ANC wil plaasuitsettings stopsit

Ronald Lamola, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), spreek die media toe. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Afgevaardigdes by die ANC se grondberaad die afgelope naweek het onder meer besluit dat grondeise deur plaasbewoners onmiddellik afgehandel moet word en dat titelaktes aan die eisers gegee moet word.

Só het Ronald Lamola, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), Maandag gesê. Die regerende party het die afgelope naweek ʼn grondberaad in Boksburg in Gauteng gehou. Afgevaardigdes by die beraad het ook gevra dat plaasuitsettings onmiddellik beëindig moet word.

“Daar is minstens 22 000 eise van plaasbewoners. Daar word ʼn beroep op die regering gedoen om op te tree en plaasuitsettings te beëindig en te verseker dat dit nie weer gebeur nie, veral in gebiede wat erg getref word deur uitsettings soos in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga,” het Lamola gesê.

ʼn Paneel binne die presidensie sal op die been gebring word om namens die regering uitsettings teen te staan.

eNCA berig pres. Cyril Ramaphosa het weer Saterdag tydens die beraad herhaal dat grondonteiening sonder vergoeding die enigste manier is om die kwessies van ongelykheid en armoede te takel.

“Sonder die erkenning van die eiendomsregte van al ons mense sal ons nie ongelykheid kan oorkom nie. Sonder om aan armes die hulpbronne te gee om produktief te werk en die grond te bewerk, sal ons nie armoede kan oorkom nie,” het Ramaphosa gesê.

Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie, het egter gesê die uitkomste van die beraad is slegs aanbevelings en nie finale ANC-besluite nie. Die aanbevelings sal volgende week aan die NUK voorgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gert ·

Plak op cyril en malema se grond. Wat van die grond wat dingaan gegee het Aan piet retief.

Spike ·

Armoede sal dadelik begin kwyn. Julle weet nie waarvan julle praat nie. Die mense wil nie werk nie, want werk is te swaar en werk maak jou klaar.

PJC ·

Iemand wat na alles wat die afgelope jare plaasgevind ten opsigte van plaasbewoners nog steeds sulke mense het sal maar moet aanvaar dat dit nou te laat is om van hulle ontslae te raak en maar vorentoe sy grond sonder meer aan hulle moet afstaan of met hulle moet deel. Die ouens wat betyds van die plaasbewoners ontslae geraak het se lewe is nou baie rustiger. Interressant genoeg het die wat afgesit is nou aan die dorpslewe gewoond geraak en stel dus nie meer belang om grond te besit nie.

thinus ·

Eiendomsreg het nie bestaan toe SA gekoloniseer is nie.
Niemand het enige kaart en transport of titel-aktes gehad nie.
Inheemse stamme het in areas gebly en sommige was nomadies.
Daar was geen tot bittermin vaste grense, grense was eenvoudig groot afstande tussen stamme – groot genoeg om nie met mekaar oorlog te maak nie.
Stamhoofde / konings het grondgebied besit volgens die vermoee van sy weermag.
Sy onderdane het geen regte op grond of bates gehad nie – dit was kommuniaal.
Met ontwikkeling en orde wat die Europese pioniers die land ingebring het, het eienaarskap begin.
Ja sommige van die inheemse mense het van hul grond verloor, maar ook die pioniers –
Daar is ook gepoog om die inheemse stamme op hul eie grondgebied te bemagtig maar dit was nogsteeds in die stamhoof of koning se besit – ‘n stelsel wat hul ken en mee gemaklik is.
Die foute wat nog nie herstel is nie, moet dadelik deur die korrupte regering reggestel word – hulle het genoeg tyd en geld gehad!
MAAR mense moet nou nie kom aanspraak maak op dit wat hul nog nooit gehad het nie, of ooit sal kry nie – kyk na die res van AFRIKA.
Dit is bloot net haatgedrewe jaloesie teen die suksesse wat die wit pioniers in hierdie land behaal het.
My oplossing : EENMALIG – Gee nou aan elke volwasse inwoner met RSA id die opsie vir EEN hektaar grond of R100 000 en kyk wie kies die grond!

Lena ·

Ek stem 100% saam met jou. Nie een sal val vir die grond nie, maar beslis vir die geld. Eintlik behoort elke SA burger n lappie grond te kry. Dit sal meer regverdig wees.

snoefie ·

as onteiening plaasgevind het en die “toegekende” grond word verkoop deur die begunstigde wat daar sit en bloedsuig, wie moet die geld kry? want mnr paddaman weer net so goed soos ek dat die grond binne ses maande van die hand gesit sal word.

bertus ·

bof mnr president julle will nou optree voordat she buiteland iets kan doen . want na my menu g onwaarskynlik is. maar moenie warrie nie. die air voorvadergeeste sal teen die onrvangers optree. dag vir dag.

Wilma ·

Hu naief dink govt is Suid Afrikaners. Net die ryk voorheen benadeeldes sal plase ontvang. Armes sal steeds arm wees en dalk nog omkom van hongersnood

Theresa ·

Publiseer asb. ‘n lys van “nuwe” plaaseienaars wat al plase wat onteien is die afgelope 20 jaar , ontvang het. Toon gerus ook op die lys wie boer aktief en of is dit dalk ‘n welgestelde sakeman wat glad nie self boer nie maar wel dié grond het en sy eie ander grond oral rond?
Is dit moontlik om so ‘n lys te bekom?

Oom Kalahari ·

Sluit daar darem potensiale blanke boere ook in op die 22, 000 aansoeke aangesien daar vele arm en benadeelde blankes ook was en gesukkel het om te oorleef en vandag nog steeds in armmoede leef.

bgj van der westhuizen ·

ek wil weet hoe gaan armoede gestop word deur grond te gee daar is miljoene mense wat arm is die enigste manneer is om mense werk te gee dat hulle self vir hulle kan sorg skep werk eerder kan nie dink dat die mense so dom is om dit nog nie te besef nie deur werk te skep los jy die meeste probleme op van arm mense wand hy het dan geld om te koop maar aan die ander kant sit ons met baie arm mense wand hulle het te veel kinders en die bevolking raak te groot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.