ANC-veterane se seun nou DA-burgemeesterskandidaat

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoGhaleb Cachalia, seun van die ANC-strugglehelde, Yusuf en Amina Cachalia, is Dinsdag as die DA se burgemeesterskandidaat vir die Ekurhuleni-munisipaliteit aangewys.

Cachalia het Dinsdag tydens ʼn toespraak in Germiston sy uittrede uit die ANC aangekondig. “Ek aanvaar hierdie DA-nominasie, nie omdat ek die ANC verlaat nie, maar omdat die ANC my verlaat het,” het Cachalia gesê.

Cachalia sal die DA lei in sy poging om die Ekurhuleni-munisipaliteit, wat tans deur die ANC se Mondli Gungubele bestuur word, te verower.

Tydens sy toespraak het Cachalia gesê hy het grootgeword met die waardes van die ou ANC, soos nierassigheid en respek vir die wet. Hy het gesê hy het sy vertroue in die ANC geplaas om ʼn beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te skep, gegrond op sy waardestelsel. “Maar ongelukkig, na 22 jaar van ‘n ANC-regering, is ons verraai. Die ANC het verander en die ANC van Jacob Zuma is nie die ANC van Nelson Mandela nie,” het hy gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika se geskiedenis word deur die ANC gebruik om die nasie te verdeel en die mislukkings van die regering te verberg.

Cachalia het sy visie vir Ekurhuleni uiteengesit, wat die uitwissing van misdaad, ʼn verbeterde verhouding tussen die polisie en inwoners, vermindering in dwelmverwante aktiwiteite, administratiewe deursigtigheid, spoeltoilette vir alle inwoners, verbeterde infrastruktuur en meer werksgeleenthede insluit.

“Die tyd het gekom vir ons om weer hoop en iets om na te streef te vind. Daarom skaar ek my by die DA om as burgemeesterskandidaat ʼn era van die DA-regering in Ekurhuleni in te lei.”

Voormalige minister Steve Tshwete se seun, Lindela, is op 14 April ook amptelik by die opposisieparty verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anika ·

Welkom Ghaleb. As meer mense soos jy dink, sal ons dalk weer met trots aan ons regering kan dink in plaas van met afsku vervul wees.

Hendrik ·

Janee piet die DA se beleidsrigtings is presies dieselfde as die ANC se beleidsrigting. Die DA doen dit natuurlik om soveel swart stemme te werf as moontlik. Daar is natuurlik die slagoffers. Die werkende witmense wat uit die werksplekke stelselmatig uitgeskuif word met wetgewing soos Affirmative action, rassekwotas, BEE en natuurlik ons persoonlike vyand.. libirale witmense in hoe poste wat die werkende witmense onder hulle uitskuif met die doel om nog meer geld te verdien .

Cherokee ·

Daar is ‘n sin of twee wat hy gesê het, wat as dit reg vertaal is en indien ek reg lees wanneer ek tussen die lyne lees, hy meer regverdig klink as die res van die DA’s. Dit neig om te klink asof hy werklik bedoel om nie-rassisties te wees. Dan sal hy moeilik aanpas by die DA. Ek hoop ek het hom reg gelees. Miskien sal hy die DA leer wat nie-rassisme is.

Tommie ·

Die sin of twee wat hy gese het in die berig word glad nie eers genoem in die beriggewing van Netwerk 24 nie.

GES ·

Ek hoop die oorlopers het opregte bedoelings. Dit kan baie maklik maar weer net ‘n geval opportionisme wees. Tyd sal leer.

Vra net ·

En indien hy wel verkies word HOE LANK voor hy weer oorloop na ANC en so die stemme wat hy gekry het as DA terug gee vir die ANC??? Dis mos die nationale sport na n verkiesing om oor te loop na n ander party toe en jou pos te behou.

Rynhardt ·

ANC-veterane se seun sluit net nog aan by n tweede Anc, DA! SA politiek bestaan uit verskeie Anc-faksies wat vryheidsmanifes ondersteun! Welkom by die DOOIE ALLIANSIE (DA) VENNOT VAN ANC!!

Jan maak n Plan ·

Dit is vir my baie snaaks dat jy by n organisasie of party of beweging aansluit en nie die leer van onder af begin klim nie. Nee wat ons maatjies begin die leer sommer heel bo. Dis verkeerd want die persoon het hom/haarself nog nie in die party bewys nie. N vreeslikke groot fout. Weereens n klein ANC – bandjie vir boeties.

Neels ·

Ek wens die DA wil die oningeligte ANC ondersteuners inlig dat die ANC nie die land besit nie maar hulle kies die ANC om die land namens hulle te regeer. Die ANC presteer nie. Kies ‘n ander politieke party en as die party nie presteer nie na 5 jaar kies ‘n ander party tot hulle ‘n party kry wat die land namens die kiesers reg bestuur tot voordeel van almal. Is dit rocket science??
C

Sarie ·

Die sogenaamde ou ANC was ook nie baie wetsgehoorsaam toe hulle brandende binnebande om mense wat nie hulle ideologie gedeel het se nekke geplaas het nie. Die ANC alliansie was van meet af korrup en hoe gouer almal dit besef hoe beter. Die DA probeer te veel om die ou Mandela mantel dra om stemme te wen.

chrisp ·

Hy se hy het nie die ANC verlaat nie maar die ANC het hom verlaat dws hy is nog ‘n oorspronklike ANC. Net nog ‘n bewys dat die ANC en DA eintlik die ANC lite is soos baie van ons op maroela al vir lank beweer..
So baie van ons se dit , nou ook hy. Word wakker mense die DA beleid = ANC beleid punt.

Lance ·

Mens hoop die goeies loop oor ….kan net hoop die vrot appels bly waar hulle is asb

Cherokee ·

Waarom sal die ANC die DA wil infiltreer? Hulle sal eerder hul vyand wil infiltreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.