ANC-veterane kap regerende party in ope brief

Derek Hanekom. Foto: Flickr/GovernmentZA

Openbare aanvalle op ANC-lede, soos die afgelope week op oudmin. Derek Hanekom, blyk ʼn georkestreerde veldtog te wees om die aandag af te lei van korrupsie en staatskaping.

Só sê ʼn groep ANC-veterane in ʼn ope brief aan die ANC se topses-leierskorps en die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Die groep het reageer ná die afgelope week se berigte dat Hanekom saam met die EFF beplan het om oudpres. Jacob Zuma uit die kussings te lig. Die bewering is deur EFF-leier Julius Malema gemaak en Hanekom het erken dat hy wel met Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF, oor ʼn mosie teen die president vergader het. Hy het egter gesê die EFF het aan hom syfers verskaf oor hoeveel ANC-lede moontlik vir so ʼn mosie sou stem.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het daarna in ʼn sterk bewoorde mediaverklaring die party se algehele misnoeë in Hanekom se erkenning uitgespreek. Hy het Hanekom onder meer daarvan beskuldig dat hy ʼn agent vir die EFF is en die ANC wil verdeel.

Volgens die groep ANC-veterane het Magashule se verklaring ongelukkig voortgegaan om die aanname te versterk dat die ANC verdeeld is weens faksies.

“Ons is seker lede van die topses en die NUK het dit eens dat daar ʼn einde moet kom aan aanvalle op lede wat hul lewe aan ons beweging toegewy het.

“Hoewel ons nie weet of Hanekom daardie mosie van wantroue ondersteun het wat deur ʼn geheime stemming besluit is nie, wil ons ons onomwonde steun toesê aan hom en alle kamerade wat moontlik die mosie ondersteun het. Hulle het niks verkeerds gedoen nie.”

Die groep veterane het gesê dit is ironies dat Magashule vir Hanekom daarvan beskuldig het dat hy ʼn nuwe party wou stig terwyl daar bewerings is dat Magashule betrokke was by die totstandkoming van die African Transformation Movement (ATM).

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Volgens die veterane word lede soos Hanekom, Pravin Gordhan, Siphiwe Nyanda en ander uitgesonder en aangeval. “Ons glo dit is te wyte aan hul toewyding aan die historiese waardes en beginsels van die ANC en hul onverbiddelike weerstand teen korrupsie en staatskaping. Daar kan geen ander logiese rede wees nie.”

Die NUK is versoek om ʼn beroep op al sy lede, ongeag van hul posisie in die party, te doen om nie ongegronde beskuldigings te maak nie, gegewe dat almal bewus is van die moontlike gevolge wat dit tot gevolg kan hê soos die onverantwoordelike etikettering van kamerade as vyandelike agente en spioene.

“Die ANC is nie ʼn klub nie, ook nie ʼn kultus wat gemanipuleer moet word nie. Diegene wat onder verdenking is en aan wie ons hierdie boodskap rig, behoort geen twyfel te hê nie dat ʼn aanval op kamerade wat teen korrupsie en staatskaping opgetree het, ook ʼn aanval is op ander veterane van die ANC.

“Die NUK word versoek om dié kamerade te verdedig in dié tyd van gevaar vir die ANC. Dit sal ʼn belangrike teken wees dat ons eens trotse beweging weer gesond kan word indien julle nou optree met die moed van jul oortuigings en gewete. Hierdie kamerade het die weg gewys.”

Die NUK vergader reeds van Vrydag af by die St. George’s Hotel in Irene, Pretoria. Die vergadering duur tot Maandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mika ·

Julius se losbekkigheid wys telkens dat hy maar steeds in die Binnekring van die ANC is. Hy skroom nie om na die media te hardloop met kennis wat hy daar opdoen nie, tog beskerm die ANC NVG hom elke tree van die pad.

Herman Goosen ·

HaHaHa. Skud ek my longe soos ek lag oor die “waardes” wat oud lede van die ABC oor bekommerd was. Terroriste weet hoe om te breek en nie hoe om te bou nie. Huule het nooit waardes gehad nie. Enigste verskil is hulle gebrek aan waardes is maar net vandag so duidelik dat dit nie meer soos in Nandela se dae onder die mat ingevee kan word nie want niemand kan dit meer ontken nie

John ·

Miskien moet die ou garde eers hul eie harte ondersoek, soos ouers met onopgevoede kinders behoort te doen. Gierigheid en magsvergrype is aan die orde van die dag. Die ou garde het hierdie lewensstyl gevestig en verkondig. En nou word dit bloot volvoer deur die nageslag. Om nou hand voor die mond te slaan uit skok en verwondering is om te veins. Die veterane probeer nou vanuit die politieke grafgeledere bestuur. Politieke spoke is onsigbaar en onhoorbaar… maar verdien darem groot pensioene… enjoy!

fred ·

GELD EN MAG EN MEER GELD…..
Dit is hier die kern van die saak…
en solank die korrupte spul nie in die tronk beland en hulle bates afgevat word, sal daar NIKS verander nie

Swanna ·

Ace is die groot kingpin dit is hoekom hy klippe gooi en Hanekom ‘n verskoning vir ‘n wit man. Hy moet maar die klippe hanteer. Hoop hulle maak hom seer. Ace is bang hy word ook bekyk vir al die korrupsie wat ek glo hy deel in het.

SB ·

As jy met die ANC meng en heul moet jy maar vat wat jou kant toe kom. KRY VIR JOU HANEKOM!!!

Slagyster ·

Daar het jy dit nou om met die vyand te heul skiet jy jouself in die voet.

jaco ·

ou garde in die ANC is dikwels wit, kleurling of indiër, so hulle kritiek beteken niks. die ANC beweeg vinnig na n suiwer African black party. enige minderheid, self n minderheid wat ook n slagoffer van apartheid was, word uitgeskuif

jean ·

Ai tog! Laat die ou spul maar aangaan en hopelik m,ekaar se kele in die proses afsny…..solank ou Jan van Riebeeck darem uitgelos word.

Emma ·

Skud die hele anc uitmekaar want is daar een wat nie korrrup is nie. Ons sien mense agter tralies en nie wat se monde die grootste is wat die meeste korrup is nie. Almal doen hul bes om die aandag af te lei wat hul nie nog sal uitdink nie.

Hansie Slim ·

Hanekom, jy is net ‘n “boetie” solank jy iets vir jou “boeties” beteken. Jy vat ook maar lank om dit te leer. Geniet dit maar want jy het daarvoor gesoek….en natuurlik het jy saam gery op die Soustrein….

Lientjie ·

ANC veterane = MK soldate. Ons het ons land probeer beskerm teen die sogenaamde veterane…

Magda ·

ACE – is een van die wat so Reguit agter die deur staan, en soos dit maar altyd is – die een wat daar staan soek altyd ader ook daar. Vee voor jou eie deur ACE, want glo my daar is meer korrupsie as wat jy onder die MAT kan indruk – Die waarheid kom altyd uit.

Sakkie ·

hanekom het sy eie mense verraai. Hoekom sal hy dit nie aan sy swart lede doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.