ANC wil grondbesit beperk

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag gesê die party wil grondbesit beperk.

Mantashe het Woensdag joernaliste toegespreek na afloop van die ANC nasionale uitvoerende komitee se lekgotla wat in Centurion gehou is.

“Daar is by die lekgotla besluit dat grondeienaarskap beperk moet word tot ʼn maksimum van 12 000 hektaar, of twee plase, vir sowel natuurlike persone as regspersone,” het hy gesê

“Grondbesit deur buitelandse burgers sal verbied word.” Mantashe het gesê buitelanders kan egter toegang tot grond bekom deur huurooreenskomste. Die party soek ook verpligte verklaring van grondbesit.

Die ANC het ʼn beroep gedoen vir meer beslissende en ingrypende leierskap van die regering wanneer dit by die herverdeling van grond kom. “Daar word verder van die regering verwag om uit te brei op die 50/50-beleidsraamwerk,” het Mantashe gesê.

Hy het ʼn beroep op mense gedoen om inisiatiewe, soos dié waar ʼn gedeelte van ʼn plaas aan plaaswerkers toegestaan word, te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

So om 12000 ha se wynplase te besit is dieselfde as om 12000 ha se dorre karooplase te besit. Logiese denke is nie hulle sterkpunt nie.

Fanie ·

Nou wil ek weet, is Julius ‘n binnelander of ‘n buitelander. Ek meen sy voorouers het hierheen getrek.

En dan wil ek by die man in die foto weet watter rus het daai baardjie en snor(retjie) ge-inspireer?

Anton Smit ·

Helizna natuurlik sal tribal grond nie van toepassing wees nie want hoeveel blankes dink jy woon op tribal grond

leon van deventer ·

Hulle soek nou die grond meer as 12000hektar of meer as 2 plase more soek hulle die res

Neels ·

Die vlak van politieke insig wat hier ten toon gestel word is verbysterend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.