ANC wil grondgrypwet teen einde Maart afhandel

Foto ter illustrasie: Pixabay

Die ANC het nie gras onder hul voete laat groei nie en wil die inhoud van ’n grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik reeds teen 31 Maart voltooi te hê.

Dit beteken die land sal teen die tyd van aanstaande jaar se verkiesing weet wat die regerende party se voornemens is.

Die versigtige en eng bewoording van die resolusie is ’n verdere aanduiding dat die gematigde deel van die ANC tans die beheer oor die tersaaklike proses oorgeneem het.

Die resolusie lui dat die wysiging van die Grondwet slegs dit mag eksplisiet maak wat reeds implisiet in die Grondwet is, naamlik dat onteiening sonder vergoeding ’n legitieme opsie is vir grondhervorming, dat die onregte van die verlede reggestel moet word en dat niks gedoen moet word wat voedselproduksie of die ekonomie kan skaad nie.

Wat dit in parlementêre taal beteken, is dat enige voorstelle wat byvoorbeeld buite hierdie raamwerk beweeg en in ’n latere hofsaak as sodanig bevind word, ongeldig verklaar kan word.

Voorts bepaal die resolusie dat ’n merkwaardig groot komitee van 25 lede die voorgestelde grondwetlike wysiging moet opstel. Van die 25 sal elf stemreg hê – 6 van die ANC, 2 van die DA, een elk van die EFF en IVP, en een van die kleiner partye.

Die ander 14 lede sal nie stemreg hê nie – twee van die ANC, een elk van die DA, EFF en IVP, en tien lede van die kleiner partye. Dit beteken alle partye met verteenwoordiging in die parlement sal op die komitee verteenwoordig word.

Die mosie, wat voorgestel is deur die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, is ondersteun deur die ANC, EFF, NFP, UDM, AIC en APC, en is teengestaan deur die DA, IVP, VF Plus, ACDP en Cope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JV ·

6 uit 11, is die meerderheid vir die ANC. Dink die spul ander is onnosel.

Hoe nou..... ·

Ek stem…..hulle het te veel stemme – maak dit eerder 4.

Magrietha ·

Laat hulle dit doen geen grond geen leenings of erfbelasting nie bank gaan toe maak hulle gaan sonder werk sit

John ·

Die mosie is reeds teegestaan. Hoe kom die skrywer uit by die idee dat dit ‘n gematigde deel van die ANC is? Waarom dan die wet wysig? CR wil bloot lae profiel hou om buitelandse beleggers te paai. As die damwal breek, help dit nie om hokaai te skree nie. CR is ‘n roekelose man wat net hande-in-die-lug sal gooi met aaitog die armstes-der-armes was soooo grondhonger…. Net jammer blikkies ingemaakte grond sal nie lekker akkordeer met die meeste se spysverterings nie…. Vars bloed sal daarby gevoeg word om beter te smaak, maar dit sal ook nie help nie. Africa has’nt got what it takes… aanvaar dit nou maar…. Dis totaal en al onreabiliteerbaar verrot….

Gemaskerde Sopbeen ·

Natuurlik moet dit teen einde Maart klaar wees………….anders hoe gaan hulle die volgende verksiesing “wen”? Dis tyd vir die ondedrukte minderheid om ondergronds te gaan……

Martin ·

Soos gewoonlik word wette en konstetisie verander om hulle sak te pas. En solank die ANC vir hulself die meeste stemferegtiges toe-eien sal hulle altyd hul sin kry.

Henry ·

Om myself te herhaal.
Stuiptrekkings van ‘n bankkrot regime.
‘n Regime wat soos die res van hierdie planeet se onnooslikes en agtergeblewenes, steeds ‘n uitgediende marxistiese dogma gebruik om hul eie vraatsug te bevredig.
Saal op en laat waai uit hierrie helhool, voor dit te laat is.

Chrisjan ·

Jan-jan, jy laat dit klink of ons niks het om oor bekommerd te wees en daar mense met integriteit in die anc is.

Ek dog ek sê maar net... ·

Ek is ook bekommerd. Maar meer bekommerd oor die eerste plaas wat gevat gaan word. Die boer sal seker probeer om sy plaas te beskerm, en die res sal staan en videos maak en selfies neem. Daar sal darem genoeg mense wees wat hul ongelukkigheid daaroor op twitter gaan deel….herhaal…en so gaan n eens pragtige land voir ons oë en op youtube vernietig word.

Hanna Hoekom ·

Ja nee, die verkiesing is om die draai! Die cANCer het geen ander “kaart” om te speel nie. Wat n kwade dag sal dit nie wees nie! Our people gaan binnekort moet grond vreet, want net mooi niks is uit die Zimbabwe fiasko geleer nie. Net mooi niks!

vissie ·

Grondgryp kodessa….Iewers tussen die papiere sal ons vir Roelf Meyer kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.