ANC wil vuurwapenwetgewing laat hersien

Argieffoto

Argieffoto

Die Vuurwapenbeheerwet moet hersien word ten einde die aantal onwettige vuurwapens in Suid-Afrika se strate te verminder, het die ANC Donderdag gesê.

“Die tyd het aangebreek dat ons bestaande vuurwapenbeheermaatreëls hersien met die doel om te probeer keer dat vuurwapens in die verkeerde hande beland,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, aan joernaliste gesê. “Die ANC versoek die totale verwydering van onwettige vuurwapens uit die samelewing, aangesien daar bewyse is dat dit ‘n bedreiging inhou.”

Dit volg nadat Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet is. Jackson Mthembu, ANC-LP, is vroeër die maand tydens ʼn rooftog in Witbank geskiet en gewond.

Kodwa het gesê die ANC is van mening dat daar strenger wetgewing moet wees rakende vuurwapenbeheer ten einde nalatige vuurwapeneienaars te straf. “Ons doen ook ‘n beroep op die regbank om geen genade te toon vir diegene wat in besit is van onwettige vuurwapens nie en diegene wat skuldig is aan nalatigheid,” het Kodwa gesê. “Die maksimum vonnisse moet opgelê word as ‘n afskrikmiddel vir diegene wat in besit is van onwettige wapens en wat dit gebruik om ander mense mee af te maai.”

Kodwa het gemeenskappe versoek om die polisie by te staan ten einde die oortreders te identifiseer en te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carl

Die wet is reeds daar en dit is redelik goed geskryf. Nou moet julle net die korupsie stop en die wet behoorlik toepas. En dan moet ons die SAPS en SANW sover kry om hulle wapens op te pas en nie te verloor of te verkoop nie.
Verwyder eers die onwettige wapens (wat reeds onwettig is) van die straat af.
Ek stem gee die mense wat nalatig is pak.
Maar is ek nalatig as ek aangeval word en my wapens gesteel word? OF my kluis uit die muur gebreek word?

Hendrik

Baie mooi ideale, maar ongelukkig is die polisie en weermag blykbaar die grootste sondebokke as dit by die nalatige beheer oor vuurwapens gaan. Begin sommer deur daardie lede en hul offisiere persoonlik regsaanspreeklik te hou vir ‘n wapen wat “wegraak”, net soos hulle die algemense publiek regsaanspreeklik hou.

Snaaks dat hulle nou wakker skrik, maar al die plaasmoorde en aanvalle maak nie ‘n duik op hulle nie. Dis eenvoudig naakte swart teen wit rassisme.

Anton

Kry net eers die 5 duisend polisie vuurwapens weg terug dan sal die probleem baie kleiner wees.
Hoekom moet die publiek gestraf word as n anc lp geskiet word maar as honderde boere geskiet word die regering nie gestraf vir verlore weermag wapens nie.
Dit sirkus wordnet groter

Jasper

Blaf Blaf ! Net nog n poging om ons verder te ontwapen. Begin by jul eie korrupte amptenare. Moenie van jou vuurwapens ontslae raak nie !

Ruan

My jinne dit is ongelooflike wysheid en insig hierdie. Om n stelling te maak soos: “Die ANC versoek die totale verwydering van onwettige vuurwapens uit die samelewing, aangesien daar bewyse is dat dit ‘n bedreiging inhou.” is regtig bo die meeste mense se vuurmaakplek, dis wonderlik dat Kodwa dit raaksien en uitwys. Daar is na raming sowat 4 miljoen onwettige wapens in die land, – dit maak dus al die sin in die wereld om die wettige wapens te beheer of hoe …. laat mens dink aan die inflasie oplossing destyds; toe die geraamde inflasie teiken gemis word is daar… Lees meer »