ANC-vroueliga veroordeel geweld teen vroue deur Uber-bestuurders

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC-vroueliga het Saterdag sommige Uber-bestuurders se gewelddadige optrede teen vroulike passasiers veroordeel en gesê die organisasie beplan om ondersoek in te stel oor die geldigheid van Uber-bedrywighede.

“Ons neem kennis van vroue wat deur Uber-bestuurders aangerand is,” het Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga, gesê. “Sake wat teen Uber-bestuurders by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak is, sluit ontvoering, roof en seksuele aanranding in.”

Sy maan alle Suid-Afrikaners om saam te werk om teen die gewelddadige optrede van die Uber-bestuurders op te tree.

“Geweld raak almal en alles moet gedoen word om gewelddadige optrede, teen veral vroue, te bekamp. Ons doen ʼn beroep op vroue om bedag te wees wanneer hulle van hierdie diens gebruik maak. Die ANC-vroueliga sal met die minister van vervoer vergader om Uber en die geldigheid van sy bedrywighede in Suid-Afrika ernstig te ondersoek. Die ANC-vroueliga sal die polisie-ondersoek en die regsprosesse van alle sake teen Uber-bestuurders monitor,” het Matuba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Sjoe! Is dit die waarheid of ‘n verskuilde agenda om van Uber ontslae te raak?

Ystervark ·

Ek en my vrou gebruik Uber minstens 8 keer per week en nog nooit was daar enige probleem nie! Die ANC soek net ‘n uitlaatklep vir hulle drukpot wat besig is om te warm te raak. Hulle dae is gestel en hulle weet dit.

J ·

Die ANC besit seker taxis en Uber is seker besig om van hulle besigheid te kry. Ek ry eerder met Uber as in n taxi met n onverskillige bestuurder en daai doef doef musiek.

Rapes ·

Daars ‘n gesegde wat sê “As jy kan lieg kan jy ook steel”.

Ashlee ·

As jy n mening kan plaas, is daar mos nog n knoppie om uit te vind!

Thea Gerber ·

Daar was wel n geval van n sakevrou wat deur n Uber taxi ontvoer en verkrag is. Dit het toe geblyk dat dit nie n egte Uber was nie, maar n ‘imposter’ taxi.

Jeannie du Plessis ·

Ek stem saam dat hierdie maar net weer n manier is om Uber te probeer stop, want Uber doen iets reg en dis n groot sukses. Soos jy uit 99% van die sogenaamde voorvalle sal sien, het die man/vrou nie seker gemaak dat dit die regte bestuurder van die Uber Huurmotor was of net iemand wat daarop uit was om Uber se naam sleg te maak of dit te misbruik.
Mens moet ook kyk vir wie sal die ANC-Vroueliga ondersteun, toe die drie dames met die Verkiesings afsluiting n stille protes aangeteken het, het hulle Zuma beskerm, nie die vrouens wat verkrag word nie .. hoe kon hulle dit doen aan die iemand soos President zuma (jammer maar ek respekteer hom nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.