Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, sê die party gaan strafregtelike klagte van laster en kwaadwillige optrede teen die DA aanhangig maak. “Ons sal ook die relevante strukture oor verkiesings, insluitend die OVK [Onafhanklike Verkiesingskommissie] en die verkiesingshof, nader indien nodig om te verseker dat hierdie onverantwoordelike gedrag ingekort en blootgestel word.” Mthembu sê die SMS is ʼn “blatante leuen” en teiken Zuma. Die SMS wat aan voornemende kiesers gestuur is lees: “Die Nkandla-verslag wys hoe Zuma jou geld gesteel het om sy R246 m huis te bou. Stem DA op 7 Mei op korrupsie te klop. Saam vir verandering.”
Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het egter teruggekap en die ANC se dreigement verwelkom. “Die DA verwelkom die geleentheid om hof toe te gaan om ons poging om verantwoordbaarheid vir die Nkandlagate-skandaal te verseker, te verdedig. Ons sal aan die regter sê wat die res van Suid-Afrika die week gehoor het, dat president Zuma onbehoorlik en wesenlik baat gevind het by die R246 miljoen se sogenaamde veiligheidsopgraderings by sy privaatwoning in Nkandla.” Sy sê die ANC is besig om Zuma blindelings te beskerm. “In plaas daarvan om alles moontlik te doen om te verseker dat president Zuma uit sy amp verwyder word en seker te maak dat hy om verskoning vra vir die verkeerde dade, sal hulle eerder tyd en energie spandeer om die waarheid van die land te probeer wegsteek.”
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het vroeër die week haar finale verslag oor Nkandla bekend gemaak. Dit het bevind dat president Zuma en sy familie onbehoorlik by die opgraderings by sy privaatwoning by Nkandla gebaat het. Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het reeds aanklagte van korrupsie teen Zuma aanhangig gemaak.
Lees ook:
Video: Nkandla-verslag opgesom
Só sê ANC oor Nkandla-verslag
Nkandla: Zuma en ministers moet bedank
Presidensie reageer vandag oor Nkandla-verslag
Nuuskommentaar: Nkandla-verslag: Wat nou?Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Nkandla-verslag vrygestel
Dit is dan huur grond hoe kan hy 3 Huise laat sekuriteit opsit ? Ander ministers het een huis en een vrou hy Zuma baie vroue en huise wat se staatshuise se ………. Vir wat is hy bang? Om onder grond se tonnels te bou ?????
Dit is dan die waarhied
Die waarheid sal oorwin. Daar kan nie oor harde feite geargumenteer word nie. Die DA het my stem.
Dit is dalk die manier om die skelm in die hof te kry. Dan moet hy bewys hy het nie gesteel nie. Wed enigeen hy sal dit prober vermy.
As n mens baklei oor die waarheid is n mens skuldig
Zuma maak net seker dat sy goue handruk aan sy vereistes voldoen…..
Die ANC en die DA kan maar lekker baklei. Vir die DA(lees g@tkruipers) sal ek nooit weer stem nie. Ek hoop en bid die derde hond kom met die been weg.