ANC-vroueliga ontstoke oor opgeskorte vonnis ná verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC-vroueliga het Vrydag die Nasionale Vervolgingsgesag versoek om appèl aan te teken teen die vonnis van ʼn beampte van die SAID wat skuldig bevind is aan verkragting.

Dalton Zulu Nyambi (50), ʼn senior inspekteur by die grenspos in Mpumalanga, het skuldig gepleit op aanklag dat hy op 10 September 2013 ʼn 13-jarige verkrag het terwyl hy onder die invloed van alkohol was. Hy is Woensdag in die Boschfontein-streekshof tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is. Klik hier om meer te lees.

“Indien hy dus vir die volgende vyf jaar geen misdade pleeg nie, sal hy geen tronkstraf uitdien nie,” het die vroueliga in ʼn verklaring gesê.

Angie Motshekga, president van die vroueliga, het Vrydag gesê geregtigheid het nie geseëvier nie. “ʼn Ouer man het ʼn jong meisie gemanipuleer, haar onwettig alkohol gegee en toe misbruik gemaak van die situasie. Volgens ons wet is dit ʼn verkragting en die perverse ou man moet tronk toe gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pietsnot ·

Een keer in my lewe stem ek hartlik met die Vroueliga saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.