‘ANC wil Mej. SA ook dwing om knie te buig’

Lalela Mswane. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

Die VF Plus sê hy betreur die feit dat die ANC-regering op ongevoelige wyse die drome van Mej. Suid-Afrika wil verydel om aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem.

Volgens dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, herinner dit aan die politieke inmenging wat onbehoorlike druk op die land se krieketspan geplaas het met die T20-Wêreldbekertoernooi.

“Soos met krieket se Black Lives Matter-rasse-agenda maak die regering en organisasies soos die Palestynse politieke party Fatah ʼn rasse-aangeleentheid van die internasionale skoonheidskompetisie omdat dit in Israel aangebied word.”

Die Suid-Afrikaanse regering het Sondag aangekondig dat hy sy steun aan die Mej. Suid-Afrika-organisasie onttrek ná vrugtelose pogings om die organisasie te oorreed om nie aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem nie omdat dit vanjaar in Israel plaasvind.

“Die gruweldade wat Israel teen Palestyne gepleeg het, is goed gedokumenteer en as die wettige verteenwoordiger van die mense van Suid-Afrika kan die regering hom nie met ʼn goeie gewete daarmee vereenselwig nie,” het Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, gesê.

Nadat ander partye, soos die EFF, verlede week versoek het dat Lalela Mswane, die huidige Mej. Suid-Afrika, nie aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem nie, het die organiseerders van die Mej. SA-organisasie bevestig dat Mswane wel sal deelneem.

“Dit is ironies dat Mswane self reeds aangedui het dat sy in haar jaar as Mej. Suid-Afrika wil fokus op een van die maatskaplike euwels wat die ANC-regering in haar eie land geskep het, naamlik werkloosheid met die armoede, desperaatheid en misdaad wat daarmee gepaard gaan,” meen Mulder.

Die ANC vergeet ook duidelik dat hy rassisme soos regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) geïnstitusionaliseer het in Suid-Afrika en dat hy self verantwoordelik is vir gruwels teen sy eie land se mense weens omvangryke werkloosheid.

“Altesame 13,8 miljoen mense of 25% van die land se bevolking (Statistieke Suid-Afrika) het nie geld om kos mee te koop nie. Misdaad en moordvlakke is van die hoogste in die wêreld.”

Anders as met die skoonheid- en sportkompetisies kan die ANC-regering maklik die internasionale kroon dra vir die mees korrupte en onbevoegste regering in die wêreld, sê Mulder.

“Suid-Afrika se buitelandse beleid teenoor Israel is werklikheidsvreemd en argaïes. Die VF Plus doen ʼn beroep op die land se voorste maatskappye en die publiek om hulle agter Mswane te skaar en haar na die kompetisie te stuur om sodoende ʼn boodskap aan die ANC te stuur dat politieke inmenging in sport en kompetisies soos hierdie moet ophou.

“Die ANC moet ook ligloop daarvoor dat ander lande nie ʼn streep begin trek oor die regering se inmenging en rasse-voorskrifte in sport wat die land se nasionale spanne sonder enige twyfel benadeel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Swerwer ·

Lalela Mswane jy is pragtig, moenie jou knie vir die ANC buig nie. Gaan en verteenwoordig ons land!
Hul dubbelstandaarde wat hul toepas in ons land is niks anders as waarvoor hul onttrek en jou nie steun
nie. Mag jy Mej Heelal word en hierdie klomp op hul neuse laat kyk.

Nie Verbaas ·

Die stelling dat die ANC die kroon kan dra as die onbevoegste regering in die wêreld is absoluut in die kol. Ek het nooit gedink ek sal in my lewe met sulke hopeloosheid en onbevoegdheid te doen kry nie.

Annelize ·

Ag goeie genade. ALLES was die ANC aan vat, verander in ‘n gemors. Hou asb julle pootjies tuis. Gaan neem deel Lalela, moenie laat die ANC jou drome verwoes soos hulle die hele land al verwoes het nie. Ek hoop jy wen loshande, ek sal jou kom help om hulle neusies daarin te vryf.

Mariana ·

Ja hulle praat maklik van gruweldade teenoor palestyne maar dit wat palestyne teenoor ander doen word nou maar vergeet. Die regering moet ook nie vergeet van hul eie dade teenoor SA nie. Hier kry mense elke dag baie swaar as gevolg van hulle en hul gulsigheid na mag en rykdom. Hoe maklik wys hul vinger na ander terwyl hulle self agter die deur staan. Pfft!!!

richard ·

net een vraag is hulle finasieel betrokke of is dit die selfde as die olimpies speel waar elke atleet op sy eie stoom (gelds gewys) moet deelneem en as hulle dan met medaljas huis toe kom word hulle op lughawe ingewag en dan word gese dit is vir Suid Afrika maw hulle die eer he maar voel niks soos hierdie haar in die hoof speel die wenners wit was.
eers na dat private prysgeld betrokke geraak het het hulle ook op die “bandwagon” gespring en die eer vir hulle self toeein.

Jakes ·

Ag Nathi, watter land behalwe China, Kuba en ander Afrikalande sal na jou en jou maters se gesanik luister? Dink jy regtig Israel sal hul dood bekommer as jy die meisie dwing of aanmoedig om te onttrek?

SjN ·

Plaas die Anc aandring dat hul lede eerder rug buig en werk, nie net bakhand staan nie.

Toy ·

Die ANC moet ophou met hul manipulerende optrede, dit staan ‘n mens nie aan nie. Hou op om in te meng in alles en doen iets aan al die misdaad in die land, dan sal dit baie beter met ons al klaar gaan.

Jacobus ·

Iemand moet gaan sit en die skade bereken wat die sot SA betrokken het. Dit moet einde kry! Asof sotlike dorp en straatname nie duur genoeg is nie. Die ANC besef nie dat nuwe name, buig van knië en doellose partytjies sit nie brood op die tafel nie.

Johann ·

Die ANC probeer net vir Anti Kopdoek op.die verhoog te kry sodat sy kan twirk en vuiste swaai in haar traditional outfit….

Faraway ·

Gen 12:2
Ek sal seën diegene wat jou seën, en elkeen wat jou vervloek, sal Ek vloek; en al die volke op aarde sal deur jou geseën word. ” (NIV)

Ek haal aan “Israel as ‘n volk en ‘n volk is God se uitverkorenes. In Deuteronomium 32:10 en Sagaria 2: 8 noem die Here God Israel “die appel van sy oog.” En aan Abraham het God in Genesis 12: 2-3 gesê: “Ek sal jou tot ‘n groot nasie maak, en Ek sal jou seën, jou Naam groot maak, en jy sal ‘n seën wees.

Pasop wat jy/julle teen Isreal spreek . . .

Rooikoos ·

Ek dink nie die ANC idiote besef waarmee hulle speel nie Farawy.

Grassie ·

Die S A politici moet liewers ophou om gal te braak teen Israel. Eendag is eendag dan kom knoop Mossad dalk ‘n gesprekkie met hulle aan. Ek dink nie Israel is enigiemand se slaansak nie.

Cheryl ·

Lalela jy is duidelik nie net ‘n mooi gesiggie nie. Staan vir dit waarin jy glo en moenie dat die minderheid jou voorskryf nie. Hoop jy wen. You go girl!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir en vertroue in enige ANC-leier en EFF-leier van die verlede en hede nie. Finish en klaar.

Akhenatha ·

Wat beteken dit dat die regering hulle steun onttrek? Moet sy nou self betaal? Word sy gesponsor deur die organiseerders van die kompetisie? Ek hoop nie dit het ‘n finansiële impak nie.

Martie Smartie ·

Die 13.8 milj mense wat nie geld het om kos te koop nie: (1) Waarom ontvang hulle nie SASSA nie; (2) Indien hulle dit ontvang, koop hulle nie kos daarmee nie? Of (3) Stats SA stel dit as n feit terwyl dit deur respondente kwyt geraak is tydens peilings wat wys dat mens dit nie kan vertrou nie?

Martie Smartie ·

Die gruweldada wat deur die ANC gepleeg is, is net so goed gedokumenteer.

JohanR ·

Die ANC begin stadig maar seker irrelevant word. Luister nie meer na Cyril, en nog minder na sy dom minister!

Ria ·

Ons is sterk oppad na n ansolute kommunisties/sosialistiese staat waar mense geen regte het nie. Dis skokkend

RekmyBek ·

Stem volkome saam met VF.
Staan sterk teen die korrupte ANC. Jy buig vir God en staan regop met jou vuis op jou bors vir jou land en sy mense.
Basta met politieke inmengery!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…..en kyk die ANC weereens met ñ ongekende eenogigheid na Israel, maar vergeet skynbaar al die gruweldade waaraan die klomp Arabiere teenoor Israel skuldig is. Ek wonder net wie bestook Israel amper op ñ daagkikse basis met missiele en boonop nog burgerlike teikens? Die ANC en EFF speel in elk geval met die leeu se bal want ek sal nie met die Verbondsvolk neuk nie. God slaap nie!

lodewyk ·

cANCer is besig om dit te verloor,hulle moet net die finale dood skoot kry om hulle te verlos van die malkop siekte,sterkte Mej SA ons is agter jou en vertel die wereld wat in SA aangaan,hulle oe sal dalk oop gaan??

Samuel ·

Die ANC moet voor sy eie deur vee. Kyk hoe (mis) handel die hoogheilige ANC minderhede in Suid-Afrika! Waar kom Nathi Mthethwa aan sy onbeskaamde arrogansie? Ek hoop mej Suid-Afrika wen die kroon as Mej. Heelal!!

jzjz05 ·

Wat kan n mens van n politieke, rasmal ANC verwag. so probeer hulle plaasmoorde korupsie, onvermoe om die land te bestuur ens.wegsteek deur die optreedes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.