ANC ‘wil beheer oor ekonomie konsolideer’

Gerhard van Onselen. Foto: Sakeliga

Die sakeorganisasie Sakeliga het Dinsdag talle skadelike planne in die ANC se 2019-verkiesingsmanifes uitgelig.

Te oordeel na sy manifes beoog die ANC om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) uit te brei deur nog knellender bepalings oor eienaarskap en selektiewe afdwinging van mededingingswetgewing, meen Sakeliga.

Die regerende party se planne vir staatsgeleide beleggings bedreig die vermoë van investeerders in die private sektor om hul geld na goeddunke aan te wend. Voorgestelde maatreëls om staatsbeheer geweldig uit te brei, sluit in mededingingswetgewing om groter diskresionêre beheer oor die bestuur en bedryf van Suid-Afrikaanse ondernemings uit te oefen.

Reël vir reël onthul die manifes ’n onkunde van die funksies van entrepreneurskap.

Dit blyk die ANC meen politici, en nie entrepreneurs nie, kan ekonomiese groei aanwakker, sê Sakeliga. “Reël vir reël onthul die manifes ’n onkunde van die funksies van entrepreneurskap, eienaarskap en ook die markstelsel by die toewysing van ekonomiese hulpbronne.”

Die manifes ontbloot die ANC se “diepgewortelde minagting van die private sektor en die rol wat hierdie sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel”, sê Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga.

Daniel du Plessis. Foto: Facebook

“Deur sy verontagsaming van dié sakesektor se omvangryke vermoë tot maatskaplike opheffing en openbare welsyn het die ANC dit duidelik gemaak dat hy voornemens is om sy beheer oor die Suid-Afrikaanse ekonomie verder uit te brei en te verstewig.”

Dit is asof die ANC ’n entrepreneurlose ekonomie beoog.

Van Onselen gaan voort: “Strydig met basiese ekonomiese beginsels probeer die ANC om die ekonomie in die beperkings van idiosinkratiese politieke planne in te dwing. Dit is asof die ANC ’n entrepreneurlose ekonomie beoog, waar entrepreneursoordeel en kapitaaltoewysing in die Suid-Afrikaanse ekonomie deur politieke verordening en kapitaaltoeëiening vervang word.”

Sakeliga het ook die ANC se “ironiese wanbegrip” van monopolie uitgelig. “Die ANC se eiesinnige definisie van ‘monopolieë’ bied rede tot kommer,” sê Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, “veral by gebrek aan enige beloftes om ’n einde te maak aan staatsmonopolieë en regulering wat vrye mededinging aan bande lê.”

Die ANC het sy manifes gebruik om sy voorneme duidelik te stel om beleidsmaatreëls ter bevordering van sosiopolitieke oogmerke te gebruik. Die party het byvoorbeeld onderneem om “ondersoek in te stel na die instelling van voorgeskrewe bates op finansiële instellings se fondse om fondse in ’n reguleringsraamwerk vir sosiaal produktiewe investerings te mobiliseer”.

Dit kom neer op die toeëiening van private persone se geld.

Volgens Du Plessis sal hierdie beleid waarskynlik ernstige gevolge vir investering in Suid-Afrika hê. “Dit kom in werklikheid neer op die toeëiening van private persone se geld om die talle ydelheidsprojekte, sukkelende staatsbeheerde ondernemings en korrupte instellings wat die kenmerk van die Suid-Afrikaanse openbare sektor is, aan die gang te hou.

“Hierdie skema loop saam met die ANC se alomteenwoordige beloftes van grondonteiening sonder vergoeding, en dui op ander onteieningsbeleid wat in die toekoms kan volg.”

In die geheel dui die manifes op groter politieke beheer oor die Suid-Afrikaanse ekonomie, en dit bied nie ’n oplossing vir die land se ekonomiese probleme nie, meen Du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan ·

Toe Ramaphosa aan bewind gekom het, was só baie mense opgewonde oor die feit dat hy glo verstaan hoe werk ‘n land se ekonomie.
Hoeveel mense dink nog so?

Anneli ·

Net die alomteenwoordige naïwe mense……………..en een na die ander gaan hulle ook met ‘n skok wakker skrik.

Kasper ·

Die Anc se einddoel was nog altyd ‘n volle kommunistiese staat. Hulle sal nie ophou voor alles getransformeer is in volle kommunisme in nie. Verder die land hardloop baie vining uit geld uit, buitelandse lenings is ook nie meer so maklik bekombaar nie, dus raak die anc paniekerig, want waarmee gaan hulle die massas in toom hou, as daar nie geld is vir al die verskillende toelaes en vergrote staats salarisse nie. Hier kom groot moeilikheid vir die land…..

Brutus ·

Die land gaan op eindig soos Zimbabwe sterk op pad , dit is hart verskeurend.

Gert ·

Ramaphosa is en was nog heeltyd ‘n lid van die SAKP. Dis wat kommuniste doen, hulle vernietig die entrepreneurs en vervang hulle met staatsamptenare.

Janiney ·

So wat moet ons doen. Dit voel asof ons opsies al hoe minder word. Gaan immigreer rerig ons laaste opsie wees? Al wil ons dit nie doen nie. Ek raak so bekommerd oor my staats pension en my kinders se toekoms. Eerlik waar is daar hoop?????

John ·

Moenie ‘n man op sy baadjie takseer nie… CR is nie Westers nie en selfs meer verkramp-Afrokaans as Zuma. Die ANC se liefde vir Kuba toon sy aard: Absolute gierigheid en sadisitiese beheer oor alles. G’n snars besorgdheid oor die naaste nie. Ons ondergang is verseker op hande. Die hoop beskaam dat CR kwaad en verkeerd kan herken en wil straf.

Derek ·

Dis nou wat gebeur as jy direk van “stone age” na “silicon age” probeer gaan.

Bekommerd ·

komministe wil en sal hul hand op elke sent moontlik lê. Gierigheid. CR vergeet dat die meeste wat hy het tedanke is aan die ou regering.

Jerry ·

Sakeliga is redelik mooi in die kol met die ontleding. Al wat ek sal byvoeg is dat die veranderinge wat deur CR geimplementeer moet word daarop dui dat die ANC onstuitbaar voort stoomroller om hulle droom van “sosialism in our life time” te verwesenlik. Ons weet en stem saam oor die rigting wat die ANC ingeslaan het. Die kopseer wat nou voorle is hoe om te verhoed dat die ANC n twee derde meerderheid in die verkiesing behaal en hoe om dan te verhoed dat die parlement en regbank afhanklik van die ANC optree. Dit sal beslis volle politieke en ekonomiese beheer aan die ANC besorg en dit dames en here is ek bevrees, is wat die ANC vir SA wil baar, deels ook om te verhoed dat staatskapers regtig in die tronk beland. Hoe stop jy hierdie fenomen? Uhu um, seker maar deur aan te sluit by Solidariteit/AfriForum, want dan hoef ons nie te vlug nie en nie te betaal vir apartheid nie en om dan ook vir die VF of cope te stem, alhoewel ons weet dat nie hulle of enige ander politieke party n lewensvatbare oplossing het om hierdie fenomen te stop nie!

Braaier ·

Saam met die Anc se beleidmaker, die Eff, het Anc klaar 70% stemme.

Philippus Janse van Rensburg ·

Alleenlik die mees naïwe mense glo dat dit sal goedgaan onder die ANC. Hulle is deur -en-deur Marxisties en sal nie afwyk daarvan nie.

vra maar net ·

Wonder wanneer gaan de klerk en roelf en die ja stemmers se wigte en teenwigte wat hulle so in vervoering oor was nou begin werk om die land van ondergang te red

wet ·

Hulle steek hulle koppe nou in die sand…See no evil hear no evil soos daardie 3 apies vertoon

Therese ·

Daar behoort geen twyfel te wees oor waar SA op die vooraand van die 2019 verkiesing staan nie, by die lees van Blade Nzimande se woorde in Politicsweb:

“We should intensify pushing the reconfiguration of the Alliance to place the interests of the working class and poor – the majority of our people – at the centre of our shared programme, the second radical phase of the National Democratic Revolution, and therefore at the centre of state power and its exercise as a pillar of the revolution following our 1994 democratic breakthrough.”

Nzimande sê o.a. verder dat belangrike besluite slegs d.m.v. konsultasie en konsensus deur die kollektiewe leierskap van die Alliansie geneem moet word, en nié deur outoritêre leierskap nie. Dis dus duidelik dat president Ramaphosa nie vrye teuels op sy ‘wit perd’ het soos sommige graag verbeel nie.

Jaap ·

Wat het enige iemand beter verwag.
As n land regeer word deur weet nie wat nie gaan dit verseker nie vorentoe nie.
SA baie naby om in sy agterend in te val.
Soek net meer en meer en ons gaan betaal vir dit,want die ander kry net en wil he en gaan nie werk of betaal daarvoor nie.
Want dan brand ons en plunder om te wys ons in beheer.

Jeremia ·

Let wel – dit is kommunisme met Afrika klere aan. En kyk maar na hele Afrika hoe lyk dit.
Kuba is omtrent verval in ‘n baie vuil en morsige Steentydperk.
Ou kommunistiese lande se mislukking en gevolglike agterstande spreek vanself.
En die leierskorps is gewoonlik superryk geteer op die rug van leeggesuigde superarmes.

Daan ·

Beheer van ekonomie is eintlik die byvoordeel, want hulle is in werklikheid en soos almal weet wat oe het ook kan sien, agter add kapitaal om die stemme vir so lank as moontlik te koop/behou. Friend dink nou maar net wat se gaos en annergie hier gaan heers as die kraane opdroog. Eskom, Sassa, staatshospitale,munisipaliteite,Dennel,Sauk,SAL en so kan ons dit opnoem is kisboude. Ons hou aan meer opdok agv koripsie en dis nie genoeg om die pot aan die kook te hou nie ,nee vat nou maar die geldjies van janallerman-ten minste weet jy nou al die geld sal gaan vir korupsie en nie later uitvind met vluitjie blasers en Zondo kommissies nie. Korupsie bloei ons droog en dit kan nie stop gesit word nie, politisie weet dit en dis nou n wedloop vir selfveryking voor die rotte die skippie verlaat met jou en my nes eiertjies. Dan sit die ouens wat

Johan ·

Kommunisme in werking… Dit gaan nog baie erger raak. Dis nou eers die begin.

Loeis ·

Interessante verwikkeling hierdie, oor pensioenfondse.

Baie mense wie in 1992 Ja gestem het, wat ‘n direkte oorsaak van vandag se ANC bewind is, gaan nou direk vir hulle fout moet help betaal. Ek verbeel my juis dat ek iewers gelees het dat wat jy saai, is wat jy maai.

Sê-ma-net ·

Die ANC is nie en was nooit ‘n demojratiese party nie. Punt. Dis ‘n pro-kommunistiese party wat aan bewind gekom het deur middel van ‘n demokratiese proses. Geen politieke party bied tans werklik alternatiewe aan nie. Almal hoop om sekf op die soustrein te klim met ‘n ‘ANC Light’ beleid. ‘n Federale Stelsel in Sentrale Regering is die enigste werkbare alternatief om ‘n een party staat stelsel te verhoed. Die politieke party wat die ruggraat het om op te staan en te sê ’tot hier en nie ‘n tree verder nie’ sal ny stem kry. Maar helaas, die hoop beskaam…

Arogansie maak jou honger ·

Net om nou te wen en n punt te wil bewys gaan ons duur te staan kom. Die mense wat hierdie doellose verkeerde besluite neem sal oor 100 jaar wanner ons hulp vir kos en bystand gaan soek, ansistors wees. Die nasie gaan baie honger wees en gewig verloor. Maar nou ja. Hoe vinniger ons daarby uit gaan kom sal die 100 jaar verby wees. Byt vas.

wilma ·

Ek weet van ‘n paar besighede wat hul deure gesluit het a.g.v. SEB wat nog meer werkloosheid veroorsaak het. Waar gaan alles eindig?

jakes ·

SA se ekonomie is basies reeds rommelstatus. Wat die uiteinde sal wees as hierdie snert ingestel word sal dit n totale verval beteken en sal anargie en chaos uitbreek. CR gaan die land oor die afgrond help.

Dusver is slegs die staatsdienspensioenfonds deur die regering beroof vir sy bankrot instellings e n vir BBBEE .Nou is dit privaat pensioenfondse se beurt . Welcome to the club . Sluit aan by ons A P Stemmet Amagp ·

Dusver het die regerting net fie staatsfienspensioenfonds betoof om vir sy bankrot instelllings seoos. Eskom en sy BBBEE avonture te betaal. Nou is dit die privaat pensioenfondese se beurt. Werlcome to the vlub!!Sluit aan by Amagp om hierdie aasvoelplanne te beveg.A P Stemmet. Amagp

Snowflakie ·

Ons het nie n keuse gehad as om “ja” te stem in 1992 nie!! Daar sou n “burgeroorlog”
uitgebreek het. Die res van die wêreld het toe reeds teen SA gedraai. Word wakker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.