ANC-wyksraadslid sê glo wittes moet “f**kof”

Kenny Barrel Nkosi. Foto: Facebook

Kenny Barrel Nkosi. Foto: Facebook

Kenny Barrel Nkosi, ʼn ANC-wyksraadslid by die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga, het glo rassistiese uitlatings op Facebook gemaak.

Volgens die Ridge Times het Nkosi die uitlatings gemaak in die lig van die sogenaamde vyf Kubane wat onlangs op ‘n amptelike besoek aan Suid-Afrika was. Nkosi het glo op sy Facebook-blad geskryf: “the first people that need to f**kof are whites, cubans never oppressed us. these are our true friends they were there in the times on needs. welcom cdes welcom.(sic)”

Bheki Kubheka, senior bestuurder in die kantoor van die munisipale bestuurder, het aan Maroela Media gesê die posisie van die munisipaliteit is dat die raadslid die uitlatings in sy eie hoedanigheid gemaak het. Hy het gesê ʼn raadslid word deur ʼn politieke party gekies en ontplooi en het enige verdere navrae na die ANC in die streek verwys.

Isaac Mangena, woordvoerder van die Menseregtekommissie (MRK), het by navraag gesê die kommissie het nie enige klagtes oor Nkosi se uitlatings gekry nie en in die media daarvan kennis geneem.

“Ons moedig mense aan om die kommissie te nader wanneer daar enige vermoedens is dat die regte van ander mense geskend word. Die kommissie het nog altyd gewaarsku dat nie net openbare figure nie, maar ook inwoners van die land, daarteen moet waak om enige aanstootlike taal te gebruik wat as sodanig deur ander rasse, godsdiensgroepe en dies meer ervaar kan word. Ons moet die geskiedenis van waar ons as ’n nasie kom erken, asook die feit dat ons nou in ’n diverse en veelrassige samelewing leef,” het Mangena gesê.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is intussen van mening dat daar nie eers ’n klag teen Nkosi ingedien hoef te word, alvorens die MRK dit ondersoek nie. AfriForum en AfriForum Jeug het reeds by verskeie geleenthede klagtes teen groepe en individue ingedien wat hulle aan rassistiese uitsprake en haatspraak skuldig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

anon ·

wonder wat het hul teen ons wittes ons gee vir hul werk ens………….

V ·

Laat ons wittes nou so iets gese het dan was daar nou dadelik vir jou hofsake.

Hanna ·

Ons land is n gemors, ek is al regtig moeg vir rassisme. Wens daar is vrede vir almal. Ek is hier gebore en ek het niks te doen gehaad met die verdomde struggle en al die gemors nie, maar omdat ek wit is voel ek dit. Dis onregverdig. En dis vir my kinderagtig.

Hanna ·

Ons land is n gemors, ek is al regtig moeg. Wens daar is vrede vir almal. Ek is hier gebore en ek het niks te doen gehaad met die verdomde struggle en al die gemors nie, maar omdat ek wit is voel ek dit. Dis onregverdig. En dis vir my kinderagtig.

chris ·

Hanna .
Ek weet nie hoe oud jy is nie maar lei af dat jy onder 30 jaar moet wees.Die hele struggle en apartheids ding was juis twee pole wat teen mekaar gestaan het en spesifiek vir die rede wat ons nou in die reenboog het.Die waardestelsel en verwysingsraamwerk van die mense in hierdie land verskil hemelsbreed en solank ons in hierdie vrugteslaaibak saamle het ons probleme.Dit maak werklik nie saak wie die land regeer nie ANC ,DA ,EFF.Aldrie se beleide is basies dieselfde en staan ook op dieselfde basis.Die een sal die gemors wat kom net dalk bespoedig terwyl van die ander langer sal vat.

Om vrede vir almal te kry is jou beste kans om te sorg dat kultuurgroepe besluite oor hulself moet neem anders sal daar altyd konflik wees.Ons(westrelinge) het hulle(afrikane) probeer verwesters nou probeer hulle ons verafrikaniseer.Dit is maar normaal,die sterkste(meerderheid) een probeer sy leefwyse op die swakker(minderheid) een afdwing.Dit is presies wat hier aangaan.

susan ·

Ons is by verre die minderheid maar tog voel hulle “bedreig” deur ons. Dis die eerste keer dat ek sien dat die meerderheid van n land so oor die minderheid voel. Hulle het tog nou alles wat hulle wou gehad het. Sekere dinge kan egter nie by ander gevat word nie soos opvoeding, waardes, intellek ens. Dis dinge wat hulle weet hulle nooit sal he nie nou haat hulle ons daarvoor. Dis hoe ek dit sien

George ·

Korregeer my asb. as ek verkeerd is maar ek dink SA is die enigste land ter wêreld waar wetgewing ingespan word om ‘n sogenaamde bedreigde meerderheid teen ‘n minderheid te beskerm. Dit is lagwekkend, ek wonder wat die res van die mensdom van SA dink?

Gesie ·

Waar woorde, Susan en George! Na meer as 2 dekades van demokrasie kon hierdie mense nog niks noemenswaardig opbou nie en wil hul steeds hê wat die “wittes” het. Baie insiggewend!

Martin ·

Mense kom ons daal nie af na sy vlak nie. Kom ons los maar al die F- woorde. Sy uitlating is baie frustrered,maar dit gaan niks help ons benader dit op die manier nie.

Riaan ·

Ons moet weg ons is dan minder as julle,is die ANC dalk bang vir die ou paar wittes.

Paul ·

Ek sal liewer dink dit behoort te wees: Hy kan glad nie dink nie.

Philip Hanafey ·

Moenie vergeet nie dat daar munisipale verkiesings volgende jaar is nie, die ouens sal nou enige uitsprake maak om nog volgende jaar ‘n ” joppie ” te hê. Die ou vergeet net 1 ding – die San was die eerste bewoners van Suid-Afrika en nie Mnr Nkosi se voorvaders nie.

Sonette ·

Passop wat ons sê! Die Woord sê die lewe en die dood lê in die mag van die tong.
Dit wat ons sê bring lewe of dood en almal spreek dood oor ons land.
Begin positief praat en begin God dank vir Sy werking in mense se harte. Ons land is waar ons is omdat almal sê ons land is in ‘n gemors. Miskien in die vleeslike dimensie, maar in die geestelike dimensie is als volmaak herstel met die vrede wat Hanna so voor wens. So die Woord sê ook “wees in die Gees en nié in die vlees nie, bedink die dinge wat daar bo is en nié die dinge wat op die aarde is nie, menende sien die onsienlike (vrede)en spreek dit wat jou geestes oë sien en nie wat jou werklike oë vir jou vertel nie. Wat ons spreek kom tot stand!

Gideon ·

Sonette, glo jy regtig dat dit al rede is hoekom dit so sleg gaan in ons land?? Het die mense wat dan oor ons heers geen invloed of die miljoene wat vir ANC stem al is korrupsie hoe groot nie?

Sumari ·

As dit nou uit wittes se mond gekom het, was daar oorlog. Hulle kan sê en doen wat hulle wil. Ek wonder deesdae wie is die grootste rassiste in die land van ons? Jammer dat mens jou kinders hier groot maak wat niks uit te waai het met al hierdie snert.

George ·

Ek raai die storie gaan as volg verloop: As dinge begin warm word, gaan hy seker ontken dat hy dit geskryf het. Hy gaan seker apartheid blameer en dan begin eise stel.
Ek hoop regtig nie ons gaan sit en kyk hoe hy daarmee gaan wegkom nie. Ek dink hy kenny die einde van sy probleme nie.

Piet Snot ·

Ek sien die opmerking is klaar van sy facebookblad verwyder.

Rina Pretorius ·

Sorry maar ek gaan nerens nie, ek is hier gebore en het hier groot geword, my verlede en toekoms le hier. Die land behoort beslis aan niemand behalwe die Hemelse Vader nie, ons almal wit en swart en wie ookal moet besef hierdie aardbol is net ‘n tydelike woning en ons het geen reg om die septer te swaai nie, God het ons hier gesit vir ‘n doel wat Hy goedgedink het. So ou Nkosi, God het my hier gesit en nie jy of enige van jou soort en tipe gaan my hier wegjaag nie. Sorry I am here to stay until God take me away to Heaven.

Henry ·

Stem 100% saam Winston.
Sub Sahara Afrika lewer oorgenoeg bewys dat die ontkenningsmetode en volstruistrieks, uiteindelik tot grootskaalse ontnugtering lei.
Is maar hoe dit is…

Aggie ·

dit is rassehaat veroorsaak deur rassejaloesie. Gee vir ons wittes n tuisland en sien hoe dit in n kort tyd n opgerigte werksame tuisland sal wees. Ons ken van aanpak en boer maak n plan. Wat het hulle nou nog opgerig in hulle woongebiede? Hulle eis net nog huise etc. waarvoor hoofsaaklik die wittes betaal. Vat die boere weg en jy het n 2de zimbabwe

Piet Pompies ·

Nog ‘n teken van die val van die ANC, hulle sal enige uitlatings maak om gewild by die kiesers te wees al is dit snert. Die person het geen karakter, geen standaarde, is selfsugtig, korstondig, selfgesentreerd, hy sal nooit geskiedenis maak, hy sal slegs deel van geskiedenis wees.

Hester Loots ·

Ek stem saam Sonette ons moet ophou negatiewe goes spreek. Wat ek net graag wil weet is hoekom moet politieke partye in munisipaliteite regeer. Dra hulle regtig inwoners se belange op die hart? Wonder maar net

HEVW ·

Ek sal se die een wat die geringste bydrae maak en presteer moet eerder vertrek na kul geliefde Kuba. Daar sal hy beslis meer tuis voel as onder n minderheidsgroep wat voortdurend druk op hom plaas.

hans ·

Daar is n gesegde wat se dat die leeu en die lam saam sal wei. Wie is die leeu en wie is die lam? Een wat baie geraas maak is die een met die groot bek wat alles wil opvreet wat oor sy pad kom.n Redelose dier wat geen begrip het nie en alles wil
vernietig ongeag.n Lam is die een wat swyg en glo dat hierdie dinge tot n einde sal kom op n tyd wanneer ons dit nie sal verwag nie en intussen aangaan om ons lewens te verryk met dit tot wat ons tot ons beskikking het naamlik ons geloof.Die aarde bestaan al vir dertien en n half biljoen jaar en dit wat ons nou ervaar is maar n druppel in die emmer van wat anderere al meegemaak het voor ons tyd.Miskien is ons net n bietjie self gesentreerd en verwag ons alles moet nou dadelik gebeur.Mens wik maar God beskik

Se Maar Net ·

Nee man ons gaan mos nou nerens heen nie. Jy sal beter moet doen as dit. Jammer!!!!!!!!!!!

SANDRA ·

AI SONETTE BRIDGES IS AANGEVAL EN AANGEKLA OOR HAATSPRAAK. WAT NOU?

Stefaans ·

As al die blankes die land verlaat, sal dit nie lank neem vir hulle om alles te vernietig nie. Sodra dit gebeur, trek hulle weer agter die blankes aan, bakhand soos altyd.
Die storie van die mier en die sprinkaan verduidelik dit ten volle

magriet ·

stefaans, my kommentaar het presies dieselfde gese as wat jy se, maroela media het dit verwyder.

nico ·

So swak wat sy uitspraak oor wittes is is sy en die anc se service dilevery swak verby

fiki ·

Annelie Botes, a leading Afrikaner novelist, said she would invite a white, coloured (mixed race) or an Indian man in for a drink, but would “feel threatened by a black man”… So hoekom die lawaai.

André ·

Ag, shame! Die arme drommel! En as ‘n wit mens dit oor die swartes gesê het, dan was daar groot “jy-weet-wat” in die land!

Johan ·

Kla hom aan en verwyder hom uit die sisteem. Sulke raadslede veroorsaak meer skade as goed. Wonder net wat hom so kwaad gemaak het vir sy mede landgenote. Nou hang hy liewer aan ‘n klomp vreemdes se lippe. Ek wil glo dat hy ook niks van die struggle ervaar het nie. So wat van die wittes kan sy snaar so pick

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.