie eers die BMW s en die Merc s vergeet nie. Hierdie gespuis gaan nerens. Hulle werk van my geboorte so en voor dit. Hitler was nie n dommie nie. Wat n ding om te se maar dis al wat gaan help

snoefie ·

slek hom dai bier ntati. slek. in Afrikaans se ons “wat jy saai, sal jy maai. ” julle het hom gesaai deur vir hom as president te stem. nie een keer nie.,maar twee keer. moenie nou kla oor wat julle maai nie. verloor maar julle geldjies deur sy hebsug nes ons.

SARIE VAN HEERDEN ·

DINGAAN. ONTHOU JULLE DINGAAN? Matache het gister een storie gesing en vandag trap hy terug en se dit was verkeerd om Zuma te kritiseer oor sy aanstellings en afdankings. Daar is ook groot op televisie aangekondig dat GEEN parlementslid sal stem vir die “No confidence” aansoek teen Zuma op die 18de April nie.
DINGAAN. ONTHOU VIR DINGAAN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.