ANC-veterane vra party om weer na verkiesingslyste te kyk

Argieffoto

Die ANC se Oos-Kaapse veteraneliga het Woensdag die regerende party versoek om toe te sien dat alle kandidate op sy verkiesingslyste sonder blaam is om sodoende die party se pogings te versterk om die opkomende nasionale en provinsiale verkiesings te wen.

Die ANC-veterane het hulself gister by ʼn plaaslike werkswinkel in Oos-Londen verbind tot ʼn veldtog waarin hulle hoop om miljoene geregistreerde kiesers in dié provinsie te werf om ’n oorwinning vir die ANC op 8 Mei te bewerkstellig.

“Ons is nou in die vierde fase van die verkiesingsveldtog met die fokus op direkte kontak met geregistreerde kiesers,” het die liga gesê.

Die veterane-liga het gesê hulle is verheug oor die ANC se besluit oor die afgelope tyd om standpunt in te neem en teen korrupsie en bedrog op te tree, maar dat dié besluit ten spyte van die “oorwegend positiewe bui in die provinsie en land” ook probleme en uitdagings inhou wat die party nie kan ignoreer nie.

Die veterane het gesê die “gehalte van kandidate op die ANC-lys op provinsiale en nasionale vlak” is tydens gister se werkswinkel bespreek waarna hulle hul kommer uitgespreek het.

Die liga het ’n beroep op die ANC gedoen om te verseker dat diegene wat by bedrog en korrupsie betrokke is eerder opsy staan sodat hulle nie die ANC se naam en uiteindelik die party se oorwinning in die komende verkiesing moontlik beïnvloed nie.

“Ons ondersteun dus die nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluit om alle lyste na die integriteitskommissie te verwys,” het die provinsiale veterane-liga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

… self uitstaan… waar gesien? En die stokou en stokflou ou garde reeds terug op die brug staan weer voor op die boeg soos houtbeelde van outsher, die oè gevestig op nog meer wat in die verte onder die verlepte ou reènboog in die leè pappot in die 1-fase Eskom-kersie se liggie flikker en verdof, flikker en verdof… flik… Is dit die wa met Brics-geldjies wat daar opklink… skink kaders skink… ok een vir Oupa Zuma…

willem Botha ·

Die presedent praat net oor korrupsie en stel kommissies aan maar ek sien en hoor van geen vervolgings nie.

Ramapols ·

@Willem Botha, presies, hoe meer kommissies jy aanstel en besig hou, hoe minder mense kyk na sy bedrog.

J van Rustenburg ·

Vergaderings en komissies Die ANC se antwoord op alles Wat nooit gese word nie Die mense doen dit nie verniet nie Net nog werkskepping vir ‘n bevoorregte klompie wat ryk word uit Swart Kapings Kapitaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.