ANC wil nie ‘angstigheid’ oor adjunkpresident hê nie

Ace Magashule (links) en Paul Mabe, die ANC se nasionale woordvoerder, spreek joernaliste toe. Foto: ANA.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, het Sondag gesê die ANC sal verseker dat daar geen “angstigheid” oor die aanstelling van ʼn nuwe adjunkpresident ontstaan nie.

“Oor die kwessie van kabinet [kabinetsaanstellings], dit is altyd die president se prerogatief tydens of ná oorlegpleging met die nasionale beamptes. Môre [Maandag] het ons ʼn eenvoudige, normale raadsvergadering,” het Magashule aan joernaliste by die spesiale vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) in Pretoria gesê.

Magashule het gesê indien die kwessie tydens dié vergadering ter sprake kom, sal hulle dit daar bespreek. “Ons sal geen tyd verspil nie om te verseker dat die kwessie van kabinet, die kwessie van die adjunkpresident … dat daar nie angstigheid daaroor is nie. Ons het nie ʼn agenda vir môre nie. Dis ʼn normale raadsvergadering, maar as dit ter sprake kom, sal dit deel uitmaak van ons gesprek, ja.”

Ramaphosa verkeer onder druk van sekere groepe om ʼn adjunkpresident aan te stel en veranderinge te maak aan die kabinet wat hy geërf het om sodoende ontslae te raak van korrupte en onbekwame ministers. Hy beraadslaag glo tans oor dié kwessie.

Die spesiale NUK-vergadering is Sondag  byeengeroep om ontplooiing van lede van die NUK na subkomitees en provinsies af te sluit. Volgens Magashule het Ramaphosa  glo die lede van die NUK tydens die vergadering gemaan om dit verantwoordelik en doeltreffend uit te voer.

Die president het ook kortliks die begrotingsrede bespreek wat verlede week deur Malusi Gigaba, minister van finansies, gelewer is. Hy het spesifiek verwys na die beperkte fiskale ruimte waarin Suid-Afrika hom bevind en die uitdaging van moeilike besluite oor kwessies soos die voorgestelde verhoging op BTW.

Volgens Magashule glo die NUK dat die regering verdere maatreëls moet ondersoek betreffende die negatiewe uitwerking van BTW-toename op die armes – waaronder byvoegings tot die lys van items waarop daar glad nie BTW betaal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pop ·

Jys die eerste een wat moet waai. En jy en jou kamtige verlore dogrertjie kan maar tronk toe gaan.

Frikkie Geld en huis ·

Waarom hul altyd op ‘n Sondag moet vergader, verstaan ek nie.

Kom ons kyk of MM kans sien om die een te plaas.

SjN ·

Frikkie, dan kry hulle ekstra betaling, CR moet sommer eerste Ace laat ondersoek oor sy mini Nkandla in Bftn en die melkplaas skandaal.

Blommie ·

Miskien soos een van die kommentators genoem het kry hulle dubbel salaris op Sondae .. en natuurlik die disrespek vir ander se geloofsoortuigings is duidelik hier te siene ..

linda ·

Dis beter op n Sondag, dan is almal beskikbaar om n vergadering by te woon !!! Gedurende die week is hierdie een en daardie een ‘te besig’ !

wraggies ·

AL waaroor ek angstig is, is dat dié wat betrokke is by misdaad tronk to moet gaan.

Paul ·

Of die twee nuwes van die ANC se top 6 wat reeds by korrupsie betrek word, dis hulle wat my erg angstig maak. As hulle in die kabiet ook nog, en veral die een as adjunk pres aangewys moet word, is 80% van Ramaphosa se goeie bedoelings in die see in. Wat se boodskap stuur hy dan die wêreld in?

kobus ·

Ondersoek Ace ook oor die eierplaas en die kontrakte wat aan sy dogter toe geken is. Hoekom sien ons niks daaroor in die media nie?

Jef ·

Wil my voorkom dat die regering net op Sondag werk en Maandag tot Saterdag lekker fiesta hou.
Kan die president vir die adjunk president se, ek hou van hard werk ek kan ure na jou kyk hoe jy werk.

linda ·

In my opinies sou ek eerste Mabuza kies. As hy dit van die hand af wys, defnities n vrou, Mbete, ons Speaker. Hierdie twee mense staan nie vir korrupsie nie en hul is goed gekwalifiseer !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.