ANC volhard om Jhb-burgemeester te ontsetel

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Die ANC in Johannesburg het gesê hy sal voortgaan met pogings om van Herman Mashaba, die stad se burgemeester, ontslae te raak al het die party nie die vereiste getal raadslede om sy mosie van wantroue te ondersteun nie.

Die ANC het Woensdag aangedui die party gaan poog om nóg ʼn mosie van wantroue teen Mashaba en speaker Vasco da Gama in te stel.

In September het die party se poging misluk om die mosie met ʼn geheime stemming te laat geskied.

Mashaba, ʼn DA-raadslid, het in Augustus verlede jaar die stad se burgemeester geword nadat die DA ʼn koalisie-ooreenkoms met kleiner partye aangegaan het om die ANC-beheerde raad ná die munisipale verkiesings te onttroon.

Mashaba is sedertdien op ʼn missie om korrupsie en misdaad in die stad uit te wis. Hy het nie gehuiwer om bedenklike senior amptenare uit sleutelentiteite te verwyder of om sommige kontrakte wat deur die stad se vorige administrasie aangegaan is, te hersien nie.

Jolidee Matongo, woordvoerder van die ANC in Johannesburg, het gesê hulle kort net ʼn “eenvoudige meerderheid” om Mashaba van sy amp te onthef en het bygevoeg dat die party in gesprekke is met kleiner partye, waaronder die IVP, om hul mosie van wantroue te ondersteun.

Matongo het gesê die ANC gaan tydens Woensdag se raadsvergadering die mosie ter tafel lê sodat dit bespreek kan word, sodat daar Donderdag daaroor gestem kan word. Matongo het gesê as die ANC se mosie slaag, sal die voormalige burgemeester, Parks Tau, weer in die amp aangestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Dit alles aangesien die die meerderheid van die bevolking politiek beskou as die sekerste weg na rykdom.
Dis dalk ook waarom politiek so intensief bedryf word op tersiêre vlak met die verskillende “mustfall” veldtogte.

Leahim ·

Los daai Burgermeester uit hy het meer gedoen in n paar maande as wat die anc in twintig jaar nie kon doen.

Wonder maar net ·

Ek wil graag weet wat het Mnr Mashaba verkeerd gedoen sodat die Anc hom wil ontsetel

Dawie ·

Lyk my mosie van wantroue het nou die inding geword. Die kriminele wil weer beheer he hulle sakkies is seker leeg. Ek dink ek wil bietjie so mosie teen my baas instel en kyk wat gebeur.

Leonard ·

Ja nee die anc sien hy vat nie nonsens om korrupsie en goed uit te kry nie hou so aan Mashaba. Kort iemand soos jy om die anc uit te roei, wens net dit kan reg oor die land so gaan

Cor ·

Dit wil voorkom asof mnr Mashaba nou baie naby krap aan die koruptenaare se empire nou raak hulle benoud. Kersfees is om die draai en die fondse vir ingevoerde whiskey, kubaanse sigare en reise na Dubaai is nou koebaai.

Alida ·

Die ANC kelder als wat werk! Los hom uit en vervolg die ou met 783 aanklagtes teen hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.