ANC-veterane: ‘Zuma het skande oor SA en ANC gebring’

Ahmed Kathrada. Foto: Facebook

Ahmed Kathrada. Foto: Facebook

Minstens 106 ANC anti-apartheid struggle-helde het Donderdag gesê hulle wag al sedert September vir pres. Jacob Zuma om te antwoord op hul versoek om met hom te vergader oor hul bekommernisse oor die stand van die ANC en die land.

Die veterane, wat onder meer Ahmed Kathrada, eerw. Frank Chikane, Cheryl Carolus, Andrew Mlangeni, Sheila Sisulu, Gertrude Shope en Aziz Pahad insluit, het ʼn konferensie in Johannesburg gehou. Hulle het gesê hulle het ʼn dokument, getiteld “For the Sake of Our Future”, aan die ANC se top-ses gestuur waarin hulle voorstelle uiteengesit het vir stappe wat die ANC moet doen om die land reg te ruk.

Chikane het gesê die samekoms van veterane, wat ʼn onmiddellike verandering in die ANC wil sien, is histories. “Dit is geskiedenis. Daar was nog nooit voorheen so ‘n gebeurtenis waarin veterane so saamgekom het en saam hul bekommernisse oor die land en die [ANC]-beweging geopper het nie,” het hy gesê.

“Nadat ons probeer het om met die leierskap te praat, het ons besluit om ʼn brief aan die president te skryf om te versoek dat ons met hom en die vyf ander leiers vergader. Die vergadering het nog nie gebeur nie en ons sien uit daarna dat die president ons ʼn kans gee om gehoor te word. Soos ons hier sit, wil ons die rigting wat die ANC inslaan, verander en aan die regte kant van die geskiedenis wees.”

Die groep het in die dokument gesê hulle het toegekyk hoe die ANC sy rol as leier van die samelewing abdikeer en aan opposisiepartye oorgee. Die veterane het gesê hulle is bekommerd oor die korrupsie en die onregmatige rykdom van sommige van die ANC-leiers en die aanval op die land se demokratiese instansies, onder meer die kantoor van die openbare beskermer.

Hul skriftelike versoeke en besoeke aan Luthuli-huis was egter tot dusver tevergeefs. Chikane het gesê die ANC het sy lede aangemoedig om hul bekommernisse oor die partystrukture te deel, maar die klagtes is na Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal, verwys en niks het daarvan gekom nie.

Eerw. Frank Chikane. Foto: Twitter

Eerw. Frank Chikane. Foto: Twitter

“Ons het besluit om dit nou openbaar te maak, want die meeste van ons het die partyprosesse gevolg en Luthuli-huis toe gegaan. Ons praat ook nou in die openbaar, want waar ons ook al gaan, word ons gevra wat ons as die ouderlinge in die beweging doen om die probleme aan te spreek,” het Chikane gesê.

Carolus het gesê die ANC-veterane is “net so ontsteld soos almal” oor die rigting wat die land ingeslaan het. “Die president het skande oor ons land en ons beweging gebring. Hy het staatsmag en hulpbronne misbruik om die gereg te ontduik. Ons het nog goeie en eerlike mense in die ANC, wat ons prys en ondersteun vir die standpunt wat ons inneem.”

Chikane het gesê die eerste sprake daarvan dat die veterane sou saamkom, is in Desember 2013 geopper tydens voormalige president Nelson Mandela se gedenkdiens in Soweto. Die idee het toe na ander provinsies versprei, waar nog veterane aangedui het dat hulle deel wou wees en help om die ANC te red.

Op ʼn vraag of die groep wil hê Zuma moet bedank, het Murphy Morobe gesê sommige lede van die groep wil hê Zuma moet die trekpas kry, terwyl ander nie dieselfde mening deel nie. “Daar is verskillende stemme in die groep oor die kwessie, maar ons het nie kollektief besluit dat Zuma moet bedank nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jan ·

Binne die eerste jaar van Zuma se bewind, het meeste mense al gesien waarheen dit gaan, maar wat maak jy as mense agv blinde lojaliteit die fluitspeler volg? Die houding van, “my organisasie , of my leier is onkreukbaar, die meerderheid het hom dan verkies, kom ons gee hom nog ‘n kans, nog ‘n kans, nog ‘n kans ……”. Hulle sien hy laat hulle in die steek, maar dan bly glo hulle hy sal hulle nooit in die steek laat nie. As hierdie nou nie reaktiewe optrede is nie, dan weet ek nie wat dit is nie. En weet julle ouens wat, julle gaan hom nog ‘n kans gee, want julle is mos saam in die ding, en julle sal aanhou om hom te ondersteun, totdat hy dit regkry om ‘n wenner vir julle te wees.

jan ·

Ek kry julle jammer, uit my hart, elkeen wil ‘n wenner as president uit eie geledere hê, trots op hom wees, en as hy jou versaak? Jy weier om dit te glo. Dit is soos iemand wat ontevrede met ‘n diensverskaffer is, maar jy bly by hom, want jy glo hy sal die volgende keer na jou luister, in teenstelling met ‘n nuwe een, wat jou nie ken nie.

D ·

Siestog. Julle is en was almal deel van korrupsie. Waarom nou skielik alles wil verander.

Janneman ·

Hulle maak n groot fout as hulle dink bokwagter se verwydering is genoeg. Al sy kornuite sal saam met hom moet val om n verskil te maak, insluitende die ancwl en ancyl.

M A ·

Ons moet net onthou dat hierdie kultuur nie verstaan wat korrupsie is nie. Vir hulle is dit nie verkeerd nie want dis hoe hulle dit al vir honderde jare doen. Ek is seker hulle voel te nagekom en verward oor al die hofsake.

dirk ·

natuurlik weet hulle wat korrupsie is. jy steel nie die ou langs jou se beeste nie.

dirk ·

oor 30 jaar as die “Ryger en die Tyger en die Drommedaris” oor die skim verdwyn met nog ‘n sarsie hugenote wat die land verlaat en op pad uit is , sal die res weer in gatvelle staan en wonder soos in 1652, “wat nou?”……..dis hoe afrika telkens misluk…’gedekoloniseerde kurrikulum’ gaan net meer tegnologiese gestremdheid en agterstand bring. die skande van die ANC kan jy in die verre geskiedenis van afrika gaan opvolg in die moordenaar Silkaats en ander….nie in ‘n groep wat vernuwing gebring het die laaste 350 jaar nie

Lance ·

Kry so lekker dat hulle dit nou self se …die anc is n groot gemors en n mislukking so kry vir julle …die anc het SA in n groot gemors gekry en ons verdien ongelukkig nou rommel status …anc skrik weereens te laat wakker en dit alles is julle eie toedoen en niks met appartheid te make nie !

Manie ·

Dit is nie Zuma wat skande oor SA gebring het. Dit is die ANC as party wat skande oor die mooi land gebring het

Veritas ·

Joe, ek glo jou kommentaar is ‘tong in die kies’ bedoel maar dit verdien darem reaksie. Die mannetjie, wat jy voorstel, is darem self ‘n kandidaat vir die hoofnar pos wat vakant sal raak as Jacob Zuma moet padvat. Daarby hang daar ‘n donker korrupsie-wolk oor sy kop ook. My kandidaat is Shabir Shaik. Hy het minstens nie juis die land te veel skade gedoen nie en siende dat hy reeds sterwend is, sal ons darem nie lank met hom opgeskeep sit nie.

Carel ·

En al hierdie “slim” mense het gese “I will die for Zuma”.

Alida ·

En dit het hierdie veterane jaaaaaaaaaare geneem om dit agter te kom en hulle NIKS daaraan gedoen nie. Lekker saam om die pappot gesit en planne beraam om die stelery voort te sit. Moenie nou huil nie – julle het geweet van alles.

Louw ·

Minstens 106 ? is dit nou werklik so moeilik om behoorlik te tel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.