ANC-werkkomitee vergader oor Zuma-kwessie

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma reageer op 18 Februarie 2016 op die debat ná sy staatsrede Foto: @PresidencyZA, Twitter

Die ANC se nasionale werkkomitee vergader Maandag in Kaapstad te midde van ʼn toename in versoeke dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër aan die SAUK die vergadering bevestig van die uitgebreide nasionale uitvoerende komitee (NUK) – die hoogste liggaam van die ANC tussen nasionale konferensies en wat die mag het om die organisasie te lei.

Die Nasionale Vergadering sal Dinsdag ʼn mosie deur die Demokratiese Alliansie bespreek om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Die konstitusionele hof het verlede week bevind dat Zuma die Grondwet oortree het toe hy versuim het om die geld terug te betaal vir nie-veiligheidsopgraderings by sy huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, soos die openbare beskermer hom aangesê het om te doen.

Dié uitspraak het daartoe gelei dat ʼn toenemende aantal versoeke ingedien is dat Zuma moet bedank. Die struggle-veteraan Ahmed Kathrada het by Zuma gepleit om ter wille van die ANC, Suid-Afrika en sy eie nalatenskap te bedank.

Senior ANC-lid Mathews Phosa het ook dieselfde sentiment gedeel en Gauteng-premier David Makhura het gewaarsku dat die regerende party nie meer die eise van sy lede kan ignoreer nie.

Mantashe het egter gesê versoeke dat Zuma moet bedank word “oordryf”.

“Ons sal Maandag na die nasionale werkkomitee gaan, want ons dink dit is gewigtige kwessies. Ons sal dit aan elke lid van die uitvoerende komitee voorhou, diegene wat dit kan bywoon moet dit bywoon, want ons glo in kollektiewe wysheid,” het Mantashe gesê.

Zuma het Vrydagaand om verskoning gevra aan Suid-Afrika vir die verwarring wat veroorsaak is deur die uitgerekte saak of hy aanspreeklik is vir nie-veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-huis, wat ʼn amfiteater, veekraal en swembad insluit. Thuli Madonsela, openbare beskermer, het gesê hy is aanspreeklik, maar die polisieminister en die parlement se ad hoc-komitee het die teenoorgestelde bevind.

Die konstitusionele hof het dit duidelik gestel dat die regstellende stappe wat Madonsela aanbeveel het, bindend is.

Mantashe het gesê die ANC het Zuma se verskoning Vrydag verwelkom en “die feit dat hy homself voor die nasie verneder het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

TM ·

Homself verneder het voor die nasie?! Ek het nou hardop gelag. Hy doen dit elke dag van sy lewe. Ek kan nie glo hulle beskerm hom nog steeds so nie. Ons het al jare terug deur hom gesien. Hoe dom dink hulle is ons?

Vicky ·

Van wanneer af word n verskoning as vernedering gesien? Dis net iemand met n goeie karakter, goeie opvoeding en iemand wat selfvertroue het wat onverskoning sal vra as hulle iets verkeerd gedoen nie. Liewe hemel. Wat het van ons land geword. Dat so iets nou as n vernedering aanskou word. Ek het meer respek vir iemand wat kan erken dat hy verkeerd was as wat ek het vir iemand wat vir ander die skuld wil gee.

Daan ·

Vicky. Jy het dalk op verkeerde berig kommentaar gelewer. Dalk op die verkeerde persoon.

Tommie ·

ANC Nuk, ministers en kaders is magsbehep. Geld is hul baas. Geen integriteit en kan dus nie vertrou word. ANC ampsdraers plunder ons belasting vir persoonlike gebruik.

Tiger ·

Zuma hoef nie te bedank nie.Hy kan sommer net dros.Hy is nie ‘n bedanking waardig nie.Waarom hou hulle nie ‘n referendum om te sien hoeveel mense wil he hy moet voertsek en hoeveel nie?Ek dink die anc sal geskok wees oor die uitslag!

Oom Kalahari ·

@Vicky, ek stem heelhartig met jou saam. Hoe kan Mantashe net namens die cANCer praat dat hul die verskoning aanvaar en dat NR1 hom voor die nasie met sy verskoning verneder het. As dit die algehele gevoel is van die party, dan waarom ‘n verskoning aanbied wat in die eerste plek nie werklik bedoel was nie en nie die hele nasie het hierdie sentiment gedeel nie, want daar is verseker gemengde gevoelens van vele ander.

Lewies ·

Vicky, die “verskoning” was nie eerlik nie, want die doel en motief was eerder ‘n poging tot verontskuldiging. Waar eersgenoemde in die regte omstandighede eerbaar jan wees, is laasgenoemde, wanneer dit op leuens en valshede gebasrer is, nooit eerbaar nie, maar eerder slinks, lafhartig en oneerlik.

NET EKKE ·

Verneder magtag die man verneder sy volk Ek wonder of elke 2de reel in daai toespraak hom herhiner het om nie te lag nie want sy hele bestaan is n grap Dis ongeleterde nar

Marcel ·

Dit maak geen sin om homself te “verneder” nie. Wil jy nou vir my sê enige krimineel kan homself verneder in die hof en dan sal daar geen straf opgelê word nie???? Waarheen is die mense oppad, is alles nou sommer reg nou dat hy homself “verneder” het?

alida ·

Die nar vergeet hoe verneder hy ons land met miljoene mense. Wat ‘n verleentheid is dit nie. Die buiteland lag lankal vir hom. Smyt hom uit sodat die reg sy loop kan neem en die sirkusnar in die tronk beland waar hy hoort.

Jef ·

Ons wil almal he dat hy opstap maar wie gaan dan sy plek inneem en word SA beter of nog slegter as daar n nuwe president is, die toekoms moet dit maar uitwys.

Koos ·

Ons sit almal en wag dat Zuma moet bedank of afgedank word, dit gaan nie gebeur nie hy sal alles in sy vermoê doen om te bly want sy oorlewings pakket is aan sy posisie gekoppel en dit geld vir sy kabinet. Vergeet n oomblik van hom en dink aan die toekoms, wat moet ons doen om ons land weer op die regte pad te kry? Begin by die munisipale verkiesing probeer mense se denke reg kry deur opvoeding. Ek weet nie vra maar net.
O ja die tou is nog nie lank genoeg nie, maar hang gaan hy himself hang

Jan maak n Plan ·

Die vet marionet homself verneder – nee wat hys te “high and mighty”. Mens sal later vandag duidelik sien hoe sy dig maatjies staan. Hyt hulle nie verniet daar gesit nie. Dis die oulikste sirkus wat ek nog gesien het.

Scalla ·

Hy verneder homself slegs deur sy mond oop te maak en nou beskerm sy comrades hom, kan hulle nie verder dink nie, bang hul jobs kom in gedrang

vielies ·

Die nar het homself nie verneder nie. Hy lees net af wat iemand anders vir hom neergeskryf het. Hundred million and billion and mebillion and thousand hundred thousand rand…. Haha. Wanneer die zumta waai moet al sy skoot hondjies ook verdwyn…

tamboti ·

nee dit is reg dat hy vasskop en sy getroue volgelinge hom beskerm; hoe langer dit aangaan hoe dieper gaan die skeur in die ANC wees. Hulle probeer om die hele aangeleentheid so te bestuur dat dit goed vir hulle gaan uitdraai, maar die risiko word al groter en hulle weier om dit te erken.

Hannelie ·

ZUMA is ‘n grap van ‘n president. As ek hy is steek ek my kop so diep in ‘n gat saam met Mantashe. En hy noem homself ‘n herder???
My Herder is God en nie ‘n leëkop soos hy nie. In my oë is Zuma ‘n ronde NUL. Die dag as hy bedank sal ‘n bedekte seën vir hierdie land wees.

HEVW ·

Kommentare se dat hulle oor die anc spul en z lag. Mens lag nie oor n massale tragedie nie, veral as dit nog in mensesisteem setel nie Ook is dit beslis nie n oulike sirkus nie. Grinnik liewer daaroor. Of dan weeklaag.

alida ·

Enigiemand anders is beter as JZ as president. Daar is tog manne in die ANC wat verstand het en deur hom sien.

Schalk ·

Alida. moet nie te veel verwag nie. Daar is nie n betroubare lid in die ANC om die land te regeer nie. Die Proses sal hom self herhaal tot dat daar niks oor is om te vernietig nie. En indien jy n man in die ANC met verstand kan uitwys? Asseblief, doen, sal graag wil sien hoe hy lyk.

EMK ·

Hoekom daar berade en vergaderings en goed moet wees oor of hy moet bedank al dan nie is belaglik. Hy is skuldig, was nie jammer, het in sy “apologie”probeer om om ‘n draai die sisteem of watookal nou weer te blameer vir sy stelery en hy moet waai en klaar. Selfs die New York Times het in hul editorial gesê hy moet waai en klaar so dis nie ‘n geval van net ons wittes wat nou weer rasissisties of naar of watookal is nie. Die hele wêreld verwag dit!

Rina ·

Zuma as jy minder geld steel, kan die oumense se pensioen verhoog word, hoe dink julle moet hul leef van R1200 n maand terwyl julle miljoene rande pocket.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.