ANC wil vuurwapenwetgewing laat hersien

Argieffoto

Argieffoto

Die Vuurwapenbeheerwet moet hersien word ten einde die aantal onwettige vuurwapens in Suid-Afrika se strate te verminder, het die ANC Donderdag gesê.

“Die tyd het aangebreek dat ons bestaande vuurwapenbeheermaatreëls hersien met die doel om te probeer keer dat vuurwapens in die verkeerde hande beland,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, aan joernaliste gesê. “Die ANC versoek die totale verwydering van onwettige vuurwapens uit die samelewing, aangesien daar bewyse is dat dit ‘n bedreiging inhou.”

Dit volg nadat Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet is. Jackson Mthembu, ANC-LP, is vroeër die maand tydens ʼn rooftog in Witbank geskiet en gewond.

Kodwa het gesê die ANC is van mening dat daar strenger wetgewing moet wees rakende vuurwapenbeheer ten einde nalatige vuurwapeneienaars te straf. “Ons doen ook ‘n beroep op die regbank om geen genade te toon vir diegene wat in besit is van onwettige vuurwapens nie en diegene wat skuldig is aan nalatigheid,” het Kodwa gesê. “Die maksimum vonnisse moet opgelê word as ‘n afskrikmiddel vir diegene wat in besit is van onwettige wapens en wat dit gebruik om ander mense mee af te maai.”

Kodwa het gemeenskappe versoek om die polisie by te staan ten einde die oortreders te identifiseer en te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carl ·

Die wet is reeds daar en dit is redelik goed geskryf. Nou moet julle net die korupsie stop en die wet behoorlik toepas. En dan moet ons die SAPS en SANW sover kry om hulle wapens op te pas en nie te verloor of te verkoop nie.
Verwyder eers die onwettige wapens (wat reeds onwettig is) van die straat af.
Ek stem gee die mense wat nalatig is pak.
Maar is ek nalatig as ek aangeval word en my wapens gesteel word? OF my kluis uit die muur gebreek word?

Hendrik ·

Baie mooi ideale, maar ongelukkig is die polisie en weermag blykbaar die grootste sondebokke as dit by die nalatige beheer oor vuurwapens gaan. Begin sommer deur daardie lede en hul offisiere persoonlik regsaanspreeklik te hou vir ‘n wapen wat “wegraak”, net soos hulle die algemense publiek regsaanspreeklik hou.

Snaaks dat hulle nou wakker skrik, maar al die plaasmoorde en aanvalle maak nie ‘n duik op hulle nie. Dis eenvoudig naakte swart teen wit rassisme.

Andre ·

Ek stem heelhartig saam. Die ander vraag is, waar is organisasies soos Afriforum en dies meer en die oposissiepartye wanneer dit by die tipes aangeleenthede kom? Hierdei is mos gulde geleenthede om hulle saak te dryf en die onbevoegdheid van die huidige regering uit te wys.

Anton ·

Kry net eers die 5 duisend polisie vuurwapens weg terug dan sal die probleem baie kleiner wees.
Hoekom moet die publiek gestraf word as n anc lp geskiet word maar as honderde boere geskiet word die regering nie gestraf vir verlore weermag wapens nie.
Dit sirkus wordnet groter

Jasper ·

Blaf Blaf ! Net nog n poging om ons verder te ontwapen. Begin by jul eie korrupte amptenare. Moenie van jou vuurwapens ontslae raak nie !

Ruan ·

My jinne dit is ongelooflike wysheid en insig hierdie. Om n stelling te maak soos: “Die ANC versoek die totale verwydering van onwettige vuurwapens uit die samelewing, aangesien daar bewyse is dat dit ‘n bedreiging inhou.” is regtig bo die meeste mense se vuurmaakplek, dis wonderlik dat Kodwa dit raaksien en uitwys.

Daar is na raming sowat 4 miljoen onwettige wapens in die land, – dit maak dus al die sin in die wereld om die wettige wapens te beheer of hoe …. laat mens dink aan die inflasie oplossing destyds; toe die geraamde inflasie teiken gemis word is daar bloot n paar items uit die inflasie-mandjie verwyder en toe lyk alles weer eksie-perfeksie. Ek slaan maar net my hande saam – so lyk n land wat deur seuns regeer word, oorgegee aan dwaasheid.

Neels ·

Ongelooflik! Die president van die land is baie lief daarvoor om oor die verskille tussen westerse en sg Afrika konsepte te praat. Dalk het hy n punt beet en moet ons besef dat die kloof tussen westerse denk prosesse en afrika denke hemels breed is. Wat vir n persoon met n westerse denk patroon en verwysings raamwerk onaanvaarbaar is, mag dalk heel aanvaarbaar wees vir iemand met n denk patroon wat uit Afrika spruit. Dinge soos die polisie kommisaris se medalje debakel, die SAUK voorsitter se kwalifikasie bedrog, Nkandla en nog soveel meer. Vir die weste is sulke dinge skandalig, vir Afrika is dit regverdigbaar. Grondherforming staan hier uit; vir die westerse denker is volhoubare komersiele landbou krities tot die sukses van grondherforming maar vir iemand met n Afrika gebaseerde denk patroon stop dit by grond. Hy wil grond he, punt. Net grond. Geen volhoubare enige iets nie, net grond. Bestaans boerdery is n bewys van die denk wyse. Ons moet besef die verskil is in denke.

Carel ·

Miskien is ek bietjie dom – maar wat het die bestaande vuurwapen wet te doen met onwettige wapens?
Onwettige wapens is mos nie onder die wet beheer nie?
Die is maar net nog n aanslag teen wettige wapens.
Waar is die 5000 SAPS wapens waarvoor die SAP nie kan verantwoording doen nie??

Zizi Kodwa moet maar eers die SAP se verlore wapens opspoor en dan na die wettige wapens kyk.

Zizi – kyk bietjie dit is 99% onwettige wapens wat in misdaad gebruik word – nie wettige wapens nie.

Het Juju nie nou iemand gepoint nie? – het hy nog sy wapen? (of die persoon wie se wapen hy gebruik het)?

Daar het die slim regter dan nie die bestaande vuurwapen wet toegepas en vir Oscar skuldig bevind vir die .38 special patrone wat in sy besit was nie – hoe wil Zizi die wet verander as ons howe nie eers die bestaande een toepas nie??????

Ek hoor baie mense word met onwettige wapens gevang maar gaan nie tronk toe nie??? – Kom Zizi praat met jou SAP en kry die inligting dan kyk jy hoe slim laat lyk jy jouself met die twak stelling. Ek se jou iewers is die outjies al deur die SAPS n kansie gegee om met misdaad weg te kom en nou het hulle die Bafana kaptein geskiet???

Koos ·

En die kriminele gaan nog steeds met hulle vuurwapens rondloop!

adriaan diedericks ·

Arme ANC,hoe kan jy wetgewing wil instel om onwettige vuurwapens van die skurke en moordenaars te wil verwyder??stop die korrupte polisie manne om vuurwapens aan die skurke te verkoop!verslap die lisensie reels op vuurwapens,en stel die gewone suid.afrikaner in staat om homself n sy familie te beskerm teen die moordenaars!as ons al hoe meer van die skurke kan uitvat en dood maak!sal hulle al hoe minder word omdat die opvolgers sal sien ons retaliate met geweld!die indruk dat ons in vrees leef sal verdwyn en hulle sal besef ons kan na ons self kyk!

zahn ·

Ek het baie baie lanklaas in my lewe so met iemand saamgestem. Dankie.

Joe64 ·

Bied jou aan dat hulle sowaar binne slegs twintig jaar agterkom dat onwettige vuurwapens ‘n bedreiging inhou.
Op en wakker die regering van ons hoor!

Jannie ·

Dit wil vir my lyk dat hulle eerder die wettige wapens wil weg vat sodat mens jouself nie kan beskerm nie. Adriaan stem saam met jou, mens moet jouself kan verdedig deesdae want daar is so baie onwettige wapens dat elke persoon hom een of ander tyd in so situasie gaan vas loop.
Maar hoekom sal zizi en president daaroor worry. Hulle het gewapende wagte om hulle te beskerm.
Gee elke gewetsgehoorsame burger n vuurwapen om hulle self te kan vededig teen die onaakbare geweetenlose skurke.

charles du plessis ·

Nou dat die kaptein van banana sokkerspan good geskiet is skrik die ANC skielik wakker . Nou wil hulle skielik weer die vuurwapen Wet wysig en strenger maak om vuurwapens weg te neem van die ons blankes. Hulle wil ons hoop weer verder ontwapen sodat hulle ons maklik tot oorgawe kan dwing vir hulle finale oorneem oor ons blanke volk Volgens hul ” freedom charter”. Wanneer die blanke boere en plaaslike blankes op die wees barbaarste maniere vermoor word , word dat glad nie eers op die nuus of in koerante bekend gemaak nie. Die onwettige vuurwapens in omloop is wapens wat deur die kriminele polisie be-amptes en weermag LEDE in diens van die A N C korrupte regering verskaf en verkoop word aan die swart barbare wie die moorde op blankes uitmoor en in die gewapende rooftogte wat tans booty vier in die land..

charles du plessis ·

Nou dat die kaptein van banana sokkerspan good geskiet is skrik die ANC skielik wakker . Nou wil hulle skielik weer die vuurwapen Wet wysig en strenger maak om vuurwapens weg te neem van die ons blankes. Hulle wil ons hoop weer verder ontwapen sodat hulle ons maklik tot oorgawe kan dwing vir hulle finale oorneem oor ons blanke volk Volgens hul ” freedom charter”. Wanneer die blanke boere en plaaslike blankes op die wees barbaarste maniere vermoor word , word dat glad nie eers op die nuus of in koerante bekend gemaak nie. Die onwettige vuurwapens in omloop is wapens wat deur die kriminele polisie be-amptes en weermag LEDE in diens van die A N C korrupte regering verskaf en verkoop word aan die swart barbare wie die moorde op blankes uitmoor en in die gewapende rooftogte wat tans hoogty vier in die land..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.