ANC vier fees in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC vier vandag sy 104de verjaardag en leiers van die party sal verskeie plekke in Noordwes besoek as deel van die viering.

Pres. Jacob Zuma sal Saterdag in sy toespraak in Phokeng naby Rustenburg sake aanraak wat relevant is vir die jeug. Volgens Njabulo Nzuza, sekretarisgeneraal van die ANC Jeugliga, sal Zuma uitsluitsel gee oor die regerende party se planne vir werkskepping. “Hy sal ook beslis die kwessie van gratis onderwys vir armes aanraak,” het Nzuza gesê.

Die Jeugliga het beloof dat die verjaardagviering ʼn pronkerige affêre gaan wees. “Ons gaan met ʼn reuse- stoet voertuie by die Royal Bafokeng-stadion opdaag,” het Nzuza gesê.

Gwede Manthashe, sekretarisgeneraal van die ANC, sal Vrydag partystrukture in die Brits-omgewing besoek terwyl Jessie Duarte, adjunk-sekretarisgeneraal, Vryburg sal besoek. Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, sal Zeerust besoek terwyl Zuma die verjaardagkoek saam met tradisionele leiers in Rustenburg sal sny.

Volgens die provinsiale polisie sal die paaie rondom die stadion van Vrydag tot Sondag gesluit wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Atas ·

Nero played music while Rome burned to the ground. The infamous phrase—“Nero fiddled while Rome burned”—has come to mean a person who is neglecting their duties, probably by doing something frivolous. – Is ‘n partytjie rêdig die antwoord op protesoptogte?

Chris W ·

Is ‘npartytjie ten bedrae van miljoene rand geregverdig terwyl ons land besig is om ekonomies te sink??Daar is baie dringender sake waarop hulle daardie geld nuttig kon spandeer het soos droogte hulp.Dankie tog ek woon nie in of NABY Rustenburg nie.Dit gaan nag wees daar die naweek.

Sumari ·

Hou lekker party met belastingbetalers se geld. Ons boere sukkel, ons witmense word vermoor oor julle dit aanhits. Swak regering, swak president.

Justa ·

Wat n klug. Die geld kon aangewend word om mens en dier te help wat vergaan in die droogte.
Kry asseblief julle prioriteite reg maar dis belangriker om te “party”.

CJ ·

My gevoel is dat NW die enigste provinsie is wat hulle in di verkiesing kan wen. Wes kaap en Oos kaap DA. Limpopo EFF Gauteng DA. Die res (Noord Kaap en Vrystaat)is te klein om impak te maak.

Wilhelm ·

Ek sal graag sekerheid wil kry; is dit waar dat Toyota SA ‘n vloot voertuie gratis beskikbaar gestel het vir die ANC se gebruik te Rustenburg en boonop geverf in die ANc kleure? As dit ‘n feit is, sal die gewone anti-regering gesinde seker nie meer vir Toyota ondersteun nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.