ANC-woordvoerders glo gepos ná bewerings van teistering

Zizi Kodwa. Foto: ANA

Die ANC het volgens berigte besluit om albei sy woordvoerders van hul poste te onthef weens die seksuele aanklagte wat hulle in die gesig staar.

EWN berig die party se nasionale werkkomitee het Maandag vergader en die besluit is daar geneem om Zizi Kodwa en Pule Mabe as woordvoerders te verwyder. News24 berig ʼn anonieme lid van die nasionale werkkomitee het dié besluit bevestig. Die party meen glo die twee beamptes kan nie namens die party praat terwyl dié storm om hul koppe woed nie.

Die ANC het egter nog geen amptelike verklaring oor die aangeleentheid uitgereik nie.

Dié besluit kom nadat dit die afgelope naweek aan die lig gekom het dat ʼn vrou beweer Kodwa, waarnemende ANC-woordvoerder en hoof van die presidensie in die ANC, het haar verkrag. Sy beweer ook dat Kodwa ʼn vrou seksueel aangerand en twee vroue bedwelm het. Kodwa het die bewerings teen hom ontken en voer aan die beskuldigings word bloot gemaak vir politieke gewin.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder. Foto: Facebook

Kodwa het as woordvoerder opgetree nadat Mabe in Desember verlede jaar op spesiale verlof geplaas is nadat sy persoonlike assistent hom van seksuele teistering beskuldig het. Mabe se 26-jarige assistent beweer hy het haar by minstens twee geleenthede seksueel geteister en dat hul werkverhouding versuur het toe sy hom weggewys het. Sy beweer haar postitel is gevolglik verlaag en haar salaris is verminder.

ʼn Interne dissiplinêre ondersoek teen Mabe het hom onskuldig bevind, maar die strafregtelike ondersoek deur die polisie na die saak is steeds aan die gang.

Volgens mediaberigte sal Dakota Legoete intussen as waarnemende woordvoerder vir die ANC optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elke ·

Na my beskeie mening…. As die dame in Mabe se geval oo die anc se werknemerslys is, is sit mos maklik om te sien of haar pos verlaag en haae salaris verminder is. Indien, kan hulle mos net haar betaal – state nagaan. Genugtig, is maande nodig om dit te doen?

Boet ·

Van hulle poste onthef seker met volle salaris en later as die stof gaan lê weer in n ander pos aanstel met n groter salaris.

Rooikop ·

Genade tog !! Wat is dit met die ANC woordvoerders ??

Pla iets hulle ? Sny af !!!

Nettie ·

@Rooikop – iemand het eendag iets gesê (oor verkragting – seksuele teistering deur ANC lede): “It’s in their genetic make-up”.

Jepetto ·

Boet julle sit die pot mis .Die vrou het die aantyging by die ANC gemaak en nie a klag by die poliesie ingedien nie . Dit is ANC Faksies wat onder mekaar baklei wat mekaar swart smeer vir mag

Riaan ·

Jy lyk nogal goed ingelig?

Werk jy ook in luthuli huis of is jy ook ‘ n CancER spin dokter?

jakes ·

Kom nou mense, is julle werklik verbaas dat sulke aantygings gemaak word?

Riaan ·

Nee! Is die CancER grootkoppe se kultuur. Van showerhead regdeur tot Mabe en Kodwa.
Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil en niemand durf hulle teesit nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.