ANC vra Gumede om ‘terug te tree’

Zandile Gumede (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede, word net meer as ʼn week nadat sy as lid van die provinsiale wetgewer in KwaZulu-Natal ingesweer is, gevra om terug te staan van die ANC.

Dít kom te midde van groot druk uit verskeie oorde op die ANC om op te tree teen korrupsie.

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, het Vrydag gedurende ʼn mediakonferensie gesê die regerende party het ook gevra dat Mike Mabuyakhulu, provinsiale onderleier van die ANC, terugstaan. Mabuyakhulu word nes Gumede van korrupsie aangekla.

Sihle Zikalala, die KwaZulu-Natalse premier, het tydens die mediakonferensie gesê dit is nie die ANC se voorneme om uitspraak te lewer oor Mabuyakhulu en Gumede of hul regte te ondermyn nie, maar dat die integriteit van die party in aanmerking geneem moet word.

Mabuyakhulu en Gumede sal nou voor die regerende party se provinsiale integriteitskommissie verskyn. Die kommissie se besluit sal dan na die ANC se provinsiale uitvoerende komitee verwys word, waar ’n besluit oor hul toekoms geneem sal word.

Gumede ontvang tot dan steeds haar volle salaris.

Die regerende party vergader die naweek met die provinsiale integriteitskommissie waartydens aantygings van korrupsie binne die ANC en die toestaan van tenders aan familielede van hooggeplaastes na verwagting bespreek sal word. Die vergadering duur tot Sondag.

Maroela Media het vroeër berig verskeie organisasies en opposisiepartye het hul misnoeë teenoor die ANC uitgespreek nadat Gumede as lid van die provinsiale wetgewer ingesweer is.

Daar is aangevoer dat Gumede beloon word vir swak prestasie nadat sy verlede jaar aangekla is vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery wat verband hou met ʼn R389 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.

Gumede is tans uit op borgtog van R50 000 en is in Augustus verlede jaar deur die ANC op spesiale verlof geplaas. Sy het egter ʼn raadslid gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sarel ·

Integriteit by die ANC. Wat is dit dakk iets soos KFC wst mens kan eet

Sarel ·

M.A.W. betaalde vakansie op belasting betaler onkoste om net later weer in pos herstel te word

Niklaas ·

Geen strawwe? Kry vet salaris. Hoef nie te werk. Lê by die huis, doen inkope, reel partytjies…. Daar is min lande ter wereld met soortgelyke paradys situasies vir sommige, soos hier plaaslik. So lekker. Droomtye.

Pieter ·

Dit is darm lekker om ons belasting geld so te mors. As ons blankes skrik moet ons tog net wakker skrik wonder net wanneer gaan dit wees.

Yvonne ·

Wie het haar aangestel….die persoon of persone moet aan die pen ry……verbeel jou nou deel sy lekker aan n inkomste sonder om dit te verdien….geen maar geen logika nie…Des van Rooyen as voorbeeld…belaglik verby

annie ·

Is die volle salaris die nuwe pos s’n? Dalk moet ons tog herindustrialiseer en dadelik die tv verbied; dis te ver voor in die verskied en eerder ‘n radio ontwerp, dis nou sodra die ventilatorprojek voltooi is. Om so baie ANC-kaders te moet aanskou is darem rèrig ‘n straf en ‘n vermoeienis van die vlees.

Strandloper ·

Goed opgesom. Ek dink tog jou vewagtinge is te hoog om te wil sinspeel n kader kan die eenvoudige tegnologie bemeester om n radio te ontwerp. Ek moet egter toegee hul het die kuns van vuurmaak in alle opsigte oortref.

SomeOne ·

“anc wanneer gaan julle leer dat wanneer ‘n persoon op spesiale velof geplaas word tydens die inperking periode , moet die salaris ook ingeperk word, anders is dit nie meer ‘n inperking nie”

Jr ·

Opposisie partye – kla Cyril direk aan in n hof vir fraud en corruption want hierdie is duidelik nie wettig nie. Gerrie Nel vat hulle aan.

Jr ·

Merk my woorde – die ” committee” gaan haar vryspreek. This is corrupt SA

Hendrik ·

Verkeerd!! Verkeerd!! Hoe kan sy ‘n salaris trek as sy nie werk nie agv korrupsie??

Persheks Adri ·

Ons word gesê ons regte is die en daai nou hoe nou? Bang vir iemand huh en waar’s jou masker?

Hulle mors ons geld! Die borg regverdig ook nie die bedrag van die korrupsie nie. Lekker nuwe SA net ‘n gemors.

Kokerboom ·

Ek het nie woorde om die absolute arrogansie van die ANC regime te beskryf!!! Wat het ons gedoen om die gemors te verdien???

Logies ·

Die ANC ondersoek die ANC, en die uitkoms is….wat nou weer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.