ANC wil vier strafregtelik vervolg vir ‘rassisme’

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC het hofaansoeke teen vier Suid-Afrikaners ingedien waarin versoek word dat hulle vervolg en beboet moet word vir hul beweerde rassisme.

Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het gesê die ANC, as regerende party, is moreel en wetlik verplig om aktief leierskap te toon en het ook ’n verantwoordelikheid om rassekonflik te verhoed. “Die aansoeke is hoofsaaklik om die waardigheid van die swart, bruin en Indiër-meerderheid te herstel en ons Grondwet te beskerm.”

Die ANC het Dinsdag ’n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien waarin die party versoek dat die Facebook-inskrywing wat Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, op Facebook gedeel het as rassisties verklaar word en dat dit op haatspraak en onbillike diskriminasie neerkom. Die hof word ook versoek om te verklaar dat vryheid van spraak nie voorsiening maak vir rassistiese uitlatings en haatspraak nie.

Die ANC wil hê Kohler-Barnard moet R500 000 betaal aan ʼn organisasie wat nierassigheid, verdraagsaamheid en versoening bevorder. Die direkteur van openbare vervolging is verder versoek om ’n strafregtelike klag teen haar aanhangig te maak.

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Die ANC het ook ’n aansoek in die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien teen Chris Roberts, DA-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro, nadat hy glo in Julie verlede jaar ʼn mederaadslid ’n bobbejaan genoem het. Die ANC het dieselfde versoek as in sy aansoek teen Kohler-Barnard.

Intussen is daar ook ʼn aansoek in die Scottburgh-landdroshof ingedien teen Penny Sparrow, voormalige eiendomsagent en DA-lid, nadat sy glo op Facebook swart mense met ape vergelyk het. Die ANC versoek dat haar uitlatings as haatspraak verklaar word en dat sy ʼn boete van R200 000 moet betaal.

Die ANC het ook ʼn aansoek by die Roodepoort-landdroshof ingedien en versoek dat Velaphi Khumalo, ʼn werknemer van die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, se beweerde uitsprake dat wit mense “verdien om soos die Jode opgekap en doodgemaak te word” as haatspraak en onbillike diskriminasie verklaar moet word.

Mantashe het gesê die DA het baie wit mense en Jode as lede en dat die party ʼn plig het om sy lede te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Champ ·

Wil jy nou meer, met ander woorde die ANC is nie Suid Afrikaners nie? Hulle vra nie net dat hulle teen partye se mense vervolg moet word nie, maar draai ook teen hulle eie kieserlede he he

Michael ·

Hierdie is ‘n verkiesings foefie wat nou holrug gery word deur die ANC en die DA in die hoop om stemme te wen ,hoe pateties pleks gee hulle aandag aan die werklike probleme in SA

Hein ·

Janee die DA het hom baie na aan die ANC geposisieneer omdat dit is waar die DA die meeste stemme kan kry. Die ANC en die DA se beleid oor baie sake soos BEE, regstellende aksie, kwotas is dieselfde. Is die DA die wolf is skaapsklere en wat gaan hulle nog aan die witmense doen om net die stemme van die meerderheid te lok en te behou…

Sussie ·

hoekom moet net witmense boetes betaal… dis dan ook rassisties gedrewe….

Yolande ·

Ek wonder waarheen gaan daardie geld. Direk na die ANC to? Alhoewel hulle die organisasie noem. Maar die is seker ook deel van die ANC.

Kaspaas ·

Die Aksie opsig self is rasisties aangesien hy nie sy eie lede aankla nie en hulle het verby die punt van rassisme gegaan en haatspraak gelewer. Dit is maar net n teken dat die ANC baie bekommerd is oor die verkiesing en een ding waarmee hulle baie goed is, is om die aandag af te lei van hulle eie “Failures” en dit is presies wat hulle nou doen. Was hulle regtig besorg oor rassisme sou hulle almal insluitende hulle eie lede asngekla het.

Selfs ou Fransman sperl die raskaart om die aandag af te lei van sy probleme. Hy volg duidelik sy meester se voetspore.

ZAR ·

Hoeveel is Khumalo mee beboet? R500 boete en R100 000 verhoging?

m ·

Hulle is die grootste rassiste. Hoop die reel geld vir hulle ook.

Johann Marx ·

Om ‘n klag van rassisme te lê, moet jy eers die woorde verstaan wat jou toegedig word as jy en jou vrou of jy en jou dogter deur bv ‘n winkelsentrum stap. As julle maar verstaan het….

Siestog ·

Interessant – geen bedrag word genome vir Khumalo. Seker net ‘n vryf oor die kop en ‘n vermaning: “seun moenie dit weer doen nie”. Die h ele strorie is lagwekkend.

GES ·

Kla sommer vir Zuma ook oor haatspraak aan. Dit is vir sy “Kill the boer” en masjiengeweerliedjie.

Gertjie ·

Gaan hulle Zuma en Malebe ag ek meen Malema ook vervolg..?
Vra net..!

Kobus ·

Hoe kan die vergelyking tussen die PW Botha Regering se goeie regering teenoor die swak regering van die ANC as rasisme beskou word. Al wat ek in die FB deeling van Barnard sien, is dat die kwaliteit van administrasie van die PW Botha tydperk ver bo die ANC tydperk is en dit is waarna terugverlang word.
Was dit nie Langenhoven wat in die parlement gesê het “Die helfte van julle is bobbejane” en toe hy gevra is om dit terug te trek, het hy geantwoord ” Goed, ek trek dit terug. Die helfte van julle is nie bobbejane nie” Hy is nie aangekla van rasisme nie.
Hoeveel keer sê jy vir iemand ” Jou aap” as hy of sy iets onnosels doen? Is dit nou skielik rasisme? Dit beskryf die optrede, nie die mens nie.
So, asb Gwende Matashe, stop om die aandag van julle onbeholpenheid en onbevoegdheid af te trek en bepaal julle aandag by die werklike probleme wat deur jou “regering” veroorsaak het. Tydens die PW Botha tyd was die R$ wisselkoers $4 vir ‘n Rand. Met al julle boikotaanhitsing in die 80 en 90s het dit tot R4 vir ‘n $ geval. Met julle aan bewind en julle ongeletterde president as voorbok, tuimel die Rand na ampr R17 vir ‘n $.
Dis doeltreffende regering waarna terugverlang word, nie apartheid nie.

Eben Kitching ·

Wat van al die skoolmaats wat die bynaam van Apie gegee is? Is dit ook rasisme?

Pieter ·

Langenhoven het die parlementslede donkies genoem daardie jare. Dit was voor daar diereregte was. Die SPCA behoort ook nou toe te tree omdat mense nou met diere vergelyk word. Natuurlik het die mens baie slegte gewoontes wat deur diere gedoen word of is dit ander om. Ek wonder of ek rassisties sou wees as ek die swart vinnige duidse motorbestuurders padvarke noem. ‘n Mens kan nie sien wat die kleur van die bestuurder is nie, want die vensters in nogal redelik donker. Hoe voel die varke nou want hulle bestuur nie eers nie. Natuurlik dink ek dat die agbare lid nogal gevlei kan voel oor die opmerking want bobbejane is nie dom nie, maar nou wonder ek net hoe die bobbejaan nou moet voel. Jy kan mos nie vir ‘n mens sê hy is ‘n bobbejaan nie. Soos dinge nou gaan is kees ook binnekort in die hof omdat hulle sê hy is net soos ‘n mens. Die mens verskil mos net ‘n paar kromosome. Ek sou sê kees kan dalk ‘n saak hê want dit is darem uiters rassisties om ‘n kees ‘n mens te noem.

Mr P ·

Om te steel/korrupsie…………Gratis. om te moor……R5000. Om jou menig te lig vyeheid van spraak……R500 000. Wat nog. Hulle maak gekke van die ANC.

Theresa B ·

Ek stem saam met Siestog en GES. Dis ook nie meer snaaks dat sekere goed “verander” word hul eie mense betrokke is om hulle te pas nie.

Hannetjie ·

Dis lagwekend! ! Ek is heeltemal vir die feit dat ons moet ophou om ander name te noem. So voel ek egter dat ons me jaar se lewes moet respekteer. Ongelukkig vuur die ANC sy lede aan om die wit bevolking te haat en te vermoor met hul haatspraak. Hoe nou? Beteken demokrasie dan nie huis dat wat Goed is vir die een is Goed vir n ander nie?

Jen ·

Malema moet nie eers aangekla word nie hy moet sommer summier in tronk gesmyt word vir sy haatsprake en erge rassisme en zuma ook…..soek hulle nou weer geld vir party…..Khumalo het baie erger dinge kwytgeraak as die blankes en hy gaan seker net ‘n waarskuwing kry…dit se als. Die anc is daarop uit om ons blankes te vernietig en dis tyd dat ons blankes in opstand begin kom teen hulle.

Sarie ·

Gwede hou tog op om soos ‘n kind op te tree! Magtig begin sommer by eerstens jul president, sy travante en sommer jouself ook aan te kla oor die rasistiese uitlatings wat julle elke dag kwyt raak. Hou op om rasisme in ons kele af te druk en dinge sal vanself regkom in hierdie land!

alida ·

Die ANC bravade moet hulself aankla. Dit howe gaan lekker besig wees en nie tyd he om die moordenaars te vonnis nie.

neelsie ·

Hoe ver sal hulle gaan om stemme te wen.
Die oningeligtes word gebreinspoel net om die soustrein (sonder wiele) aan die gang te hou!

Narike ·

En wat van die klomp twitters!!!! Swart rassisme teen wittes? Net as die blikskottels ook gedagvaar word vir rassisme en haatspraak. Hulle sal enige iets opdis om hulle te laat beter voel.

BoereBikerBaby ·

Verbeel ek my, of is dit net die wit mense wat boetes moet betaal of is die berig weer half geskryf siende daar niks te se is dat Velaphi Khumalo ook boetes moet betaal, siende dat die berig se ‘n daar was net aansoek gedoen by die landdros hof?
Eks nou nie snaaks nie, maar dis baie dom van mense betrokke by partye om rassistiese en haatspraak op sosiale media te spreek.. of is dit vir aandag soek?

P J ·

Siestog, hulle is nou besig om soos n plaat wat vashaak te klink. Hoekom kla hulle nie die politiekuste ook aan nie. Hulle politiekus het gese hy wil die wittes se tonge uitsny ens. Die ergste vorm van haatspraak maar hy is skotvrty en moet net n kurses bywoon. Kan die ANC nie agter kom hulle wys vir die wereld hoe rasisties hulle is nie. Maar ja, al die partye ry die bootjie nou vir die meerderheid se stem.

Rynhardt ·

Afgesien van vier se vervolging vir rassisme, gaan dit daaroor om jag op wittes te maak en hul te vervolg!Dan kan ons elkeen ook klagtes van rassisme gaan le teen Anc vir sy rassistiese wetgewing m.b.t. regstellende aksie teen alle blankes asook klagtes le teen die Anc onder wie se bewind meer as 4000wit boere vermoor is! Jy kan duidelik sien dat eensydige diktatorskap nou bevorder word.Dit gaan nie werk nie! Die Anc wys nou oop en bloot vir publiek dat die demokrasie waaragter hy en sy jonger boet, die DA skuil, is n groot rookskerm!

Tweetie ·

Snaaks dat die DA nou in die ANC se visier is. Die DA se wortels le in die verlingse liberale engelse politiek, en het hard baklei teen die apartheidsbeleid. Mense soos Helen Suzman, Joe Slovo, Helen Zille en Tony Leon is maar net n paar van die Joodse stigters wat n groot rol gespeel het daarin. Helen Zille was n voorloper in die Black Sash beweging en het die ou NP baie opdraend gegee, maar nou word die einste liberale uitgekryt as rassiste, eina! Die politiek darm! En dit terwyl daar so baie Suid-Afrikaners is wat tog goed oor die weg kom, en mekaar respekteer. Gisteraand se Republiek van Zoid Afrika met Vicky Sampson, Rolene Strauss en Adv Thuli Mdonsela het gewys dat daar tog bietjie hoop is, al is dit oppervlakkig, maar die realiteit sit by die opswepende onregverdige politieke leiers, wat alles in hulle vermoe sal doen om enige kritiek te smoor .

Henri ·

Dalk omdat sy oortreding, haatpraak en dreiging om te moor en/of te vermink, val onder die kriminele wet en strafbaar is met tronkstraf?

pieter ·

Dawid bid in die psalms HERE delg my vyande voor my uit,sien julle sondag in die kerk

Mick ·

Ek voel deesdae anders oor sake. (En, ek soek ook ‘n ander party om voor te stem, by-the-way, maar nooit ANC nie of Nuwe DA nie). Snaaks genoeg, ek slaap beter as die ANC daagliks die wittes afknou en name noem, beswadder, blameer en vervolg. Dit beteken hulle bly in beheer want andere hou van wat hulle doen en stem daarom vir hulle. Ek het oorleef die laaste 25 jaar, maar die ANC het ‘n paar miljoen kiesers verloor aan EFF ens. Dienslewering en verbreekte beloftes aan die voorpunt. My familie is OK. Oor daai verbreekte beloftes swyg ek liewer, maar wil tog raad verskaf aan mense. Spaar vir ‘n sambreel, dis die enigste bedekking oor jou kop. Zuma bou slegs EEN huis. En solank as wat die koeie op Nkandla KFC vir aandete kry, kry ek ook,op ‘n verwronge manier, ‘n iets om my mond wat lyk na ‘n glimlag.

Dan ·

Julle moet pasop wat fotos van witmense in julle foto album het. dit is rassisties!!

Vixie ·

Oeps Dan! Dan is my twee katte ook in die moeilikheid. Geensins BEE compliant nie. Hulle is albei spierwit … en mannetjies!

Pieter ·

Die lys beskuldiges sou baie langer gewees het, maar Zumpie was betrokke by die opstel daarvan, en kon nie verby 4 tel nie!

Danie ·

Nou waar is al daardie studente waarmee hy die Universiteite ontwig het oor taal? Kyk wat het daardie studente op video kwyt geraak.

Tweetie ·

Sien nie Gareth Cliff se naam op die lysie nie. Dit gaan n besige tydtjie wees vir die landdroshowe en hooggereshowe as die hele land se burgers aangekla gaan word van rassisme…die hofrolle reeds oorvol.

Om gekrap ·

Laat hulle die wet opstel hulle sal self daar in val want die balk is grooter as die splinter in witmense se oe

gert ·

Wonder nou net van die man in Oudshoorn wat gese het dat wittes se tonge uitgesny moet word. ..Sekerlik moet hy aangekla word. Dis rassisme , want net wittes moet dit oorkom en dan is dit haatspraak ook.

Johannes ·

Ja die ANC is die grootste rassiste hulle maak dan rassistiese wette wat wittes en kleurlinge uitsluit of vooruitgang inperk.

Johann ·

Die regerende party het vroeg in die jaar fondse nodig! En wat van ons vriend van Oudtshoorn wat net gewaarsku is?

THEA SWART ·

wil net graag weet of Zuma ook aangekla kan/gaan word vir sy deel aan die rassisme/haatspraak ( kill the boer kill the farmer ) liedjie wat hy al sy makkers so aanhits mee
of is dit reg dat hy dit kan doen

Dan ·

Ek dink die howe kan beter dinge doen as om hulle met gekke op te hou. Die ANC maak hulself belaglik.

Henri ·

Baie voorstelle van wat gedoen moet word, baie vra dat dinge gedoen moet word, Al die witmense, individueel, moet wanneer enigeen bedreig voel deur enige haatspraak soos deur Khumalo en ander, bv. die een wat gese het die banier ln Kaapstand moet gebrand word met gebou en inwoners, en andere, by hul Polisiestasie ‘n klag le van optoking om te moor. Dit is ‘n wettige klag wat teen so ‘n haatstoker gele kan word. Al die saakleers moet dan deurgevoer word na die stasie waar die oortreder is en bymekaar gesit word as een saak . Maak net seker jy het bewys in die vorm van ‘n skermskoot of video van Twitter, Facebook of watter media ookal gebruik is en heg dit gy jou klagte aan. Daar is nog ‘n verkil tussen Rassime en Haatspraak.Dis tyd dat ons self hand aan die ploeg slaan, soos die ou mense se.

Jan Karsten ·

Nee nou het ek alles gesien en gehoor. Hierdie “nie-rassigheids” organisasie gaan nou lekker geld maak. Seker om te betaal vir verkiesings veldtogte. Afriforum en Volksfront moet nou maar die president, malemma en ander ook aankla om sodoende bietjie veldtog geld in te samel onder ‘n ander vaandel. Beboet hulle met ‘n paar miljoen elk en stort die fondse in hulp vir blanke agter geblewendes. Ja, hulle is daar, werkloses in blanke “squater kampe”.

ANDRÉ ·

Belaglik!!! Wat van die rassisme teen wit mense deur swartes…soos die moord op duisende wit boere deur swartes?!

Totius ·

Jy moet sorg dat die respek wat jy wil afdwing verdien. Gaan ruim die plekke wat soos varkhokke lyk op. Met 35% sonder werk behoort dit die maklikste taak ooit tewees.

antoinette ·

Ek weet nie of jul geluister het met die anc se partytjie in die begin van januarie nie toe oom gwene gepraat het het hy die mense muskiete genoem. Dit was op sabc 2 se nuus gewees.

Hendrik ·

Wat het Paul Kruger, PW Botha en ander se verwysings met Rassisme. As ek na my oupa saamstem dan is ek ook n rassis.

Adriaan ·

Let wel: Slegs die witmense word beboet. Die swartman, wat nie beboet word nie, se uitlatings is heelwat meer agressief as die res deurdat dit massa moord en “geonocide” aanspoor. Die witmense se uitlatings bevat nie dieselfde moordlustige ondertone nie en is basies net naamskending wat ook op witmense (en ander rassegroepe) van toepassing wees. Ek ken heelwat witmense wat as ape en bobbejane bestempel kan word. Dis ‘n spreekvorm wat ons almal al op laerskool geleer het.

Maar daar is ‘n ander ou gesegde: “As die skoen pas, trek hom aan!”

Johnny ·

How does Kohler-Barnard’s post to equate to racism? It merely praised PW Botha’s leadership qualities.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.