ANC vra publiek se insette oor seksuele teistering-beleid

Argieffoto

Die ANC het Sondag lede van die publiek genooi om kommentaar te lewer op ʼn nuwe interne seksuele teistering-beleid vir al sy werknemers.

Volgens ʼn verklaring deur die party uitgereik, “het die ANC ʼn proses begin om ʼn seksuele teistering-beleid vir al sy werknemers reg oor die land te finaliseer en te implementeer”.

Die beleid volg ná ʼn interne proses waarin ʼn werknemer ʼn klag van seksuele teistering teen haar toesighouer gelê het. Die uitkoms van die proses was onder meer ʼn bevel wat stipuleer dat die ANC ʼn interne beleid oor seksuele teistering binne 90 dae van die beslissing moet ontwikkel en implementeer, lui die verklaring.

“Tot op datum het ons ʼn konsepbeleid opgetrek en besprekings en konsultasies met personeel op nasionale en provinsiale vlakke het reeds begin. Ons sal ook met die ANC-vroueliga en die ANC-geslagskommissie konsulteer en ons sal ʼn adviespaneel opstel om meer insette te lewer,” het Dakota Legoete, waarnemende nasionale woordvoerder van die party, gesê.

Volgens die verklaring beplan die ANC om die insette van die kommissie vir geslagsgelykheid te kry vir die beleid voor dit aan die party se nasionale werkskomitee (NWK) en die nasionale uitvoerende komitee (NUK) voorgelê sal word vir implementering teen einde Maart.

“Hierdie benadering is gegrond op die erkenning van die wyse waarop die ANC, as die leiers van die samelewing en die regerende party, seksuele teistering in sy interne omgewing hanteer en is in die publieke belang,” lui die verklaring.

“Daarom nooi ons lede van die publiek om kommentaar te lewer op die party se konsepbeleid. Kommentaar moet ingedien word teen 15 Maart 2019. Die konsepbeleid sal beskikbaar wees om afgelaai te word op die ANC se digitale platforms,” het Legoete gesê.

Die seksuele teistering-beleid volg kort nadat die party se woordvoerders Zizi Kodwa en Pule Mabe vrywillig bedank het ná bewerings van onbehoorlike gedrag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vrou beweer dat Kodwa, toe nog waarnemende ANC-woordvoerder en hoof van die presidensie in die ANC, haar verkrag het. Sy beweer ook dat Kodwa ʼn vrou seksueel aangerand en twee vroue bedwelm het. Kodwa het die bewerings teen hom ontken en voer aan die beskuldigings word bloot gemaak vir politieke gewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persona non grata ·

Ag julle steur julle in elk geval NIE aan wat die PUBLIEK se nie, veral nie as jy wit is nie. AS jy nie ANC of EFF stem of ‘n parlementslid is nie ignoreer julle in elk geval die publiek so FOETER MAAR SO AAN, kulture verskil en wat vir ons dalk verkragting is is vir julle flirt of liefde of iets .. so ploeter maar gerus voort . WAT ek se of doen gaan NIKS aan julle beleid doen nie. Al wat ek weet as jy WIT IS IS JY SKULDIG nog voordat jy verhoor is al lieg die getuie.

Anoniem ·

Stem saam met jou !!!.te veel mense kom weg daarmee of n gebrek aan getuies .

Wie weet ·

Ingewikeld Die top speurders werk nie meer vir die poliesie nie hoeveel bewystukke is mis gekyk en virklarings verkeerd gevat Hulle het al n jaar gehad om die saak te ondersoek en nou is dit ingewikkeld Dis deur swak ondersoek werk wat skuldige mense vry gespreek word wat gaan hulle nou in die volgende ses maande uitvind En die famielie moet deur hierdie hel gaan nee wat geen wonder die crime is so hoog nie daar word niks omtrent dit gedoen nie

Gert van Wierdapark ·

Kan nie hul eie gemors met die teistering opruim nie, nou soek hul kundige insette. Steek Kersop by al die wat deel by die Krip. Pasop net vir die makkers wat die kat in die donker knyp as “Eishkom” later vandag (dalkies) weer die land be-nag! Los hul bydrae maar buite! STERKTE met die opstel van die beleid – jul het dit nodig!

brand die kers darem langer en hul kan sien wanneer “Eiskom weer

Chris du preez ·

Hoe kan die ANC na honderd jaar nog nie n ordentlike beleid teen seksuele teistering hê nie. Omdat dit dalk deel van hulle kultuur is ??. Ek vra net .

Monica Grobbelaar ·

Ek voel daar moet op gehou word om skuldiges te beskerm vir hul Dade. Straf hulle deur hulle pertinent af te dank en nooit weer aan te stel nie en n tydperk tronkstraf uit te Dien. Want die slag offer se lewe is op gemors.

jakes ·

Asseblief, daar is geen verskil tussen seksuele teistering en kultuurpraktyke in die ANC nie. Mans in die ANC probeer verskoning soek vir hul vieslike gedrag as dit by vrouens kom en maak nie saak watter riglyne neergele word nie, hulle sal soos in die laaste eeue maar net voortgaan.

Eléne ·

Dit is tydmors! Die ANC steur hulle nie aan ons insettinge nie! Kyk hoe het dit gegaan met sogenaamde insettinge en sogenaamde vergaderings wat gehou was oor omteiening, hulle het hul nie daaraan gesteur en dit een kant toe gegooi. Ons geld is egter goed genoeg. So sorteer jul eie strooi uit!!!!’

Snowball ·

Nog ‘n poging van dié korrupte klomp om ‘n ruïne se vensters te poets. Waar, o waar was die ANC en sy leiers al ooit leiers in die samelewing?
Ek wonder hoeveel uitbuiting van vroue is werklik aan die orde van die dag in die binnekringe?
Seker bang nog smet styg na die oppervlak. Straks is daar nuwe gevalle wat dreig om meer te word as net ‘n gefluister in die gange en hulle kan sekerlik nie nog smerige verotting wat uitlek bekostig voor 8 Mei nie, nou maak hulle weer beleide en betrek kamtig die publiek. Tipies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.