ANC vra parlement om Malema-uitsprake te ondersoek

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die ANC-hoofsweep het Dinsdag gesê die party sal die parlement se etiekkomitee versoek om EFF-leier Julius Malema se uitspraak dat “die regering verwyder sal word” te ondersoek en die nodige stappe te doen.

Die ANC-hoofsweep se kantoor het in ʼn verklaring gesê hy veroordeel die uitsprake wat Malema in ʼn onderhoud met Al Jazeera gemaak het ten sterkste. Malema het glo in die onderhoud geweld aangehits en gedreig dat die demokraties verkose regering “deur die loop van ʼn geweer” omvergewerp sal word indien die ANC aanhou om gewelddadig te reageer op vreedsame betogings.

Volgens die ANC is Malema se uitsprake “onverantwoordelik, gevaarlik en ’n aanduiding van ʼn onvolwasse politikus wat geen begrip het vir die gevolge van openbare gedrag nie”.

“Malema se afgelope uitsprake en talle ander twyfelagtige gedrag, sowel binne as buite die parlement, toon net duidelik hoe hy geen agting vir die Grondwet het of die eed wat hy afgelê het toe hy ʼn lid van die parlement geword het nie,” het die regerende party gesê.

Malema het glo ook in die onderhoud gesê deel van die “rewolusionêre plig” is om te baklei. “Ons is nie skaam om wanneer nodig wapens op te neem en te baklei nie. Ons sal baklei. Hierdie regime moet vreedsaam reageer op ons eise en grondwetlik optree.”

Volgens die ANC is dreigemente om die regering omver te werp ʼn ernstige gevaar vir die Grondwet en die mense van die land. “Suid-Afrikaners kan nie bekostig om Malema se dreigemente ligtelik op te neem nie, gegewe die land se tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies,” het die party gesê.

“Die ANC, saam met die mense van Suid-Afrika, het hard gewerk om ʼn vreedsame en demokratiese politieke oorgang te bewerkstellig en mense wat ondeurdagte uitlatings in die openbaar maak en ons vrede en grondwetlike demokrasie bedreig, moet vermy en geïsoleer word. Suid-Afrikaners moet versigtig wees vir opswepers wat die Grondwet een dag voorstaan, maar die volgende dag ʼn gewelddadige en ongrondwetlike regime-verandering aanhits.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Theresa B ·

En wat van die feit dat hy ook gesê het dat alle wittes die vyand is…..?? Ek vra maar net.

Siestog ·

Hoekom is hy nie gearresteer soos die man van Bronkhorstspruit nie? O ja, ai hoe kan ek so dom wees, dit is net die wittes wat rassiste en moordenaars is!

Johann ·

So dis verkiesings tyd. En almal wat n skoothond groot te maak het, se en doen goed wat almal se skoothondjies se kuite kielie. Genoeg kuit-kielie-kommentaar om almal se skoothondjies ordentlik te laat tanne optrek en knor.Wat opvallend is , is dat die anders beswaarlik logiese ANC hulle rasegte skoothondjie grootmaak met aanhalings en verwysings na die grondwet en eed en verandwoordelikheid; soos en wanneer ander skoothonjie hanteerders hul eie dierbare diertjies wil kos gee met dreigemente? So bv knor en blaf my Afrikaanse en wit poedeltjie onophoudelik as hy hoor sy SPORT treat word weerhou van hom omdat hy Bleach-Wit teelagtergrond het. Jip: blaf en knor en liplig…TOTDAT die eeeste agteraf happe n merk los! En ek praat nie van die tipe merk wat skoothondjies maak om hul speel en slaap en afwys plek te merk nie. ANC…julle het laaaaankal die bandjie om julle eens gunsteling skoothondjie afgehaal en hom weggejaag. Nous hy groot met slagtande en n blaf van sy eie…sê maar net. Om nie te praat van n paar Boerboele wat se geite naby op gegeit is. Se maar net…

christene ·

Daar sal dadels van kom alhoewel hierdie ‘n ernstige saak is.

Tiger ·

Ek weet nie wat neuk die parlement om sy uitlatings “te ondersoek” nie.Hy het hoogverrad gepleeg en hoort daarvoor agter tralies .Punt.Laat ‘n blanke nou sulke uitlatings in die openbaar maak dan sien ons hoe vinnig slaan ‘n trop Valke op hom toe en sluit hom toe!Nee wat Malematjie sal gevra word om dit nie weer te doen nie dis al!

neelsie ·

Laat die outjies mekaar uitsorteer……….dan kan ons aangaan met ons lewe.
Die blatante houding van Malema is deur die Anc gekweek…..so, moenie nou kla nie.

Jan maak n Plan ·

Ek sal dit nogal hoog op prys stel as die regering doen wat ou Julsie se en begin om – hoe het hy gese, om grondwetlik op te tree. Hulle kan sommer begin om hom op te sluit vir hoog verraad en hom sodoende uit die samelewing permanent uitneem – n lekker eenkant koue sel sal hom goed doen – dalk kan hy verder leer.

Hennie ·

Malema het egter nie die vermoë om te onderskei dat daar nie so ding bestaan soos “vreedsame betogings” nie. Die ANC en die EFF kon dit nog nooit doen nie, elke betoging het nog net in geweld geeindig. Lyk my die man verwar ‘n geskreeu en alles aan die brand steek met “vreedsaam”. Wat hy nie weet nie, is dat sy einde sal wees soos hy gelewe het nie, dis ou en beproefde Bybelse beginsels.

Rynhardt ·

Maandag op SABC3 het hy gedreig om wapen op te neem teen Anc! Hy het ook beklemtoon dat hul ongeduldig raak en beslis nie bang is vir Anc nie! Die Anc se uitlatings teenoor Malema is woorde van vertroeteling, want was dit n blanke dan was die hele weermag daar om hom op te sluit! Daardie blanke sal dan ook op voorblaaie van afrikaanse -en engelse koerante kom! Malema was nooit opgesluit vir belastingontduiking nie, ook nie vir geldwassery en rampokkery nie! Wat is die kans dat hy vervolg gaan word? Malema raak ongeduldig met sy meesters; die Anc en SAKP! Hy ruik mag en wil n bloedbad he.In die nabye toekoms gaan Anc en EFF mekaar takel terwyl die Afrikaner/Boervolk in die middel van chaos vaagevang gaan wees.Uit die chaos gaan jou liberale probeer om n onwettige regering aanbewind te bring.Jou liberale DA, streef na n liberale regering met engels as die enigste taal.Afrikaner/Boervolk jy vorm nie deel van hul beplanning nie.Dit is hoe ek die politieke landskap sien, gaan ontwikkel! Onthou, DA en EFF is albei Anc faksies!Malema gaan nie van sy bloedvergietingsveldtog afsien nie, hy het dit duidelik gemaak en is op n missie!!

EMK ·

Wat my verstom is dat hy so openlik gesê het (en die joernalis van Al Jazeera het hom weer gevra of hy reg gehoor het, nl dat hulle die EFF, wapens sal opneem) wat hulle gaan doen. Nou, baie vinnig sou daar ondersoeke na ‘n wapenopslag gedoen gewees het sou ‘n witman so uitlating maak. Volgens hom is hulle doodernstig, so êrens moet daar mos ‘n EFF arsenaal van wapens wees!

Willie ·

Kyk maar na al die plaas aanvalle, en huis roof/moored, WAPENS word gesteel…. waar anders sal die klomp dit kry… dis n strategie…..

Willie ·

By plaas en huis moorde word WAPENS gesteel, Strategies het hulle wapens….

Anoniem ·

Of Malema dit nou gese het of nie..Dis wat ons voorland is…En ek en jy sit in die middel van alles. Of word gemoor elke dag….kyk gerus die getalle van hoeveel moorde daar is per dag..media se nie alles….gaan kyk gerus op ‘Stop White Genocide in South Africa” daar praat hul net van blankes maar hoeveel ander kleuriges word ook gemoor ..Ons weet nie alles….Hierdie moordenaars kom weg daarmee..Ons tronke is vol van hulle. Ons regering laat dit toe. Hul hou hul blind vir die daaglikse moorde en verkragtings, roof, pedofiele….Inteendeel met die houding gee hul hul toestemming om te doen wat hul doen. Niks gaan hieraan gedoen word soloank hul die land regeer nie…Op die einde van die dag word ons uitgemoor een by een maak nie saak watter kleur jy is….Doodstraf gaan nie ingestel word solank die huidige regering daar is nie. Al die dinge wat gebeur het die laaste tyd, Nkandla saak, die Guptas saak, die wapentransaksie….niks het daarvan gekom en gaan ook nie….

Theresa ·

Ons almal wag dat hy op dieselfde manier vasgevat word as wat die paar witmense wat iets weird te sê gehad het wat ras kon impliseer. In elk geval dit gaan baie baie moeilik wees om te praat asof almal dieselfde ras is. Ons verskil almal. Dit gaan wel van jouself afhang of jy uitgeken sal word as ‘n ordentlike landsburger of ‘n swaap.

Riette ·

Dit is ‘n speletjie. Agteraf is hulle boetie boetie. Voor jaag die stout boetie nonsens aan om die ander boetie goed te laat lyk. Hulle werk saam.

Jef ·

Die ANC en EFF is beslis gevaarlike partye, laat hulle dit maar onderling uitsorteer maar ongeag wie die oorwinning sal opstryk die feit bly staan dat hulle al twee ons blankes weg wil he.

Pieter ·

Malema, die laaste keer wat die regering met opstokers in n wedstryd betrokke was, het die staat 34-0 gewen. “You might get what you wish for, and stand at the business end of a smoking gun”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.