ANC waarsku oor gevare van ‘swart monopoliekapitaal’

Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Die stryd teen wit monopoliekapitaal en gelyke ekonomiese geleenthede moet nie uiteindelik lei tot swart monopoliekapitaal nie, het die hoof van die ANC se politieke skool, Nathi Mthethwa, Maandag gesê.

“Ons het comrades gewaarsku wat die kwessie van wit monopoliekapitaal aanroer dat daar niks daarmee verkeerd is om dit aan te roer nie, maar dat hulle ʼn tipe en nie die inhoud aanspreek nie. Die inhoud is wit monopoliekapitaal. In Suid-Afrika het monopoliekapitaal ʼn vorm van ras aangeneem,” het Mthethwa aan verslaggewers gesê.

“Ons moet nie daarna streef om wit monopoliekapitaal te verander in swart monopoliekapitaal nie. Die onmededingende aard van monopoliekapitaal roer die kwessie van betwisting aan – of dit wit of swart is.”

Dit is belangrik om die “koloniale kultuur” van die ekonomie te verstaan, het hy bygevoeg.

Hy het oor die naweek sy verslag oor organisatoriese strategie en taktiek voorgelê. Hy het gesê dit sal misleidend wees om te beweer dat wit monopoliekapitaal nie bestaan nie.

Paul Mashatile, voorsitter van die ANC in Gauteng, het die vorige week aan die provinsiale beleidskonferensie gesê wit monopoliekapitaal bestaan nie in die ANC Gauteng se woordeskat nie, en die term is ʼn poging om die aandag af te lei van staatskaping, na bewering deur die Gupta-familie.

Wit monopoliekapitaal word wyd gebruik in politieke gesprekke as ʼn verwysing na “ʼn minderheid wat steeds in beheer is van die land se ekonomie”. Die regerende ANC het onlangs “radikale ekonomiese transformasie” versoek wat sal verseker dat alle sektore van die samelewing voordeel trek uit die land se ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Michael ·

Die probleem is korupsie en in hierdie vak kry die ANC n A + Dit verlam die ekonomie en bevoordeel net sekere mense soos ons geagte nr 1 en sy bende.

Jaco ·

Ek het gedink ons bly in n nie rassige demokratiese land. Hoekom moet die ekonomie aan n spesifieke ras behoort. As jy dom besluite neem en agv dit nie deel vorm van die ekonomie nie is dit nie omdat jy wit of swart is nie.

Voed almal op om oordeelkundig te werk met geld en dan sal dit net kapitaal wees. Moet asb tog nie n ras blameer omdat hulle oordeelkundig werk en voorsorgmaatreels vir die toekoms tref nie.

Doen dieselfde en werk vir jou aandeel in die land se ekonomie

al ·

Wit monopolie kapitaal moet as ñ skeldwoord geklassifiseer word. Dit blaas rasse spanning aan, met trots gebring deur Gupta en hul PR Bell Pottinger.
Ons beskuldig nie die swartes as hul miljoene maak deur neerhalend na hul as swart monopolie kapitaal te verwys nie.
Kortom SA is demokrasie en vir die tipe rasse snert wat regering aan ons opdis, moet gestop word.

Andre ·

Stem Jaco. Geleenthede is vir almal beskikbaar …alle rasse!
Dit is vreemd dat hulle nie onder kan begin om n besigheid te begin en suksesvol te groei nie. Wil eerder n suksesvolle besigheid met wetgewing dwing om dit te oorhandig……kosteloos. easy come easy go.

EKWAG ·

Wag tot die klomp goed vet in die pond is dan gaan jy sien hoe begin hulle mekaar uit haal en pote om koop , daai tyd kom nog.

Sw ·

Ja hul sal al hoe meer deur misdaad geteiken word. Hul huise en voertuie is van die bestes.

Johannes van Staden ·

Ag man as jy dan so goed is begin jou eie besigheid en hou tog op om te dink almal skuld jou agv jou vel se kleur en die verlede ….ken baie mense wat al baie goed gedoen het maar die meeste wag vir die staat om hulle te help …met wat wonder ek die geld is WEG…. gesteel …gone like a scone !

koos ·

Waarom leer die ANC niks by hulle kommunistiese mentors van die struggle jare nie? In daardie lande was die rewolusies vinnig; nie 23 jaar soos hier nie. Grondhervorming en radikale ekonomiese transformasie was ook vinnig. Dit was nou nie ‘n paradys nie, maar almal het werk, kos en blyplek gehad. Plakkerskampe was onbekend; so ook stakings, beurtkrag en swak munisipale dienslewering. Openbare vervoer (busse, treine en selfs moltreine) het seepglad gewerk. Onderwys en mediese behandeling was gratis en van hoë gehalte. Godsdiens is aan bande gelê en daar was geen vryheid van spraak nie, maar dit was klein pryse om te betaal in vergelyking met al die ander voordele. Eks seker daarvan Marx, Lenin, Stalin en ‘n paar ander wat vandag brand in die hel vir hulle sondes, lag nogtans lekker vir die totale onbevoegdheid van die ANC.

CHRISTA ·

Ek het nie geweet die Guptas, Zumas, Ramaposa, Malema, Sexwale en al die ander ANC cadres is wit nie? Waaroor kla hulle dan?

GES ·

Ek dink die ANC het ʼn woord beetgekry wat hulle glad nie verstaan nie. Dit word nou gebruik on alle omstandighede wat geen sin maak. Miskien moet sekere mense bietjie meer skool gaan.

Eps ·

Kom ons gebruik die woor Gupta monopoly capital vir al die korrupsie wat in die land gebeur.

Pop ·

Ja asb. Kom ons begin heeltyd praat van swart monopolie geld. In elke gesprek en maak grappies ook daarvan. Sulke goed sprei soos blits op netwerke. Kyk dan of dit so lekker afgaan.

Magda ·

Nog n word wat die NAC kan gebruik om al hulle KORRUPSIE / STAATS KAPING / TENDER BEDROG kan wegsteek – weet hulle ooit wat die woord beteken – onthou zuma was nie in die skool nie hoor!!

Magda ·

Nog n woord wat die ANC kan gebruik om al hulle KORRUPSIE / STAATSKAPING / TENDER BEDROG kan wegsteek – weet hulle ooit wat die woord beteken – onthou zuma was nie in die skool nie hoor!!

Pietman ·

Al wat ons op kan hoop is gelyke geleenthede , maar die ANC is behep met gelyke uitkomste.

Uvonka ·

Rainbow onthou nounet, WERK is vir hulle ‘n volksvreemde woord en aksie, Dit is net iets wat deur white capital monopoly gedoen en uitgespreek word.

Flintstone ·

Haha.Iewers steek dit vas dat die laaste nie kan bestaan sonder die eerste nie!Haha!

jaco ·

As wit monopolie kapitaal hulle so pla, beteken dit hulle wil nie meer ons belastinggeld hê nie. DEPORTEER dan asseblief al die wit mense. Ons sal wel weer die mas opkom in lande waar die meerderheid wit is en ons dus maklik deel kan word van daardie lande se reeds bestaande en normale wit monopolie kapitaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.