ANC wen groot in Vrystaatse tussenverkiesing

Argieffoto

Die regerende ANC se leiers het rede om breed te glimlag nadat sy kandidaat vandeesweek ʼn baie groot oorwinning in die Wes-Vrystaat behaal het.

Die tussenverkiesing is Woensdag gehou in wyk 2 van die Letsemeng-munisipaliteit, wat die oorwegend swart woonbuurt Ratanang en die oorwegend bruin woonbuurt Saundershoogte by Jacobsdal, naby die grens met die Noord-Kaap, insluit.

Pascal Mlozana van die ANC het 1 927 stemme gekry teen 137 vir die EFF en 58 vir Cope, wat ʼn swaai van 7 persentasiepunte na die ANC sedert die 2016-verkiesing verteenwoordig.

Die stempersentasie van 61% is ook 3 persentasiepunte beter as in 2016.

Dit is baie goeie nuus vir die ANC, veral omdat die wyk 70% swart en 28% bruin kiesers het, en die party onder albei bevolkingsgroepe omtrent 90% van die stemme getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Ja en volgende week brand en gooi hulle klippe weer want die ANC kom nie hulle beloftes na nie.

Kallie ·

Haal jy die woorde uit my mond uit Pieter, geen simpatie met n situasie wanneer jy self dit skep nie. Suffer dan nou maar verder onder die ANC

Selfbeskikking ·

Demokrasie werk net waar die meerderheid geletterd is the en die ekonomie verstaan, en dit is nie in SA die geval nie. Ons moet gou onderhandel vir ons eie stuk land al is dit klein, daar is geen hoop vir SA nie.

Casper Labuschagne ·

@selfbeskikking, eendag moet ek en jy saamsit om ‘n kannetjie koffie en ‘n bak beskuit en dan verduidelik jy aan my hoe ons vir selfbeskikking sal onderhandel met diegene wie se ongeskrewe doelwit neerkom op die effektiewe vernietiging van die wit minderheid, laat staan nog om enigsins bestaansreg aan daardie minderheid te verleen. Andersins stem ek 100% met jou saam oor die absolute noodsaaklikheid van selfbeskikking.

Selfbeskikking ·

Casper ons gaan nie n keuse he as om dit te moet laat werk nie, ons sal hard moet onderhandel met ons laaste krag voor ons heeltemal vernietig gaan word. Al het ons net n klein stukkie grond kan ons dit soos Israel met tegnologie opbou en baie welvarend word.

Gm ·

Hulle leer ook nooit nie. Net jammer die res van ons moet saam ‘suffer’ as hul weer staak.

Petro ·

Die kiesers leer ook nooit nie hulle sien die ANC kan nie dienste lewer nie nou moet hulle nie toyi toyi nie want dit is wat hulle he en moenie die paaie en eiendomme loop en verwoes gaan verwoes hulle eiendomme want dit is hulle wat nie kan deliver nie

Casper Labuschagne ·

Dit wys bloot dat plattelandse kiesers kan sien dat die juk van Zuma afgeskud is en dat hulle weereens terugkeer na die stembus toe. Wat die plattelandse kiesers betref vermoed ek dat daar ‘n sterk verband is tussen die betaling van sosiale toelae en steun vir die ANC. Die ANC-steun gekoppel aan ‘n Sassa verwantskap strook met my persoonlike waarneming elders in die Vrystaat. Met die uitsondering van ‘n deel van die Noordwes provinsie en ‘n dele van Limpopo, is die EFF ‘n stedelike party wat ‘n demografiese segment van die jeug verteenwoordig, in die besonder waar kiesers na 1990 gebore is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.