ANC wil vier strafregtelik vervolg vir ‘rassisme’

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC het hofaansoeke teen vier Suid-Afrikaners ingedien waarin versoek word dat hulle vervolg en beboet moet word vir hul beweerde rassisme.

Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het gesê die ANC, as regerende party, is moreel en wetlik verplig om aktief leierskap te toon en het ook ’n verantwoordelikheid om rassekonflik te verhoed. “Die aansoeke is hoofsaaklik om die waardigheid van die swart, bruin en Indiër-meerderheid te herstel en ons Grondwet te beskerm.”

Die ANC het Dinsdag ’n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien waarin die party versoek dat die Facebook-inskrywing wat Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, op Facebook gedeel het as rassisties verklaar word en dat dit op haatspraak en onbillike diskriminasie neerkom. Die hof word ook versoek om te verklaar dat vryheid van spraak nie voorsiening maak vir rassistiese uitlatings en haatspraak nie.

Die ANC wil hê Kohler-Barnard moet R500 000 betaal aan ʼn organisasie wat nierassigheid, verdraagsaamheid en versoening bevorder. Die direkteur van openbare vervolging is verder versoek om ’n strafregtelike klag teen haar aanhangig te maak.

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Die ANC het ook ’n aansoek in die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien teen Chris Roberts, DA-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro, nadat hy glo in Julie verlede jaar ʼn mederaadslid ’n bobbejaan genoem het. Die ANC het dieselfde versoek as in sy aansoek teen Kohler-Barnard.

Intussen is daar ook ʼn aansoek in die Scottburgh-landdroshof ingedien teen Penny Sparrow, voormalige eiendomsagent en DA-lid, nadat sy glo op Facebook swart mense met ape vergelyk het. Die ANC versoek dat haar uitlatings as haatspraak verklaar word en dat sy ʼn boete van R200 000 moet betaal.

Die ANC het ook ʼn aansoek by die Roodepoort-landdroshof ingedien en versoek dat Velaphi Khumalo, ʼn werknemer van die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, se beweerde uitsprake dat wit mense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word” as haatspraak en onbillike diskriminasie verklaar moet word.

Mantashe het gesê die DA het baie wit mense en Jode as lede en dat die party ʼn plig het om sy lede te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
Champ

Wil jy nou meer, met ander woorde die ANC is nie Suid Afrikaners nie? Hulle vra nie net dat hulle teen partye se mense vervolg moet word nie, maar draai ook teen hulle eie kieserlede he he

Michael

Hierdie is ‘n verkiesings foefie wat nou holrug gery word deur die ANC en die DA in die hoop om stemme te wen ,hoe pateties pleks gee hulle aandag aan die werklike probleme in SA

Sussie

hoekom moet net witmense boetes betaal… dis dan ook rassisties gedrewe….

Kaspaas

Die Aksie opsig self is rasisties aangesien hy nie sy eie lede aankla nie en hulle het verby die punt van rassisme gegaan en haatspraak gelewer. Dit is maar net n teken dat die ANC baie bekommerd is oor die verkiesing en een ding waarmee hulle baie goed is, is om die aandag af te lei van hulle eie “Failures” en dit is presies wat hulle nou doen. Was hulle regtig besorg oor rassisme sou hulle almal insluitende hulle eie lede asngekla het. Selfs ou Fransman sperl die raskaart om die aandag af te lei van sy probleme. Hy volg… Lees meer »

ZAR

Hoeveel is Khumalo mee beboet? R500 boete en R100 000 verhoging?