ANC vir miljoene gedagvaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sakeman dagvaar die ANC vir R7,4 miljoen nadat die party glo nog nie ʼn markiestent en ander toebehore betaal het wat tydens sy Mangaung-konferensie in 2012 gebruik is nie, het The Star Woensdag berig.

David Naidoo beskuldig die ANC dat die party nie vir die transaksie betaal het wat destyds met M&M Marquee aangegaan is nie.

Die transaksie sluit die huur van tafels, stoele, rusbanke, lugverkoeling, klank, ʼn verhoog en BPP-toilette in.

The Star berig die ANC het ingestem om 50% van die rekening vooraf te betaal, 25% wanneer die meeste van die werk “voltooi, nagegaan en deur die ANC goedgekeur is”, en 25% op die dag wanneer alles voltooi is.

Naidoo het die hof genader om druk op die party te plaas, aangesien hulle nog nie die skuld vereffen het nie.

“Ek beweer dat die respondent, ten minste, kommersieel insolvent is aangesien hy nie in staat is om sy skuld te betaal nie,” voer hy in hofstukke aan.

Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, het die eis as ligsinnig verwerp. Hy het gesê daar was ʼn geskil oor wie die regmatige eienaar van die maatskappy was en dat Naidoo besig is om ʼn kans te vat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dewald matthysen ·

Dink hulle het meer drank uitgedrink as wat hulle die man skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.