ANC Vrystaat-konferensie óók nietig verklaar

Afgevaardigdes kom by die ANC-verkiesingskonferensie by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg aan (15 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Die hooggeregshof in Bloemfontein het beslis dat die ANC in die Vrystaat se provinsiale konferensie, wat die afgelope naweek in Parys plaasgevind het, en die besluite wat daar geneem is onwettig was en dus nietig verklaar is.

Dit beteken dat die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) wat die afgelope naweek verkies is, moet ontbind en dat dié PUK nie die party se verkiesingskonferensie kan bywoon wat môre in Johannesburg begin nie. Die hof het beslis die ANC in die Vrystaat kan steeds afgevaardigdes van sekere takke na die konferensie toe stuur.

Die hooggeregshof het vroeër beslis dat 29 takke in vier gebiede in die provinsie ongrondwetlik opgerig is en dat hul algemene takvergaderings weer gehou moet word.

Die ANC in die Vrystaat steun vir Nkosazana Dlamini-Zuma as kandidaat om pres. Jacob Zuma as president van die party op te volg.

Afgevaardigdes kom by die ANC-verkiesingskonferensie by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg aan (15 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Dié hofuitspraak kom nadat die hooggeregshof in Noordwes ook vandag die ANC se Bojanala-streekskonferensie nietig verklaar het. Dié stap het gevolg nadat ʼn hersieningsaansoek deur Tokyo Mataboge, voormalige Bojanala-streeksekretaris, en 39 ander ingedien is om ʼn bevel te kry om die algemene takvergaderings van 40 takke in Bojanala ter syde te stel en die streekskonferensie van 24 September 2017 nietig te verklaar.

Die beweerde takke is nie grondwetlik op die been gebring nie en meer as 70 handtekeninge by die takvergaderings is vervals.

Dakota Legoete, die provinsiale sekretaris, het ná die hofverrigtinge gesê die party sal teen die hofbeslissing appelleer. “Ons meen al die nodige prosesse is gevolg ter voorbereiding van en tydens die hou van die Bojanala-streekskonferensie. Ons is oortuig die hof fouteer wat sommige van die kritieke kwessies rakende ANC-prosedures en prosesse betref. In hierdie verband het ons ons regspan opdrag gegee om onmiddellik ʼn appèlaansoek in te dien,” het Legoete gesê.

Intussen is ʼn uitvoeringsbevel vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan die ANC KwaZulu-Natal se “rebelle”-hofsaak toegestaan wat beteken die party se provinsiale leierskap moet ontbind. Die 27 lede van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) wat die party se nasionale verkiesingskonferensie sal bywoon, sal dit nou as tak-afgevaardigdes bywoon en nie as PUK-lede nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

Lieflik, Strick 6 vir zumpie? Is dit nie lekker as dinge uitwerk soos dit moes nie. Waar is die zumpies se he he he he nou.

Tiaan ·

Vir die ANC lede, om te maak wat julle wil is nie altyd die regte ding om te doen nie. Kou daaraan vir n oomblik

Jacques venter ·

Humpty Dumpty
Sat on a wall
Humpty Dumty
Had a great fall
All the Gupta horses
And all the Gupta men
Could not get
Humpty Dumpty
Together again

Hennie ·

Lekker! Hoop die kat is behoorlik in die hoenderhok van vandag af!

Swart Piet ·

Ja en ons weet almal dat die klomp van die cANCer wets gehoorsame burger is en nie Jhb toe sal gaan nie ne. —— DREAM ON BOY!!!!!!!!!!!!!!!!!!

John ·

Nou gaan Pandora se kissie oopspring. En wat vlieg eerste uit? ‘n Zuptaiet, die gevaarlike witvleisvretende oergedierte met piranha-tandjies en die meelopers; vraatsugtige bloedsuier-pokkelbaba’s… Party is nogal gekamoefleer nes verkleurmannetjies om arme drommels skielik te oorrompel… Die kissie kan nie weer sluit nie… en Doom is in ‘n noodbevel verbied…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.