ANC-vieringe: Ondersteuners stroom na stadion

Mense in die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Mense in die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg by die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Ten spyte van die gietende reën, het honderde mense reeds die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg, binnegestroom in afwagting op die ANC se 105de verjaarsdagvieringe en die jaarlikse 8 Januarie-toespraak.

Strate om die stadion is vir verkeer gesluit, behalwe vir mense wat die vieringe gaan bywoon. Verskeie wetstoepassers is reeds besig om voertuie voor te keer en deur te soek. Busse en taxi’s, van so ver as KwaZulu-Natal en die Vrystaat, het reeds by die stadion aangekom om mense af te laai. Baie mense het in die busse bly sit om skuiling teen die reën te kry, maar ANC-beamptes het hulle aangepor om die stadion binne te gaan.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal ligte reën vandag in Johannesburg voortduur, met ʼn maksimum-temperatuur van 14˚C.

Talle straatverkopers het reeds vroeg vanoggend hul stalletjies buite die stadion opgeslaan. Primi Mokoena, een van die straatsmouse, het gesê sy en haar span laat hulle nie deur die reën van stryk bring nie, aangesien die vieringe ʼn uitstekende geleentheid en inkomste vir hulle is.

Mense stroom die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg binne vir die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Mense stroom die Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg binne vir die ANC se 105de verjaarsdagvieringe (8 Januarie 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Fikile Mbalula, die hoof van die ANC se organiseringskomitee, het die skare om 07:30 vanaf die verhoog gegroet en hulle aangemoedig om feestelik te verkeer terwyl kunstenaars optree.

Verskeie lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, onder meer Zweli Mkhize, die tesourier-generaal, Bathabile Dlamini, Lindiwe Zulu, Malusi Gigaba en Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal, was sedert 08:00 al daar.

Die ANC het die afgelope week ondersteuning vir sy verjaarsdagvieringe gewerf deur met mense in die strate te gesels en deur-tot-deur-veldtogte, asook kleiner geleenthede in Gauteng om ondersteuners aan te moedig om die 40 000-sitplek stadion vol te maak vir die jaarlikse viering. Pres. Jacob Zuma sal na verwagting om 11:00 sy toespraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

petro ·

Ja en die spek nekke gaan weer die duur kos en drank eet en drink en die armes kry basies die krummels

Johann ·

Korreksie, hulle stroom nie soontoe nie, hulle word met busse aangekarwy.

Hennie ·

Maklik om die massas te “fool”met ‘n kospakkie geskenk deur die aan die belasting betaler.

Lance ·

Mense word gelok deur n T-hemp en n kospakkie en word ook nog aangery …so alles is verniet …wil hulle regtig daar wees ….wonder nogal !

Kobus ·

Moenie die wind vergeet..
Dalk is 40.000 genoeg om die WINDE van verandering te weeg te bring

Frans C ·

En daar maak die President sy mond weereens wawyd op en sê ‘2017 is die jaar waarin grond gevat gaan word.’ Watter toekoms is daar met so’n man aanbewind?

al ·

my einste waarneming. Dalk help die omkoop van busse aanry, kospakkies en gratis t-hemde nie meer nie. Of dalk dink hul die voorvaders is kwaad en dat die voorval met die markiestent waarin zuma op 16 desember gepraat het, iets soortgelyk gaan gebeur? LOL

Helga.naude ·

Hulle kon veel eerder as om n partytjie te hou kos koop vir die massas. Nou gee hulle vir hulle koek…..

John ·

?.. en dit op Sondag… Tambo word nou voorgehou as SA se Castro en sy voorbeeld oorskadu skynbaar alle voorbeelde wat nagevolg behoort te word, maar Zuma reken op die seen van Bo? Dit wil lyk of Zuma tog gaan probeer om na 2019 aan te bly a la Mogabe. Waarheid en verdigsel vervloei wanneer Zuma aan die woord is… so betroubaar soos ‘n Ford Kuga…

pieter ·

Onthou hulle kry verniet Kentuchy so hulle sal stroom soontoe en die stadion volpak vir daai kos na die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.