ANC Vroueliga: Oscar-uitspraak ‘gee hoop aan SA vroue’

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Die ANC Vroueliga, wat sedert Reeva Steenkamp se dood haar ma, June, ondersteun het, het die appèlhof se uitspraak dat Oscar Pistorius skuldig is aan moord verwelkom.

Die voormalige Paralimpiese atleet het in 2013 op Valentynsdag sy meisie, Steenkamp, in die badkamer van sy huis doodgeskiet. Hy beweer dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het. Die appèlhof het Donderdag Pistorius se vorige skuldigbevinding aan strafbare manslag tersyde gestel en hom aan moord skuldig bevind. Hy is tans op korrektiewe toesig vrygelaat.

Die ANC Vroueliga (ANCVL) het laat Donderdagaand gesê hulle verwelkom en loof die besluit van die appèlhof om Pistorius aan moord skuldig te bevind, “gegewe die hoë voorkoms van huishoudelike geweld in die land”. Die liga het gesê die uitspraak sal hoop bied aan talle Suid-Afrikaanse vroue wat slagoffers van huishoudelike geweld is.

“Die uitspraak kon nie op ʼn beter tyd gekom het as die herdenking van die veldtog van 16 dae van geen geweld teen vroue en kinders nie. Ons vertrou dat ʼn gepaste vonnis nou deur die howe opgelê sal word, gegewe dat mnr. Pistorius skuldig is aan moord,” het Bathabile Dlamini, ANCVL-president, gesê.

“Ons moedig alle vroue aan om enige vorm van mishandeling aan te meld, want ons het nou gesien dat ons ʼn werkende regstelsel het. Ons wil ook die staat se regspan loof vir hierdie saak en dat hulle vasbeslote gebly het in hul toewyding om alle vorme van geweld teen vroue te beveg,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

charmaine ·

Hoekom gaan dans hulle nie voor die huis waar die pa sy 2 kinders en vrou geskiet het nie? O ek vergeet, die pa is nie beroemd en berig nie!

Dirk ·

Dis beslis die rede daai. Die enigste rede wat die regsproses so deeglik en glad verloop het is omdat dié saak op CNN en ander uitgesaai is en ‘n direkte weerspiëling van SA sê regs sisteem is. Wat van die vrou wat so 3 maande terug dood is toe sy aan die brand gesteek is. Haar moordenares is op R1,000 borg vrygelaat. Raai wie daag toe nooit op nie? Soos mis voor die son verdwyn. Ek wens SA se reg sisteem het so goed gewerk vir die alledaagse persoon wie geen roem het nie. Mense moet nie geflous word deur die saak nie. Oscar is van ‘n voorbeeld gemaak om SA in ‘n beter lig te plaas vir die buiteland. As ons reg sisteem gewerk het, sou sekere presidente nie president gewees het nie en mediese parool vir werklike siek mense toegestaan word.

Martin ·

Watse hoop is dit. Hoeveel honderde duisende kom weg met dit. Ons is bly oor die uitslag, maar dit gaan nie veel help nie. Ons het iets meer daadwerklik nodig.

Pieter ·

Ek stem saam, Charmaine. Daarteenoor het Oscar se saak het NIKS met GESINSGEWELD te doen nie. Die bewese feite en omstandigheidsgetuienis dui op die teendeel, soos bevind deur die Hooggeregshof en die Appélhof, en toegegee deur die vervolgingsgesag. Daar is nie bevind dat hy vir Reeva wou doodmaak of leed aandoen nie – hy is aan moord skuldig bevind omdat hy geskiet het sonder om vooraf redelike stappe te neem om te bepaal of ‘n aanval of gevaar op hulle wel dreigend was. Selfs die Appélregter het die bewese omstandighede beskryf as soortgelyk aan ‘n “Shakespearien tragedy” – en dis wat dit was: ‘n ongelooflike tragedie… Oscar het ‘n lelike oordeelsfout begaan en dra die gevolge daarvan – ook lewenslange selfverwyt. Die ANC Vroueliga (wat nog deurentyd net oppertunistiese en sensasionele blootstelling soek) ruk die feite totaal uit verband en het veral op hierdie stadium GEEN belang by die saak nie. Hulle steur hulle nie aan wat die howe bevind nie (ongelukkig doen baie lede van die publiek dieselfde met ongevraagde snedige opmerkings, ondanks deeglike toeligting van die regsprosesse deur regskundiges op radio en TV). Daarom doen bespiegelings, wat nie op korrekte feite berus nie, meer skade as enigiets anders, soos ons almal deur die loop van hierdie saak gesien het. Ek vertrou dat ons publiek wel heelwat positief uit hierdie saak geleer het – ook hoe om self op te tree en hoe nie.

Henri ·

Ja net soos die anc vroueliga is toe zuma terug staan vir verkragting skaar hulle hulle by hom waar was hulle prioriteite toe. Dans ook net waneer dit hulle pas.

Dee ·

Presies Henri! Met jou toestemming forward ek jou kommentaar na Bathabile Dlamini.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.