ANC weier ondersoek na staatskaping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mosie deur die Demokratiese Alliansie (DA) vir ʼn parlementêre ondersoek na beweerde staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie, is Donderdag in die Nasionale Vergadering verwerp nadat ANC LP’s geweier het om ten gunste daarvan te stem.

Van die LP’s het 103 ten gunste van ʼn ad hoc komitee gestem om die ondersoek te doen, maar 169 LP’s het daarteen gestem. Een persoon het buite stemming gebly.

David Maynier, DA-LP, het tydens die voorafgaande debat oor die mosie ʼn beroep op die ANC-LP’s gedoen om “die regte ding te doen” en die mosie te ondersteun. “Ons moet opstaan teen staatskaping omdat dit die oppergesag van die gereg ondermyn. Dit ondermyn die geldigheid van demokrasie in Suid-Afrika,” het Maynier gesê.

“Moenie ʼn fout maak nie, ons kan opstaan teen staatskaping en ons kan dit doen deur ʼn ad hoc komitee op die been te bring om die bewerings van staatskaping deur sekere individue en hul beweerde onbehoorlike invloed oor die regering te ondersoek en terugvoer gee aan die nasionale vergadering teen 30 Oktober 2016.”

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê pres. Jacob Zuma is ʼn marionet vir die Gupta-familie. “President Zuma is so diep in die Guptas se sakke, ek is verras om te sien daardie sakke is nog nie as ʼn nasionale sleutelpunt verklaar nie,” het hy gesê.

Fana Mokoena van die EFF het gesê ministers se verhoudings met die Guptas moet ook ondersoek word en moet gevolg word deur nog ʼn ondersoek na ander invloedryke families in Suid-Afrika. “Ons gaan weer terugkom en ook staatskaping deur die Ruperts en ander mense ondersoek,” het Mokoena gesê.

Die VF Plus het gesê indien die ANC teen die mosie stem, stuur hulle die boodskap uit dat die regerende party die staatskaping probeer beskerm. “Hierdie persepsies en feite bestaan reeds. Ons almal weet dit is daar. Waarom sal julle ʼn ad hoc komitee [om dit te ondersoek] teenstaan?” het die party se Cornè Mulder gevra.

Die ANC het egter al die opposisiepartye se pleidooie geïgnoreer en daarop aangedring dat die land se wetstoepassingsagentskappe en hoofstuk 9-instellings ʼn beter opsie is om “korrupte staatskaping deur middel van tenders” te ondersoek.

Sahlulele Luzipo, ANC-LP, het gesê instansies, wat juis op die been gebring is om korrupsie en wanadministrasie te ondersoek, moet gebruik word. “As die parlement iets opreg wil doen, moet dit sorg dat hierdie instansies sake van hierdie aard kan ondersoek en terugvoer aan die parlement te gee en nie die parlement ʼn instrument van ondersoek maak nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

As mens nie skuldig is dan tree mens VESEKER nie so op nie … dan se jy juis kom ondersoek maar want jy weet daar is niks en jou naam is skoon ….die anc is tog so voorspelbaar en weet ons almal die waarheid ….jy weet nie almal is heeltyd verkeerd nie !

Frederik ·

Die tweede laaste paragraaf kan lees: ‘n Beter opsie is om ” korrupte staatskaping deur middel van korrupte tenderpreneurs” te ondersoek.

Anoniem ·

Natuurlik sal hul weier. Wys ons as mense van Suid Afrika net hoeveel korrupsie daar is en dan stem daar nog mense vir die ANC. Nee wat Suid Afrika slap maar lekker. Hoop en bid jul word nie te laat wakker nie.

A ·

Ek dink nie daar is ‘n staatskaping nie. Daar is slegs ‘n “oorgawe” aan partye buite die regering. As jy nie weet wat en hoe om iets te doen nie kan enige jan rap en sy maat jou ‘n gat in die kop praat. Met ons regering was dit seker baie maklik gewees.

Silly ·

Daar is beslis staatskaping. Die Guptas het veslis meer as die helfde van die ministers op hulle payroll en die res beskerm Zuma omdat hulle besef dat n ondersoek kan lui tot afdankings en hulle kla aan die mag. ANC as julle nie skuldig is nie riep n referendum uit oor die aangeleentheid en sien dan wat gebeur. Die Guptas moet terug gestuur word na hulle eie land. Hulle steek opregte Suid Afrikaners in die skande. Die hele wereld lag vir ons…eeeiiisshh.

ANDRE ·

Hulle het aandeel daarin en weet wat die gevolge gaan wees . Natuurlik sal hulle hul self nie bloodstel nie.

lettie ·

Waarom sal die ANC n kommissie van ondersoek na staatskaping goedkeur? Hul klou verbete vas aan hul vet paychecks, en is bang om dit te verloor indienANC ontmasker word.

Karma ·

@Lettie … Ja, hoekom sal mens dan nou die gans wat die goue eiers lê slag?

henk ·

Luzipo, daardie instansies waarna jy verwys, sit reeds vir die afgelope 8 jaar met bewyse en getuies teen die mees korrupste man in hierdie land op hulle tafels. Tog gaan daardie man voort om met belastinggeld, homself uit die howe te hou. So, WAT is daardie instansies werd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.