ANC-webwerf week later steeds opgeskort

Die ANC se amptelike webtuiste het teen Sondagaand steeds ’n vaal skerm met ’n kort sin oor die opskorting daarvan vertoon.

Suid-Afrika se regerende party word gereeld daarvan beskuldig dat hy nie die land kan bestuur nie, maar dit blyk nou selfs om sy webtuiste aan die gang te hou, is moontlik bo die ANC se vuurmaakplek.

Die party se webwerf, anc.org.za, was teen Sondagaand steeds “opgeskort weens niebetaling aan die diensverskaffer”. Dié amptelik webtuiste, wat gewoonlik ʼn bron van inligting oor die regerende party en sy doen en late is, vertoon nou net ʼn vaal skerm met ʼn kort boodskap dat dit opgeskort is.

Die diensverskaffer beweer die ANC skuld hom R32,5 miljoen vir die ontwikkeling en aanbieding van die webtuiste en moet binne die volgende twee weke opdok, so nie kan regstappe volg, het Business Day Donderdag berig.

Unwembi Communications se regsverteenwoordigers het aan die sakekoerant gesê hulle het hul kliënt opdrag gegee om hul dienste te weerhou tot die skuld gedelg word.

Die sanger Hugo Ludik kon sy oë nie glo nie toe hy die ANC se webwerf besoek en sien dis regtig opgeskort.

Maar Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het gesê die webtuiste is van die lug af omdat dit herontwerp word en dat ʼn nuwe diensverskaffer aangestel is. “Ek weet nie watter bog dit is nie; ons skuld niemand R32 miljoen nie.”

Hy het ontken dat die ANC ʼn kontrak met Unwembi het, maar in ʼn brief wat die prokureur Gert van der Merwe voorverlede week aan die ANC se hoof- finansiële beampte, Bongani Mahlalela, geskryf het, sê Unwembi hulle het talle ooreenkomste met die party.

In die brief skryf die firma uit hoe die ANC hulle R26,5 miljoen skuld vir ʼn lidmaatskapstelsel wat hulle moes ontwerp. Nog R6 miljoen is glo verskuldig vir ooreenkomste oor hul webtuistes en sowat R470 000 vir kontrakbreuk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Ha-ha-ha-ha-ha…daar het jy dit nou!!! Dis skreeusnaaks met die boodskap op. Slim vang sy baas!

Johann ·

Whahahhaaaaaaa!!!!!! ANC LEGACY! Iemand het seker die pety cash leeg gedra?

Graaf ·

En ons, die belastingbetalers, gaan op die ou end met ‘n ompad daarvoor betaal, insluitend skadevergoeding

Geweeg en te lig bevind ·

Ag nee Graaf, nou’s dit nie meer snaaks nie.

Swartwolf ·

Soos Forest Gump se ma gese het: ” Stupid is as stupid does”…… daar is geen einde aan die onnoselheid nie.

Landi ·

Daar is ook geen pille vir Stupid nie hahaha. Het seker te veel spandeer op Cyril se USA reis en vleis vir erffenis dag, miskien moes hy eerder geskype het.

Chrisn ·

Sal seker betaal word met transito roof geld? Die ou werk mos in Luthuli huis en is mos uit op borg. Of met ‘n “REDDINGSBOEI” met belastinggeld.

AGF ·

Jy kan met n regering sake doen, maar slegs op n “100% vooruit betaling” basis.

Rinkhals ·

“Eisshhh that website she is broken” ….
“But why what happened” ?
“I don’t know ……..Eiisssh……”.

Standard answer.

Bob ·

R32 miljoen vir n webtuiste?………. belaglik. Verspot. Ek Sal vir hulle n website maak en almal kan daagliks saam my pap en vleis eet vir n kwart van die prys

Johan ·

Bob ek sien wat jy skryf en stem saam jou. Ek dink egter dit is nie net vir die webtuiste nie. Maar ja dit lig in elk geval vir my twee dinge uit. Eerstens is die privaar sektor “skelm sharks” wat mense uitbuit met die koste vir ‘n webwerf. Maar ja, tweedens aan die ander kant is die ANC stupid verby om te val vir daai tipe onkostes. Daar is nie pille vir “stupidity” nie.

Asjas ·

As jy met iemand anders se geld betaal is alles ‘n bargain, ek weet … maak 3 kinders groot!!!

What a joke! ·

Ja ou Jerry/Max se mense…eisch hul weet hom nie mooi wat aangaan nie…Hoe belaglik dan tog nie die lot….Dit is eintlik om van te huil as dit nie so lagwekkend was nie om te weet hierdie lot is aan die stuur van sake…geen wonder alles verander in gemors wat hul aasnraak nie ai…

Snowball ·

Die webtuiste is maar net simbolies van die ANC…. NIKS WERK NIE. Hulle is al vir 24 jaar besig met ‘n ‘non-payment’ aan die mense van dié land.

Michael ·

32 000 000 klink bietjie hoog vir ‘n webtuiste. Seker ook maar korrupsie betrokke gewees met die uithandiging van die tender.

Maro ·

Maar nou ja…dis ook maar wat gebeur as jyself skatryk wil word uit n kortupte spul. Het hulle enigsins n ander uikoms verwag?

Alki ·

We are not open because we are closed. In die land van die blindes is die eenoog koning

Wiki ·

Het die gesien maar gedog dit is ‘n haox…. Ha hahahaha Dis baie snaaks!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.