ANC wil finale Nkandla-verslag deur stoomroller

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die DA het Donderdag daarop gesinspeel dat hy die polisieminister Nathi Nhleko se verslag in die hof sal teenstaan nadat die ANC-meerderheid ʼn versoek deur opposisiepartye dat getuies geroep word, van die hand gewys het.

Die ANC-meerderheid in die ad hoc parlementêre komitee wat Nhleko se verslag oorweeg, het maklik die voorstel deur Stege Swart van die ACDP verwerp. Swart het versoek dat Thuli Madonsela, openbare beskermer, geroep word om haar verslag oor Nkandla te kom verduidelik aan die komitee.

Swart het aangevoer dat die regerende party die reg het om met Madonsela te verskil maar eers nadat hulle met haar in gesprek was oor die saak. Doris Dlakude, die ANC se adjunkhoofsweep, het egter nie hiermee saamgestem nie.

“Ons almal weet wat ons by Nkandla gesien het en ons almal stem saam dat geld gesteel is by Nkandla, so dis nie nodig om getuies te roep nie.” Opposisie-LP’s het na ʼn besoek aan Nkandla verlede week toegegee dat ondanks die koste, daar nie die nodige veiligheid is by Nkandla nie.

Die opposisie en die ANC het egter soos met die vorige ad hoc komitee oor Nkandla vasgeval oor Madonsela se verslag en die behoefte om meer getuies, selfs pres. Jacob Zuma indien nodig, te roep.

Die ANC het intussen ook besluit dat die komitee sal begin om die finale verslag op te stel vir oorhandiging aan die Nasionale Vergadering. Minister Nhleko het al vroeër gesê dat hy hoop die verslag die finale deel sal wees van ʼn hoofstuk wat Zuma vir jare geteister het.

Mathole Motshekga, ANC-veteraan, het Madonsela daarvan beskuldig dat sy die land mislei het. “Die verslag van die openbare beskermer is misleidend en het die land mislei. Dit was duidelik: ons was nie by of in ʼn amfiteater nie. So wat ook al sy gesê het oor ʼn amfiteater val weg en ons was by die swembad…en daar is niemand wat kan sê die gebruik van die water is irrasioneel of nie logies nie.”

Motskekga het beklemtoon dat die projek ʼn groot vermorsing van belastingbetalers se geld was, maar gesê die blaam kan nie voor die president se deur gelê word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is mos half voorspelbaar na aanleiding van die vorige voetslepery vanaf Die SG cluster agente na minister en daarna seker n draai by die skoonmakers solank daar net elke keer n skuiwergat is .Alles gaan netjies onder n mat ingevee word en ontken word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.