ANC-veterane: ‘Zuma moet waai’

Ronnie Kasrils (tweede van regs) en Zak Yacoob (regs) en verteenwoordigers van verskeie ander organisasies wat almal eis dat pres. Jacob Zuma bedank. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Ronnie Kasrils (tweede van regs) en Zak Yacoob (regs) en verteenwoordigers van verskeie ander organisasies wat almal eis dat pres. Jacob Zuma bedank. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Talle ANC-veterane, wat Cheryl Carolus, Mavuso Msimang en Ronnie Kasrils insluit, het Woensdag by die trappe van die konstitusionele hof bymekaargekom en hul stem gevoeg by die eis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

“Ek is ʼn lojale kader van die ANC. Dit is my organisasie. Dit maak my hartseer om hier te staan, aangesien ek nooit gedink het ek sal bekommerd wees oor my president nie. Gister was ʼn ‘frog in the pot’-oomblik vir baie van ons, toe ons moes aanskou wat van die party geword het,” het Carolus gesê. “Ek doen ʼn beroep op almal en diegene in die ANC om op te staan en te sê ‘genoeg is genoeg’…bedank asseblief president.”

Zak Yacoob, voormalige regter van die konstitusionele hof, het gesê dit is vernederend dat ʼn “voormalige prokureur en nou ʼn politikus” in die Nasionale Vergadering “gelieg het oor wat die grondwethof gesê het”.

“Die hof het dit aan ons oorgelaat om te besluit hoe ernstig die saak is. Ons president het ellendig, oneerlik en verskriklik opgetree. Zuma gaan asseblief,” het Yacoob gesê.

Mavuso Msimang, voorsitter van Corruption Watch, het gesê hy herken nie meer die huidige regerende party nie. “Wat tans gebeur, is ʼn ernstige krisis. Ek hoop nie dis te laat vir die ANC om die president te verwyder nie. Zuma bedank asseblief.”

Die Gautengse ANC provinsiale uitvoerende komitee, onder leiding van voorsitter Paul Mashatile, het ook al hul kritiek gelewer oor die Nkandla-sage en Zuma se hantering daarvan.

Die “mobilisering” om die president sover te kry om te bedank, sal op 16 April begin met ʼn dialoog oor die land se politieke klimaat. “Ons doen ʼn beroep op julle om te praat oor wat fout is met die land en wat gedoen moet word om dit reg te maak. Ons doen ʼn beroep op mense om georganiseerde gesprekke te hou in kerke, dorpe, informele nedersettings en sportklubs oor hoe om te verseker dat Zuma bedank,” het pastoor Moss Ntla van die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika gesê.

Volgens Ntla sal 27 April, Vryheidsdag, die “dag van aksie” wees waar die “vryheid wat Zuma gesteel het, teruggeëis sal word”. Ronald Lamola, voormalige ANC Jeugliga-leier, die akademikus Prince Mashele, die voormalige sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi en Mark Heywood van Section 27, was ook teenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marous ·

Hoekom val die skille nou eers van die ogies af? Julle moes al met die stort episode gesien het welke karakter die man wat JULLE in beheer geplaas het geopenbaar het. Julle het die dissels gesaai , eet die dorings wat gemaai word.

Cherokee ·

Dit is ‘n probleem wanneer berigskrywers (of berig-vertalers) nie die verskil ken tussen herken en erken. Dit mag wel wees dat herken gesê is maar in konteks gelees moet dit meer waarskynlik ‘erken’ wees.

jaco ·

Manuel en Carolus is kleurlinge; Kathrada is ‘n Indier. So net op grond van hulle ras, is hulle volgens die ANC se affirmative action wette “not black enough”. So wie in die ANC gaan hulle ernstig opneem? Hulle is ook nie meer in die aktiewe politiek nie. Van buite af gaan hulle niks reg kry nie. Matthews Phosa moan ook van buite af. Hy is wel swart, maar hy praat gereeld Afrikaans, wat “die taal van die onderdrukker” is. Hy is ook lekker “pelle” met wit mense. Ek het al uit swart ANC-lede self se monde gehoor waste skeldnaam hulle sulke soort swartes gee. Dis te erg om hier te herhaal. Die naam begin met “ja-baas”. Die res van die naam is ‘n woord wat mens nie in beskaafde taal gebruik nie en wat verbode is om gebruik te word. Maak julle eie afleidings: dis wat meeste swartes in die ANC dink van hulle eie mense wat bloot met die wit mense wil saamwerk.

rudi ·

En die ANC politiekuste noem wit mense toiletpapier. Ons word net gebruik

Adrian ·

Los jakob daar en laat anc aangaan die probleem gaan groter vir hulle word want die skelm gaan nog meer onregmatige doen wat die party gaan skeur, onthou die wurm vreet van binne af en siedaar

André ·

Adrian ek stem saam met jou. Daar is NIEMAND so groot vyand soos hulself nie. Los hulle….dis hulle eie ondergang. Ja die land trek wel nou swaar, maar niks wat nie weer sal regkom nie.

Tiger ·

Dis tyd dat daar ‘n referendum landwyd gehou word om die algemene man op straat se mening te kry of zumpie moet bly of waai.Dit sal deurslaggewend wees en sonder twyfel wys dat die meerderheid wil he hy moet sy baadjie vat en voetsek.

André ·

Tiger. Referendum is ‘n woord wat hulle net geken het in die 90’s. Toe FW en sy kommies die land weg gegee het. Dit sal jy nie weer kry in SA nie.

Rupert Ashford ·

Too little too late. Hierdie mense sien ook nou die vrugte van hulle arbeid van die afgelope 20 jaar. Lyk my ‘n paar mense begin nou sien hoe gevaarlik die freedom charter is as dit volgens die letter toegepas word. Die vraag is net: Waarheen van hier vir die ANC? Wie volg vir Zuma op? En hoe gemaak met al sy trawante? Die organisasie gaan nie oornag “goed” word nie en Julias en sy gespuis wag…

M A ·

Wat kom na Jacob Zuma? Hoe gaan ons beter af wees as hy bedank?

wanda ·

Ek stem 100% saam jou …MA…, better the devil you know, than the one you don’t know! Passop waarvoor julle vra! Die opvolger kan dalk erger wees!

GES ·

Ek stem saam. Die beste manier om die anc te beveg is met hulle eie energie. Dit gaan ‘n skouspelagtige inploffing wees.

Elizabeth ·

NIKS gaan sommige mense van hulle negatief geprogrammeerde lewensuitkyk laat wyk nie. Hier is die ideale geleentheid vir eenders gesindes om te begin saamstaan teen onreg en korrupsie en die meeste mense wat hierbo kommentaar lewer, kyk teen die donker skille voor hulle oë vas. Dis baie maklik om te kla en af te breek. As julle so goed weet wat verkeerd is, hoekom doen julle niks om dit reg te stel nie?

Sarie ·

Party van hierdie ouens lyk ook maar der dagen sat. Lyk of die ou voor heel regs sit en slaap. Dink nie hulle sal ernstig opgeneem word nie. As daar na die Trump en Zuma debakels asook politieke onrus in Europa. Oral waar demokrasieë gevestig is, wil dit voorkom dat die demokrasie as staatsbestel soos dit bedryf word nie die oplossing is sonder sterk gemeenskapsorganisasies wat meer gefokus werk om spesifieke probleme vir spesifieke groepe te spreek soos Afriforum werk. Die breë kerk werk nie. Te veel belange en net ‘n gepraat en niks word uitgevoer nie. Desentralisering na kulturele groepe met ‘n klein sentrale gesag.

pop ·

Maar gelukkig het hulle nou baie van hulle aanhangers die josie in gemaak en sodoende gaan die opposisie partye bietjie meer steun kry.Die ANC is so slim in hulle korrupsie dat hulle weereens laaste gaan lag. Hulle het almal hulle steun aan Zuma gegee dinsdag want as hulle nie het nie sou hulle vet sweersel uit moes loop sonder pensioen en voordele. Nou gaan hy een van die dae mooi bedank en dan kry hy moewiese pensioen, (wat weereens uit ons sakke befonds moet word). Intussen bly hy die presedent van die party en regeer nog steeds die land van die kantlyn af. Hulle kan ons wittes maar aanhou toiletpapier noem. So gaan die papier opraak en dan gly hulle rond in hulle eie vuil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.