ANC wag vir amptelike kennisgewing oor Zuma-verbod

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die ANC het Dinsdag gesê hy neem kennis van die vakbondfederasie se besluit om pres. Jacob Zuma te verbied om aan enige van sy toekomstige aktiwiteite deel te neem.

“Die ANC het nog nie enige formele kommunikasie in die verband ontvang nie, en ons kan dus nie kommentaar lewer totdat daar ʼn gesprek met Cosatu is nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

Maroela Media het vroeër berig Bheki Ntshalintshali het gesê ná ʼn spesiale vergadering van die uitvoerende komitee het sommige Cosatu-leiers gevoel dat dit “teenstrydig sal wees met die versoek dat [Zuma] moet bedank”, as hulle hom toelaat om by Cosatu-geleenthede te praat.

Dié besluit volg nadat Zuma in Mei tydens Cosatu se Werkersdagvieringe in Bloemfontein uitgejou is. Hy kon nie die skare toespreek nie en alle toesprake is gekanselleer. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van Cosatu dat ʼn ANC-president verhoed is om ʼn toespraak te lewer tydens die Werkersdagvieringe.

Cosatu en sy alliansievennoot die SAKP het in die publiek Zuma versoek om te bedank as gevolg van sy leierskapstyl en skandale soos Nkandla en korrupsie, baantjies vir boeties en verdeling binne die regerende party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vryheid ·

Jou bondgenote raak moeg vir jou oubaas. Dis tyd om aan te stap. Die skrif is aan die muur dat die ANC soos jy tot n val gaan kom, niks wat jul doen is haalbaar of volhoubaar nie.

Jaco ·

Sou die howe nie gister al beslis het aangaande die geheime stemming met die mosie van wantroue nie? Wat het nou daarvan geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.