ANC-voorsitter geskors oor Indiër-uitlatings

anc-logoDie ANC in KwaZulu-Natal het Saterdag sy takvoorsitter in Chatsworth, Durban geskors nadat ʼn herrie losgebars het oor uitlatings wat hy op Facebook gemaak het.

Visvin Reddy het glo op Facebook gesê dat Indiërs wat kla oor die ANC-regering moet terugkeer Indië toe. “Sy onlangse uitlatings op ʼn openbare platform is nie in lyn met die posisie van die organisasie nie,” het Sihle Zikalala, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, gesê.

Zikalala sê die ANC is gekant teen rassisme. “Ons verbind onsself nie aan enige sentimente wat poog om ons lede te verdeel op grond van ras, geslag, kleur of geloof nie. Die ANC is vir almal.” Zikalala sê daar sal binnekort met tugstappe teen Reddy begin word.

Reddy het glo op Facebook geskryf: “Aan julle anti-ANC-kommentators…wat tot 8 Mei…die ANC sal steeds die land regeer. Julle wat teem moet gaan…Gaan na Indië en dan sal jy sien watter goeie lewe ons hier het. Gaan voort met jou gemors en marginaliseer jouself verder. Moenie die ANC blameer nie, blameer jouself. Jy het nog nie demokrasie omhels nie. Slegs ‘n dwase Indiër in SA sal nie konstruktief betrokke raak by die meerderheid nie,” het Reddy glo op sy Facebook-blad geskryf.

Lees ook:
ANC veroordeel uitlatings oor Indiërs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.