ANC-vroueliga veroordeel boude-betoging

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC-vroueliga het Woensdag gesê die liga is “erg geskok” oor die optrede van vroue wat vandeesweek hul boude ontbloot het tydens ʼn betoging by die ANC se streekkantoor in Pretoria.

ʼn Groep van 16 vroue, wat deel is van die ANC, het Maandag bymekaargekom en betoog teen die uitkoms van ʼn partyvergadering wat Sondag by ʼn laerskool in Hammanskraal gehou is. Die vroue beweer ʼn groep uitsmyters, wat glo met pangas en vuurwapens gewapen was, het in die vergadering ingestorm en hulle gewelddadig verhoed om ʼn nuwe takkomitee vir die gebied te verkies.

Die vroueliga het egter gesê die betoging is in swak smaak en vertoon die morele verval wat spruit uit neigings soos faksievorming binne die ANC.

“Die rede vir die betoging kan nie sulke gedrag regverdig nie,” het Meokgo Matuba, die liga se sekretarisgeneraal, in ʼn sterkbewoorde verklaring gesê.

“Deur hul optrede probeer hulle om die ANC en sy prosesse te ondermyn. Die prosesse is daargestel om interne geskille op te los. Daar is geen individuele lede wat bó die organisasie verhewe is nie en almal moet die nodige kanale volg om ʼn dispuut op te los.”

Matuba het gesê die liga is teleurgesteld in die vroue se optrede en gesê dit is “anti-ANC”. “Lede van die ANC moet dissipline hê en die samelewing lei en nie onetiese dade van onsedelike blootstelling inisieer nie,” het Matuba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

GES ·

Die ANC is ‘n party vir radikales en ekstremiste. Op morele gebied het hulle ook maar goed agteruitgeboer. Dit is duidelik te bespeur as na die waarde van ons geld eenheid gekyk word. Ons leef voorwaar in ‘n piesangrepubliek.

Pieter.v ·

Dit is wat lede van die anc vir die wereld wys wat hulle van die anc dink.

Annie ·

Jy mag jou boude wys maar jy mag nie jou mond oopmaak nie – kan julle julle voorstel as ons almal begin om dit te doen. Wel Maroela kan dan dalk ‘n boud kompetisie begin.

Nic Grobler ·

As ons dit sou doen was dit nie oneties of iets dergeliks nie, maar rassisties!

Penellope Jones ·

Liewe ouers. het hulle nou totaal alle respek verloor???

Yvonne ·

Hoe lekker lag ek nou vir die kommin…taar! Lag net nie so lekker vir die kommin…gedrag nie. Ai.

Marie ·

Daar is geen disipline, geen waardes, geen mense regte, en om elke hoek en draai word alles op rassisme en apartheid geblameer. Werklik? As jy swak is soek jy die maklikste verskoning vir jou eie foute.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.