ANC-Vroueliga staan by Dlamini-Zuma

Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), by die ANC-verkiesingskonferensie (17 Desember 2017). Foto: ANA

Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), was Sondag steeds oortuig dat hul voorkeurkandidaat die stryd om die presidentskap van die party sal wen ondanks die verlies aan stemme in sleutelondersteuningsgebiede.

Die ANCVL steun dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ʼn lid van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK), om die leisels by pres. Jacob Zuma oor te neem wanneer die party na verwagting vandag sal stem vir sy nuwe president tydens die 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg.

Dlamini-Zuma se veldtog en haar presidensiële aspirasies is egter ʼn slag toegedien toe die ANC NUK Saterdag besluit het dat afgevaardigdes van ANC-strukture in KwaZulu-Natal, Noordwes en die Vrystaat wat nietig verklaar is, nie aan die stemproses mag deelneem nie.

Die drie provinsies is as sterk ondersteuners vir Dlamini-Zuma gesien, maar afgevaardigdes van die betrokke strukture sal nie mag stem nie nadat die hof bevind het daar was onreëlmatighede by van die takke se samestelling.

Afgevaardigdes by die ANC se 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg (17 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Daar is sewe kandidate wat meeding om die posisie as nuwe ANC-president, insluitend Dlamini-Zuma, Cyril Ramaphosa, Jeff Radebe, Zweli Mkhize, Lindiwe Sisulu, Matthews Phosa en Baleka Mbete, wat sedertdien haar steun aan Ramaphosa toegesê het.

Dlamini het Sondagmiddag tydens die konferensie aan lede van die media gesê die ANCVL is trots om ʼn veldtog te steun vir die insluiting van ʼn vrou in die party se topstruktuur. “Eerstens het ons vir die eerste keer drie vroue gehad wat benoem is vir die posisie van president. Tweedens, Suid-Afrika is ʼn patriargale land wat spruit uit die kern van die samelewing wat die gesin is. Ons begrip en ons ontwikkeling oor kwessies van geslags- en magsverhoudinge verskil,” het sy gesê.

“Daarom sal ons mense se hande moet vat en hulle moet dwing om hul kandidate te benoem. Waarop ons trots is, is dat ons ʼn stappie verder gevorder het. Ons het nie handdoek ingegooi soos ons in Noordwes gedoen het toe Mama Winnie [Madikizela-Mandela] benoem was nie en ons druk deur met ons kandidaat. Ons is ook bly dat ʼn vrou benoem is vir die pos van president sowel as vir die pos van adjunkpresident.”

Dlamini het gesê dit was ʼn plesier om saam met Zuma in die organisasie te dien omdat hy nie ʼn wraakgierige persoon is nie, maar ʼn man wat alledaagse mense se probleme verstaan. “Hy was oop en het almal aanvaar en nie kwaad geraak wanneer mense hom nie wou aanvaar nie. Hy het ook ʼn goeie begrip van landelike kwessies en die werkersklas se probleme,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Ek het gelees wat daar staan vertel ons nou die waarheid die kiessers is nie idiote nie
Almal weet ANC is ver ver verwyder van die waarheid

JA NEE ·

Sy si die een wat op News24 gesê het dat ons “State capture” moet vergewe soos hulle “Apartheid” vergewe het

John ·

Dlamini is glo dr Zuma se suster en Zuma dus haar swaer. G’n wonder sy het gedoen wat sy wil nie en bewaar ons as sus president word…

Hansie slim ·

Dit gaan vir hulle nie oor die vaardigheid nie maar oor geslag… maak nie saak hoe swak nie.

humor ·

Callie IK toetse is nie nodig nie. Die emosie oorweldig tog so maklik die vacuum en dan is dit onmoontlik om uit daai groef te kom.

Callie ·

Humor jy is in n mate reg. Self het n vakuum partykeer meer .

Simon ·

Weer die drank bygekom klink dit my. Sy’t basies erken dat State Capture well 100% waar is. Ek persoonlik sal nie soos Bouwer maak en jammer se oor iets wat niks met my te doen het, of jammer is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.