ANC vies oor ‘verpolitisering’ van Wes-Kaapse imbizo

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die ANC verwerp die DA se uitlatings dat die president se imbizo wat Vrydag in die Kaapse Wynland-distrik beplan word ʼn “ooglopende poging van die ANC is om stemme in die provinsie te werf”.

Die ANC het die DA daarvan beskuldig dat hy die imbizo “uit desperaatheid” probeer verpolitiseer.

“Ons begryp die DA se paniek. Die party het tussenverkiesings in die Wes-Kaap verloor, maar om die imbizo as stok te gebruik omdat hulle stemme afneem, is laag,” sê Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC.

“Die ANC doen ʼn beroep op die opposisieparty om nie vir mense te lieg oor die presidenst se imbizo nie en waardering te hê dat Suid-Afrika ʼn eenheidstaat onder een president is. Die Wes-Kaap is slegs een van die nege provinsies in Suid-Afrika en nie ʼn onafhanklike instelling nie.”

Wendy Kaizer-Philander, die DA se hoofsweep in die Wes-Kaap, sê die mense van die Wes-Kaap sien deur die ANC se speletjies.

“Pres. Cyril Ramaphosa kan geen duidelike leierskap aan die land gee nie, maar gebruik staatshulpbronne om op verkiesingstoere te gaan – alles terwyl die land in duisternis sit,” het Kaizer-Philander gesê.

“In ʼn tyd wanneer die land se ekonomie ineenstort, wil gemeenskappe nie leë beloftes hê nie: hulle wil leiers hê met ʼn goeie geskiedenis van dienslewering, die nakoming van mandate en werklike verandering.

“Die DA lei nou al jare lank die Wes-Kaap, [die provinsie] met die laagste werkloosheidsyfer in die land en die hoogste geletterdheidsyfers. En met die provinsie op koers om die energiekrisis teen 2026 te beëindig en die moordsyfer teen 2029 te halveer, lyk die toekoms blink.”

Volgens Kaizer-Philander het die ANC in die Wes-Kaap nog nie sy provinsiale konferensie gehou nie – amper ʼn hele jaar laat. “Hulle is nie in staat om iets so eenvoudig soos dit [ʼn konferensie] te vermag nie, maar hoop nou om steun in die provinsie terug te kry.

“Pres. Ramaphosa is ongetwyfeld bewus hiervan en hoop om sy verskyning in die Wes-Kaap te gebruik om sy party se vooruitsigte ʼn hupstoot te gee terwyl die belastingbetaler sy reis- en sekuriteitskoste moet dra,” het Kaizer-Philander gesê.

Die DA het Ramaphosa Donderdag ook versoek om tydens die saamtrek die wysigings aan die Wet op Billike Indiensneming terug te trek.

Imbizo

Tydens die naweek se saamtrek vergader Ramaphosa met burgers, gemeenskapsorganisasies en sakeondernemings in die Kaapse Wynland-distrik. Die streek is ʼn belangrike sentrum van Suid-Afrika se landbousektor en uitvoer-ekonomie.

Die gebied sluit landbou-, nywerheid- en toerismebates rondom dorpe soos Stellenbosch, Paarl, Worcester, Tulbagh, Robertson en Montagu in.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, sê Rampahosa se besoek aan die streek sal in die Paarl plaasvind, setel van die Drakenstein-munisipaliteit.

“Gemeenskapslede en belangegroepe sal by die Dal Josaphat-atletiekstadion in die Paarl vrae aan die president en leiers uit die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsfere kan stel tydens ʼn ope sessie,” sê Magwenya.

Hierdie sessie sal volg op Ramaphosa se besoek aan die nabygeleë Vlakkeland-behuisingsprojek.

Tot dusver is R248 miljoen aan die projek bestee. Altesame 432 huise is voltooi en bouwerk aan nog 323 huise is onderweg. Meer as 180 plaaslike werkers is danksy die bouprojek in diens geneem.

Verskeie staatsdepartemente sal in dié tyd bykomende dienste lewer.

Ramaphosa sal by die stadion-bespreking vergesel word deur verskeie ministers, onder wie Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, asook die Wes-Kaapse premier, Alan Winde.

Die imbizo is die sesde sedert Ramaphosa verlede jaar in sy staatsrede onderneem het om met mense in alle provinsies te vergader.

Volgens Bhengu-Motsiri sal die imbizo die regering nader aan die mense bring as ʼn vorm van deelnemende demokrasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die wit boere daar sal aan Rampphosa se lippe loop hang.

Danie ·

Slegs die met bruin ringe om hul nekke.Regte boere sal hul nie meng met semels nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Glad nie. Hulle het dit voorheen gedoen en sal dit weer doen. Hou die spasie dop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Boere op die hoëveld het tot verse vir die pres. gegee.

Jacobus ·

Jy is duidelik daarop uit om reaksie uit te lok. Verander dan sommer jou skuilnaam ook.

Nozi ·

Ja-nee, hou ramaphosa en sy imbizo daaruit. Die Wes Kaap floreer tenminste, die anc gaan dit binne ‘n dag of 2 vernietig.

cobus ·

In plaas dat hulle die geld gebruik om die ekonomie te bou maak hulle dit vas in huise en om saam met die pelle te deel

Harry ·

My common sense tells me Ramaphosa should rather be visiting failing power stations, failing hospitals, failing schools and failing police stations. We all read the news and know what thee biggest problems in the country are, nothing happening in the Winelands would make my list of the 1000 biggest problems in SA. Honestly the worst ” leader” in South Africa’s history. I can’t believe this is the man that convinced the national party to give up power. How useless must Roelf Meyer feel right now.

Danie ·

I agree but you know very well they just have one thing burned into their focus that is the so called struggle.

Jacobus ·

They all score out of that. It make Ramaphosa the quikest bullionare in the world.

henndrik ·

Ek hoop daar word ook gepraat van die ANC se betrokkenheid by korrupsie en duidelike weerstand om iets daaraan te doen

JohanR ·

Hy kan daar op die podium begin met “the ANC is a corrupt party of thiefs, stealers and mafia”, but vote for us.

Jacobus ·

Hendrik hulle se hoop in jou een hand en spoeg in die ander hand dan kyk jy in watter hand het jy iets. Ons weet mos nou dit gaan oor om kosbare belasting geld uit te drink.

Henker ·

Nee mnr Prez, Weskaap is nie meer deel van jou sirkus 9 provinsies nie. Watch this space

domheks ·

Die paddas kook in die pot, amper heeltemal gaar. Net die bedoeling was andersom.

Danie ·

Die anc sal enige iets doen om die DA te onttroon selfs misdaad aan te moedig.

Jacobus ·

Dit is presies wat die ANC in die Weskaap doen. Die ANC het al self gese dat hulle die Weskaap ontregeerbaar wil maak.

Johann ·

Wonder wat kos RamaNocio en sy gevolg se op en af ry en bly om die ANC se stemvee te entertain?

Elizabeth ·

WIE glo nog die ANC? Hulle is so desperaat maar weet nie hoe om die skip om te draai? Julle tyd is verby ANC. Ramaphosa het geen idee wat om hom aangaan. Behalwe natuurlik wat hom voorgesê word. Sak Sarel. Jy is ñ loser.

Owlie ·

Natuurlik sal daar aan die warming van stemme gewerk word. Dis dalk tyd om te kyk na die aanmerking
“Vlakkeland-behuisingsprojek. Tot dusver is R248 miljoen aan die projek bestee. Altesame 432 huise is voltooi en bouwerk aan nog 323 huise is onderweg. Meer as 180 plaaslike werkers is danksy die bouprojek in diens geneem.” Hoe groot is hierdie huise en wat is daarin.
Dis tyd dat daar volledige publieke uiteensetting van alle uitgawes en projekte gegee word wat insluit hoe kistes bereken word en wie almal waarby betrokke is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.