‘ANC voer SA’ners met verdelende diskoers oor grondonteiening’

Argieffoto

Onlangse gebeure in die Vrystaat dien as bewys dat die beginsel van vrywillige koper en verkoper nie die rede vir mislukte grondhervorming is nie, sê Jan van Niekerk, die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat.

Van Niekerk het verwys na fondse wat volgens hom aangewend kon word om grond vir hervormingsprojekte aan te koop, maar verlore gegaan het “weens korrupsie en wanbestuur”. Volgens hom is baie van dié grond wat wel aangekoop is, nie aan nuwe eienaars oorgedra nie en dus tans onproduktief.

“Honderde miljoene rande is verlore as gevolg van mislukte regeringsprojekte soos die Vrede Suiwelprojek en die Gariep-vissery-aanleg,” het Van Niekerk na afloop van die openbare verhore met betrekking tot die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet gesê. Die verhore is die afgelope week in die Vrystaat gehou.

“Hierdie projekte en gepaardgaande onreëlmatighede dien as bewys dat die regering verantwoordelik is vir mislukte grondhervorming en nie Artikel 25 van die Grondwet nie. Die Vrystaat is die voedselmandjie van Suid-Afrika waar kommersiële landbouers voedsel vir die land se bevolking produseer en werk vir miljoene skep.”

Volgens hom is beide die ANC en die EFF nie in pas met Suid-Afrikaners se behoeftes nie en dwangvoer dié partye die land met ʼn “verdelende diskoers oor onteiening sonder vergoeding wat geen oplossings bied nie”.

“Die realiteit in die Vrystaat is dat die provinsie se werkloosheidsyfer jaar na jaar die hoogste in die land is weens die ANC se beheptheid om burgers so afhanklik as moontlik van die staat te maak. Die ANC-regering faal om ekonomiese groei in die Vrystaat en veral in landelike gebiede te bewerkstellig. Die rede hiervoor is juis populistiese beleid soos onteiening sonder vergoeding en swak dienslewering,” sê hy.

Van Niekerk sê alle Suid-Afrikaners loop die gevaar om hulle vryheid te verloor sonder die internasionaal-erkende reg tot eienaarskap wat alle bates insluit. Hy sê indien dié reg uit die Grondwet verwyder word, sal grond en eiendom aan niemand behoort nie en altyd in staatsbesit bly.

“Die ANC gebruik die beplande wysiging van Artikel 25 van die Grondwet as rookskerm om sy mislukkings van die afgelope 24 jaar weg te steek. Onlangse navorsing deur die Instituut vir Rasseverhouding toon alle Suid-Afrikaners ag die versnelling van grondhervorming laaste op die lys van behoeftes waarop die regering moet fokus.

“In die navorsing het Suid-Afrikaners werkskepping (eerste) en beter onderwys (tweede) as die belangrikste gebiede waarop die regering veronderstel is om te fokus, gelys.  Swart mense in die steekproef het ook grond as laagste prioriteit geag.”

Van Niekerk sê die regerende party en die EFF is nie besig om Suid-Afrikaners se belange op die hart te dra nie en blameer wit grondeienaars as die enigste oorsaak van die land se ongelykhede. Volgens hom kan leuens oor wit mense wat grond in Suid-Afrika gesteel het, met aktes en dokumente weerlê word.

“Boere, wat ná twee eeue net so deel is van Afrika, is nie die skuldiges nie; populistiese politici met goedkoop en onvolhoubare oplossings is wel. Indien artikel 25 van die Grondwet geskraap word, sal dit die eerste stap wees om Suid-Afrikaners se vryheid om verantwoordelikheid vir sy of haar eie lewe te neem en om sy of haar eie omstandighede te verbeter, weg te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Vanaand op Classic FM het ‘n vooraanstaande van die Amerikaanse Besigheidskamer reeds gepraat oor hierdie storie van grondgryp wat beslis nie belegging in hierdie land gaan aanhelp maar die teenoorgestelde van niebelegging tot gevolg het.
Allerhande ander wetverpligtinge gooi ook ‘n spanner in die works. Maar doet so voort, hou net noord . . .

humor ·

Hoe moedswillig , siendeblind moet n mens wees om dit nie te verstaan nie? Ongelooflik!!!!!!!!!!

Agie ·

Die wêreldbank ondersteun dan onteiening sonder vergoeding in Suid Afrika?

Joshua ·

Selfbeskikking die oplossing-al neem dit wat ook al, dit kan baie toekomstige pyn en lyding verhoed.

Tokkie ·

Ek lees koning Zwelenthini besit 2 miljoen hektaar grond en dat sy stamhoofde aanvoer die grond mag nie onteien word nie maar grond moet eerder van wit boere onteien word – gaan dit dan oor wit en swart ? Die regering besit net soveel ongebruikte grond – gaan dit ook aan die agtergebelewenes gegee word ?

Nikita ·

Zulu koning Goodwill Zwelithini besit 3 miljoen hektar land. Dit was aan hom/hulle gegee deur die apartheid se regering. Die Zulu koning se dat hy sy Zululand sal afstig van SA om n onafhanklike Zulustaat te he. Die Khoisan koning Cornelius die 2de wil ook afstig. Blankes, selfs liberales, wil die Wes Kaap as onafhanklike staat afstig. Reenboognasie…..bou die nasie? Ek glo nie.

Daan Erasmus ·

Om n volk te wees moet jy grondbesit he, m.a.w. n land met grense. Die NP van destyds het die Blanke uit sy houvas op ons land gebluf. Die ANC en EFF is besig om dieselfde te doen deur met n paar opruiers van verhoog tot verhoog te gaan. Hier is ook n blanke opkomende geslag wat nie deel is van die dwaashede van die verlede nie. Dis hulle wat sonder n toekoms gaan sit. Die opmars van grond sondervergoeding gaan nie gestuit word sonder optrede van die kant van die blankes nie. n Eenvoudige oplossing is dit: Elke persoon wat n lappie grond besit moet n brief aan die President van SA rig en skryf dat sy grond nie beskikbaar is sonder mark verwante vergoeding nie. Dit sluit alle mense van SA. in. (Indien beskikbaar vir verkoop.) Dan weet die regering minstens waar hy met die wat grond besit staan.
Boere groete

Jerry ·

Daar is eenvoudig net te veel rookskerms om tred te hou met alles en dit gaan nog net meer en meer waaghalsig en intimiderend raak. Die anargiste swoeg en sweet en blaas meer en meer rookskerms in die gesigte van die Afrikaner terwyl hulle wag dat die Afrikaner die fout maak om oor te gaan na geweldadige reaksie.

Belaglik ·

Geweldadige aksie klink vir my na die enigste oplossing vir ons probleme in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.